Parmalat herroep appelsap

appelsap parmalatParmalat het ʼn besending van sy PureJoy-appelsap herroep nadat dit glo met ʼn skoonmaakmiddel besmet is, het The Star Dinsdag berig.

“Al die betrokke produkte wat nog nie verkoop is nie, is reeds van ons verspreidingstelsels herroep, sowel as van die winkels waarheen dit versprei is,” het André Mahoney, Parmalat se woordvoerder, gesê. “Volgens ons rekords is die verspreiding na die primêre punt van verkope waarskynlik beperk tot die Wes-Kaap, maar ons besef dat verbruikers en verspreiders die produk moontlik na ander gebiede kon neem.”

Die besending wat geraak word, is die 200 ml UHT PureJoy-appelsapboksie met ʼn strooitjie aangeheg.

Mahoney het gesê ʼn voorlopige ondersoek dui op ʼn fabriekprobleem wat tot die besmetting van “ʼn klein hoeveelheid pakkies” met die skoonmaakmiddel gelei het.

Die maatskappy het gesê die sap was nie geskik om verbruik te word nie, en dat geen ander produkte deur die besmetting geraak is nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elfie ·

Hoe de drommel gebeur so-iets? En wie sê net die appelsap is besmet? Dis nie PureJoy maar PureSorrow sou ek sê!

Theresa ·

Gee my krag! (Letterlik en ook figuurlik) Slaap julle op die job?

Bleskop ·

Ai mense kalmeer…
Dis ‘n ou molshopie in vergelyking met die menslike fout wat by Koeberg gebeur het… :)
LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.