Parool ná gru-plaasmoord: ‘Hulle verdien dit nie’

John en Bina Cross. Foto: Verskaf

WAARSKUWING: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Net meer as 17 jaar nadat John (78) en Bina (76) Cross wreed op hul plaas in die Gravelotte-omgewing in Limpopo aangeval en ure lank gemartel is voordat hulle doodgeskiet is, kan hul moordenaars dalk binnekort op parool vrygelaat word.

Ephraim Mokwena en Michael Malamela is destyds skuldig bevind aan die wrede moord op die Cross-egpaar. Die brutale aard van die moorde het destyds opslae gemaak en daar is selfs in die buiteland oor die aanval berig.

Die egpaar is op 16 April 2000 aangeval toe hulle die middag omstreeks 15:00 van die kerk af by die huis gekom het. Mokwena en Malamela het reeds die oggend by die huis ingebreek en die egpaar ingewag. Malamela het voorheen vir die Cross-egpaar gewerk.

Volgens Lita Fourie, die egpaar se dogter, het die aanvallers teen die tyd wat haar ouers by die huis gekom het, reeds John se vuurwapens in die hande gekry.

Hulle het tydens die aanval, wat ongeveer vyf uur lank geduur het, kookwater oor Bina uitgegooi en haar drie keer geskiet. Sy het egter nie onmiddellik gesterf nie, maar het op die vloer bly lê waar sy doodgebloei het.

John is aanvanklik een keer in sy bobeen geskiet en herhaaldelik geslaan en geskop. Hy is kort daarna nog ʼn keer met ʼn .22-geweer geskiet. Hy is later in die bad vasgemaak, waar ʼn spuitkraan gebruik is om vuurwarm water in sy keel af te spuit. Volgens Fourie het ʼn nadoodse ondersoek getoon dat die water John inwendig erg gebrand het en dat sy maag vol water was. Hy is uiteindelik met ʼn .303-geweer in die bad doodgeskiet.

Mokwena en Malamela het vuurwapens, juweliersware en verskeie huishoudelike items geroof voordat hulle met die egpaar se motor op die vlug geslaan het. Hulle is die volgende oggend in hegtenis geneem. Mokwena en Malamela is elk tot 50 jaar tronkstraf gevonnis en word tans in die gevangenis in Thohoyandou aangehou.

Fourie (59) het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn maatskaplike werker het haar in Mei gekontak om haar vrae te vra in aanloop tot Mokwena en Malamela se aansoek om parool. “Sy het my gevra of ek hulle kan vergewe en ek het gesê nee, ek kan nie. Hulle is gewoontemisdadigers en verdien nie om op parool vrygelaat te word nie. Hulle moet elke dag van hul vonnis agter tralies uitdien,” het Fourie gesê.

Sy sê sy glo nie dat haar ouers se moordenaars in die gevangenis gerehabiliteer is nie. “Jy sien dit so baie met hierdie aanvalle dat die mense wat in hegtenis geneem is oortreders is wat vroeër op parool vrygelaat is en dan net dadelik weer terugkeer na misdaad. Hulle word nie daar binne [in die gevangenis] gerehabiliteer nie,” sê sy.

“Tydens die verhoor het een van die speurders vir Michael [Malamela] in die hof gesê hy gaan baie lank sit vir wat hy gedoen het. Toe antwoord hy: ‘But at least I’m alive’. Daar is geen berou by hom vir wat hy gedoen het nie.”

Fourie sê dat Mokwena en Malamela verskeie briewe oor die jare aan haar geskryf het waarin hulle pleit om vergifnis. Sy het ook die twee mans in 2006 in die Kutuma Sinthumule-gevangenis in Louis Trichardt, waar hulle toe aangehou is, besoek om self met hulle te praat. “Daar is dinge wat ek wou weet wat nie in die hof gesê is nie. Ek wou hulle hierdie goed vra. Ek wou weet wie het vir wie geskiet. Ek wou weet wat van die goed geword het wat uit die huis verdwyn het, maar nooit gevind is nie. Ek wou weet hoekom hulle my ouers so moes martel,” sê sy.

Sy sê dat sy nooit ʼn werklike antwoord uit die twee mans kon kry oor die rede vir hul dade nie, behalwe dat hulle geld en vuurwapens gesoek het en onder die invloed van alkohol was toe hulle die aanval uitgevoer het.

“My pa was ʼn aanklaer en ek het in die hof grootgeword. Dit het my gemotiveer om elke dag van daardie verhoor in die hof te sit en die besonderhede van die gebeure aan te hoor. Ek weet as so iets met een van my ouers se kinders moes gebeur, sou my pa dit nie gelos het nie. Daarom sal ek dit ook nie los nie. Michael en Ephraim mag nie op parool vrygelaat word nie.”

