Parool ná ‘apartheidsmoord’ op wit beampte

Kenny Motsamai

Kenny Motsamai

Kenny Motsamai, ʼn lid van die PAC se gewapende vleuel Apla, is Woensdag ná 27 jaar agter tralies op parool vrygelaat.

Motsamai, ook bekend as Shadrack Doshani, is verlede jaar vir ses maande op dagparool geplaas en die korrektiewe toesig- en paroolraad het na afloop hiervan besluit om hom op parool vry te laat.

Hy is Woensdagoggend stilweg uit die Boksburg-gevangenis op parool vrygelaat.

Motsamai is in 1989 skuldig bevind aan die moord op ʼn wit verkeersbeampte in Rustenburg nadat hy uit die tronk ontsnap het. Motsamai en die PAC het nog altyd volgehou dat hy ʼn politieke gevangene is aangesien die moord gedurende die stryd teen apartheid gepleeg is. Die beampte is doodgeskiet gedurende ʼn rooftog wat glo deur Apla beplan is.

Volgens die departement van korrektiewe dienste beteken Motsamai se vrylating op parool nie die einde van sy vonnis nie. Motsamai is tot twee keer lewenslank en ʼn bykomende 19 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan gewapende roof, moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie skuldig bevind is.

Die departement het gesê Motsamai sal gemonitor word en sy vrylating is aan sekere voorwaardes onderhewig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Speedguard ·

Was die oorledene se mense daar of was hul in kennis gestel van die verwikkelinge om hul ook geleentheid te gee om te reageer ?

Arie ·

Dit is vir my moeilik om te begryp hoe moordenaar van n VERKEERSBEAMPTE wat vermoor is tydens n rooftog as n politieke gevang en beskou kan word.
Laat my baie dink aan die “terminale” siekte wat Sheik gehad het om hom uit die tronk te kry.
Die begrip “trumped up charges” begin my my posvat.

Vra maar net ·

Hoe word onderskeid getref! Clive Derby Lewis moes sit tot sy einde aangebreek het! Is die omstandighede nie dieselfde nie!!

Cherokee ·

Nee, die omstandighede ìs nie dieselfde nie. Die moord wat Derby Lewis gepleeg het was ‘n politieke moord.

al ·

Natuurlik sal hy stilweg vrygelaat word, want kyk hoe ophef is gemaak en teenkanting oor clive derby lewis se aansoek om parool! En natuurlik sal sy vrylating geen opskudding maak nie, want ons hang nie groot onregte aan die klok nie.

Ben Esterhuizen ·

Insiggewend dat die PAC nog heeltyd die kalklig rondom die vent se vrylating probeer steel, maar die krimineel dra ‘n EFF beret na sy ontslag…. dis pateties watter “helde” sommige politieke partye het.

Piet ·

Daar is n paar merkbare verskille tussen hierdie geval en die een van Clive Darby Lewis. Een is dat Clive nie in ‘n rooftog was nie. Die grootste verskille is eintlik dat die hierdie man geen berou het vir sy dade nie en dat die huidige regering hom steeds as ‘n held beskou. Die slagoffer se naasbestaandes sou ook nie geken gewees het in hierdie saak nie want dan word afgewyk van die regering se daaglikse onderduimsheid.

zoom zoom ·

Dalk kry die man n pos in die kabinet. Iets soos minister van korrektiewe dienste of van die sapd. Dalk nuwe NO 1. ?????

CAV ·

Apartheid se dinges man, hy geruik dit nou net vir roem. Hy het moord gepleeg omdat hy die wet oortree het

Jane ·

ASB mense kry apartheid uit die sisteem uit .. wat het die WREDE MOORD op ‘n VERKEERSKONSTABEL met apartheid te doen? Al wat ‘n moordenaar is word nou vereer as hy ‘n witte doodgemaak het in die apartheidsera, maak nie saak wat die vermoorde se rol in apartheid was nie. As jy ‘n hond doodgeskop het in die apartheidsera was dit seker ook alles vir die STRUGGLE? Hy is ‘n krimineel en veroordeelde MOORDENAAR< hoekom noem julle hom nie 'n VEROORDEELDE MOORDENAAR soos vir Clive Derby Lewis wat ook in die STRUGGLE teen TERRORISME iemand doodgemaak het nie? Doodgeskiet tydens 'n rooftog maar dit was deel van die Apartheidsstruggle? ASB dit is BELAGLIK!!

Rocky Bell ·

Is die slagoffer se familie geken in die parool-proses. Kon hulle ook soos die Hani familie elke aansoek teenstaan. Maar nou ja, in die nuwe SA is daar mos twee stele reels.

Jane ·

Ek het dieselfde gewonder, die feit dat hulle nie eers die vermoorde se naam bekendmaak nie, laat my dink sy familie is verseker nie geken in die vrylatingsproses nie, en hulle het verseker nie kans gehad om dit teen te staan soos met CdL nie. Dubbele standaarde, ‘n wit verkeerskonstabel se lewe en familie is niks, maar ‘n swart politikus word almal se held. Die mense is NIKS, en al hoe hulle enige waarde kan kry is om hulleself aan die struggle te koppel. Kyk vir Juju, 8 jaar terug het niemand geweet wie hy is nie . skielik is hy die STRUGGLE hero wat apartheid verslaan het en vir almal plase gaan gee. Almal wil nog op die apartheidsstruggle karretjie ry anders is hulle net gewone mense soos ek en jy, en moet hulle WERK vir hulle geld.

Janneman ·

Die politieke korrektheid en dubbele standaarde in hierdie land is om van naar te word!

Maar, die wiel is rond………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.