Parlementslede ingehuldig; EFF trek aandag

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Woensdagoggend die nuwe parlementslede begin inhuldig maar dit was egter die Ekonomiese Vryheidsvegters wat al die aandag getrek het aangesien hulle as huishulpe en mynwerkers aangetrek het.

LP’s het die eed of plegtige verklaring in groepe van 10 afgelê. President Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa, die ANC se adjunk-president, Jeff Radebe, minister van justisie, en Naledi Pandor, minister van binnelandse sake was van die eerstes om die eed af te lê.

Zuma sal slegs vir ‘n wyle ‘n LP wees tot hy later amptelik vir ‘n tweede termyn as president verkies sal word deur lede van die nasionale vergadering. Julius Malema, leier van die EFF, en die party se ander parlementslede het egter die aandag getrek met hulle rooi uitrustings.

Die DA se Mmusi Maimane is ingehuldig te midde van spekulasie dat hy Lindiwe Mazibuko sal vervang as die party se parlementêre leier. Mario Oriani-Ambrosini van die IVP is ook weer as LP ingehuldig. Oriani-Ambrosini het kanker en is in ‘n rolstoel. Hy het egter uit die rolstoel opgestaan om die eed af te lê.

Wanneer al 400 lede van die nasionale vergadering ingehuldig is sal hulle stem vir ‘n nuwe speaker en adjunk-speaker. Die ANC het intussen vir Baleka Mbete as speaker genomineer terwyl die DA vir Nosimo Balindlela genomineer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Driesman ·

En so begin die bespotting van die Parlement !!!!!!!

Ek wonder wat gaan die flippen nar se volgende idiotiese truuk wees ???

Hettie ·

Dit is presies wat die parlement en regering is, ‘n bespotting.

Marlene ·

Waarom word hulle nie summier uitgejaag nie? Wat moet die wêreld van ons dink na hierdie nar-foto’s.

Sarie van Niekerk ·

Ek stem Marlene daar is immers ‘n dragkode vir die Parlement

Peter Says ·

Mmmm, die skoen druk. Daar is R16m wat nog erens verhaal moet word. Shame, hulle het nie geld vir beter klere nie, vergewe hulle tog.

GypsyZ ·

Shame, hulle het seker nie genoeg tyd gehad om uit hulle normale werksklere te kom nie ;)

PETRA ·

Sou hulle uitgestuur het as ek die President was……….maar ag as mens geen ruggraat het nie?…sal dit maar so gaan

Sarie van Niekerk ·

Sjoe is daar nou nie eers meer respek en eerbiedigheid vir die Parlement as instelling nie. Dit lyk meer na ‘n sirkus as enigiets anders. Het die mense vir niks meer respek nie

Paul ·

Dit is verbasend hoe vinnig die Floydd karakter net so vet en rond soos sy leier geword het. Daar is duidelik nie ‘n einde aan hul flamboyante lewe nie en dit terwyl hul ondersteuners die armste in die land is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.