Fourie het ná haar ouers se moord die Tabita-organisasie begin, ʼn organisasie wat ondersteuning aan die slagoffers van plaasaanvalle bied.

Zandile Mabunda, kommunikasiebestuurder van die Thohoyandou-gebied van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het aan Maroela Media bevestig dat Mokwena en Malamela in aanmerking kom om voor die korrektiewe toesig- en paroolraad te verskyn.

Mabunda wou egter nie bevestig wanneer die twee mans voor die raad sal verskyn nie en wou ook nie bevestig of die twee mans al voorheen in aanmerking gekom het vir parool nie. Sy het gesê volgens departementele beleid mag spesifieke besonderhede van individuele oortreders nie bekendgemaak word nie.

“Die proses vir die twee oortreders om voor die [paroolraad] te verskyn sluit egter slagoffer-oortreder-deelname in wat die DKD in staat stel om ʼn ingeligte besluit te neem oor die oortreders se plasing op parool,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

marina ·

maak nie saak wat die familie se nie somehow gaan hulle op parool vrygelaat word. Genade dit is hartseer.

Catryn ·

@marina

baie hang van die familie af … na 1994 … die twee het 50 jaar elk tronkstraf gekry, en hulle nog nie 17 jaar in die tronk nie, hulle moet langer sit, ten minste nog 23 jaar vir hulle, veral vir die afskuwelike dade wat hulle gedoen het …

A ·

@Catryn

Duidelik lewe jy nie in Vandag sê Wêreld nie?Hulle sal nog op Parool vrygelaat word en daar sal vir elk van hul Families huise gebou word!

Ronell ·

Die moordenaars is nie Chris Hani se moordenaars nie, daarom sal hulle parool kry. Aanhoorbaarheid van wit slagoffer familie sal nie in aanmerking geneem word nie. Dit is hoe die wind maar waai in die nuwe SA

Stella ·

Ek onthou hierdie mense, hulle dood het ons gemeenskap geruk. Hierdie moordenaars verdien nie om ooit weer hulle voete buite die tronk te sit nie. Berou of nie. Moordenaars hoort agter tralies.

Davoz ·

Weet ook van hulle. Vriende van ons het hul persoonlik geken. Die moordenaars het nog nie eens helfte van hul straf uit gedien nie. Hulle moet hul tydperk uitsit. Nou berou en vry, more weer ‘n plaasmoord en so gaan hulle aan. Nee! hou die goed agter tralies.

Lynette ·

Ons mag nie besondhede weet nie, maar hoe het Hani se weduwee van alle datums ens alles wat aangegaan het, geweet. Sy het lank voor die tyd geweet sodat sy genoeg mense op sekere dae by die hof kon he om Derby-Lewis se vrylating te keer!!!!

Pierre de Villiers ·

Die aard van die moord regverdig geensins vrylating nie. As ek die dogter was, sou ek hierdie verhaal weer na `n koerant of tydskrif neem, om die wreedheid daarvan weer oop te vlek.

Andrea ·

En sommer oorsee neem ook. Wat van n petisie optrek deur die organisasie AVAAZ? Dan kan mense wêreldwyd dit teken en sommer lees van die skokkende gebeure.

Chantel ·

kry 50 jaar tronk straf en dien net 17 uit is mos nie aanvaarbaar nie.Wat is die doel van die swaar straf dan .

Cherokee ·

Wat is die doel daarvan dan, soos jy sê. Die regsfakulteit behoort te staak. Wat het geword van die Pool wat Hani geskiet het? Sover ek weet is hy steeds opgesluit.

Hendrik 2 ·

hierdie slagoffer se direkte familie moet ook mos nou insette mag lewer soos die van hani. hoe dan nou anders

Basjan ·

Die kort antwoord hierop is soos volg: Hani was swart en die slagoffers in hierdie geval was wit.

Stellenbosch ·

Baklei met alles teen di parool. Voor my pa se moordenaar gevonnis is, is aan my gese dit is di moordenaar se REG om vroeer op parool vrygelaat word. My stryd le ook voor. Sterkte

Catryn ·

Ek kan nie glo die PAROOLRAAD oorweeg parool – wie se idee is dit? kom laat ons sommer eerlik wees – iemand wat sulke tipe moorde gepleeg het, vir 50 jaar in ‘n hof tronkstraf gekry het, word sommer met 23 jaar “afslag” …… seker om nog meer moorde te gaan pleeg. DIT is nou siek verby. Hoeveel van ons eie mense pleeg nie eers moorde nie, maar verdedig hulle teen terroriste soos die twee, en dan word hulle aangekla van moord.

Michael en Ephraim, julle sal nog 23 jaar sit, julle het ‘n dubbel moord gepleeg, julle het mense grusaam gemartel, verbrand… mag julle dag kom, julle sal ook eendag vir julle dade wat julle gepleeg het gaan rekenskap gee – hoeveel ander moorde is nie deur hierdie twee gepleeg wat daarmee wil wegkom nie.

Bid jou aan 17 jaar en wil parool he – hoe regverdig kan dit wees teenoor al die ander moorde wat so gepleeg word, en ons blankes moet net stilbly daaroor, want ons MOET VERGEWE … NEE, VERGEWE SE VOET … dis tyd dat terroriste hul dade afsweer … het ons in hul huise ingegaan om hulle so te martel , met kookwater te verbrand … en dan kom hulle vra vir parool

Roelien ·

As ek net na die hartseer kyk wat daardie twee mense veroorsaak het. Die wonde is nou nog nie genees nie en waarvoor is hul dan gevonnis??? Nee, ‘n duisend maal NEE!! Hul moet ‘n voorbeeld vir elke plaasmoordenaar wees en sit en vrot in die tronk. Daardie twee ou mense het nie ‘n sê gehad toe hul vermoor is nie. Daar is nie eers vir hul gevra of hul bekeer is nie. Hul lewe is net eenvoudig op ‘n bitter wrede manier weggeruk uit die samelewing uit. Hul het geen reg om eers te lewe na wat hul gedoen het nie. Dit is net eenvoudig onaanvaarbaar.

Catryn ·

Niemand het hierdie moordenaars forseer om hierdie ou mense wat dit nie verdien het nie, so te martel, so te martel met kookwater, ai dis bitter seer, ek kan nie my indink hoe seer hierdie twee moes deurmaak en dan kom vra die PAROOLRAAD dat parool oorweeg moet word, nadat die moordenaars nie eers berou getoon het nie,….. kyk hoe martel hulle ons mense steeds …. hulle is seker almal lid van die bendegroepe … wat so martel en uitmoor

Dis een woord grusaam – hulle kan onmoontlik nie na 17 jaar parool gegee word nie, watse tipe paroolraad is dit?

Lollie ·

Is daar nie ń manier hoe ons ń petisie kan optrek en dat almal teken sodat hulle kan sit en hulle hele tyd uitdien nie? Magtig dit is net nie reg nie. Soos almal sê, Chris Hani se vrou het heeltyd regter gespeel en sy het haar sin gekry!

Andrea ·

Ja Lollie, kontak Avaaz organisasie. Op die webblad kan mens petisie opstel, foto’s laai, ens. Dan word dit wêreldwyd geteken EN gelees!

Tina ·

Hulle moes die doodstraf gekry het. Hoekom moet daar nou genade aan hulle betoon word sodat hulle net weer ander onskuldige mense kan gaan vermoor? NEE HULLE MOET SIT!¡¡!!!!!!!!!!

rafel ·

Petisie asb! Plaas dit op facebook of iets…sal met graagte dat almal wat ek ken teken.

Johan. H. ·

Dankie mm julle delete weet lekker, BEGIN n PETISIE, EK BLY BY GRAVELOT, Sal ook Geldelik help, Hulle moet baie lank sit, weens die aard van die misdaatd.

Truie Grimsell ·

Laat hulle vrot in die tronk, en gooi die sleutel weg, hulle verdien nie genade nie!!! Die paroolraad moet hulle nie op parool vrylaat nie want hulle sal net aangaan waar hulle opgehou het!!!

Speedguard ·

Dit is SKOKKEND , die regter wat die saak aangehoor het behoort ook sy opinie te lewer sonie ondermyn hul die doel van die vonnis, ek het nie woorde nie, ek sal ook aan die petisie deelneem. Wat gaan nou nog gebeur om almal te laat besef dat ons besig is om ‘n dooie perd gesond te kry, dit is afskuwelik!! Lita Fourie, sterkte vir jou , ek bid vir jou met die geweldige taak asook nou weer met al die rou wonde wat weer oopgekrap word!!!

Neeeeeeeeeeeee ·

Stel n petiesie op en kry al die boere om te teken . LAAT HULLE SIT .

A ·

Om wit mense te martel en uit te moor het ‘n nasionale sport geword in die land. Hulle kry seker nog die “royal treatment” ook in die tronk.

George ·

Net soos die Hani familie seggenskap het oor die parool van die moordenaars moet hierdie familie self besluit of parool toegelaat moet word. En ter verswarende omstandighede vir wat hulle aan die mende gedoen het moes die sleutels weggegooi gewees het. Bring terug die doodstraf want dis al wat mense sal laat dink voordat iets so waansinnig soos die gepleeg sal word. Dis al wat wetteloosheid in die verband en respek vir mense lewens sal laat terug keer.

MT ·

Ek stem dat hulle nie op parool uitgelaat word nie. Kyk hoe lyk die moordsyfer op die boeregemeenskappe alreeds. As hulle weer op parool uitgaan wie sê nie hulle gaan weer toeslaan nie. Een maal ‘n moordenaar, altyd ‘n moordenaar. Waar gaan die bose kringloop dan stop?

Johan. H. ·

Hierdie saak al ek baie nougeset dophou, Belowe , Bring daaie petissie.

Amanda Landman ·

Hierdie was ‘n buitensporige wreedaardige moord en het by die polisiemanne wat op daardie saak gewerk het gespook, ons het hulle geken en my man het ook die toneel gesien want hy was baie goeie vriende van die Cross familie. Ons het eerstehands die wreedaardigheid gesien…GEEN PAROOL kan gegee word nie. Bring die petisie, ons sal almal teken!!!

Milli ·

Nou vra ek wat het ou chris hani se saak met hierdie wreedheid te doen?

Thea Gerber ·

Milli, die mense gebruik Chris Hani se saak as ‘n voorbeeld. Sy vrou staan elke keer parool teen en dan kry Wallusch (sp) nie parool nie. Daarom behoort Lita Fourie ook die moordenaars se parool kan teenstaan.

wynand ·

GEEN PAROOL!! Stel daardie petisie op dat ek kan teken. Hul moes die doodstraf gekry het maar ons is vasgevang met ‘n ideologie van menseregte.

Ander Annie ·

Geen patrol. Twee mense is brutaal vermoor. 17 jaar vir dit wat hulle gedoen het, is beslis nie parool werd nie. Dit was beplande en brutale moord. GEEN PAROOL

Diana ·

Hoe wil hulle parool kry as hulle nognie die helfde van hulle straf uitgedien het nie. Hulle het Oupa hulle op die wreedste ondenkbare manier van ons weggevat. Vir ons in ons gesigte gesê hulle worry nie oor hulle straf nie want ten minste lewe hulle nog. In die hof vir ons uittartend gestaan en smile. Sit dan maar nog lekker waar julle hoort vir die res van julle vonnis. Julle verdien GEEN BORG nie. Al wat julle verdien is die doodstraf.

Johan. H. ·

Wag tot julle regters en regsliu begin martel word , dan sing julle ook n ander deuntjie,,,

Theresa ·

Hell to pay as hierdie 2 moordenaars vrygelaat word! Watter regdenkende regsgeleerde sal wesens wat ‘n ander lewende wese met kookwater vir vyf ure martel en kookwater in ‘n ander se keel afgooi – soveel dat die persoon se buik vol was daarvan EN hul dan skiet – meer as eenmaal – OOIT vrylaat?????!!!!!!!!! In hierdie geval moet ‘n petisie (asb volg die wettig korrekte manier) en plasing van hierdie poging vir vrylating TYDIG in koerante oorsee en oor radio versprei word! Maak almal moontlik hiervan bewus en ons moet almal help dat hierdie verwronge mense nie weer die tronk verlaat tot hul laaste datum van die 50 j straf nie. Daar is nie ‘n enkele rede goed genoeg vir hul vrylating nie. Meesterbreine van marteling – waarom hul vrylaat om hul skrikbewind voort te sit??????

Domvraag ·

Is ons regstelsel nie belaglik nie. Moordenaar kry twee lewenslange gevangenestraf, besit van onwettige wapen ens dan word straf gesamentlik uitgedien. So of jy een of honderd mense vermoor die straf is dieselfde en dan kan jy parool kry na n derde van die straf uitgedien is. Belaglik

Peet J ·

Hierdie moordenaars , volgens die inligting beskikbaar was volgens my mening defnitief gehuur daarom dat hulle die egpaar ingewag het in die huis en dit met die egpaar se wapens. Waarom die grusame aanranding en dan te wil pleit vir vergifnis. Hulle moet nie weer in die samelewing geplaas word nie .

Fanie ·

My skoonpa is doodgeskiet op die plaas.Voor dit het hulle die buurvrou op die plaas langs aan ook vermoor.
Hulle het beide 10 jaar tronkstraf gekry.
Na 5 jaar is hulle vrygelaat.
Wat vir my vreemd is n vrou het hierdie maan 15 jaar tronkstraf gekry nadat sy R600 000 gesteel het. Dit maak mos nie sin nie en
nou praat ons nie eers van Oscar nie !

Victorious ·

Trek “n petisie op dat hulle bly sit. ek sal eerste teken. Wat is 17 jaar vir jou ouers se lewe en al daardie martling?? Ons moet na God toe terugkeer sodat HY ons land kan genees en ek verklaar dat dit binnekort sal gebeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.