Parool na hulle akteur, vriend ontvoer

Brett Goldin

Brett Goldin

Die twee mans wat betrokke was by die ontvoering van die akteur Brett Goldin en modeontwerper Richard Bloom, wat albei in 2006 vermoor is, is Woensdag op parool vrygelaat.

Goldin en Bloom is op 16 April 2006 ontvoer en vermoor. Nurshad Davids en Jade Wyngaard is in 2006 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir hulle aandeel in die misdaad.

Simphiwe Xako, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van korrektiewe dienste, sê Davids en Wyngaard is Woensdag op parool vrygelaat maar is onder huisarres. Hulle sal ook met behulp van ‘n elektroniese toestel gemonitor word.

Xako sê die mans het agt jaar van hulle vyftien jaar vonnisse uitgedien en dat hulle ‘n rehabilitasieprogram voltooi het. “Ons is baie tevrede met hulle vordering en ietwat optimisties dat hulle nie weer sal oortree nie. Die departement is gefokus op rehabilitasie eerder as om mense toe te sluit en die sleutel weg te gooi.”

Xako sê die mans se paroolvoorwaardes behels ook dat hulle nie dwelms of alkohol mag gebruik nie. “Hulle mag slegs deur die dag werk gaan soek en dat hulle saans moet terugkeer huis toe.”

Goldin se ma, Denise, sê hulle respekteer die paroolraad se besluit. “Ons het by al die paroolverhore beswaar gemaak. Ons het beswaar gemaak maar die keer is ons nie gehoor nie.” Sy sê die familie hoop dat Davids en Wyngaard suksesvol gerehabiliteer is en iets van hul lewens sal kan maak. “Die pyn wat mens ervaar wanneer jy ‘n kind verloor gaan nie weg oor tyd nie.”

Goldin en Bloom se naakte liggame is op 16 April 2006 in ‘n veld langs die M5-hoofweg in Kaapstad gevind. Hulle is op teregstelwyse doodgeskiet. Hulle is die vorige dag deur Davids, Wyngaard, Shavon Marlie en Clinton Davids ontvoer. Marlie en Davids is albei tot effektief 28 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Maar Clive Deby Lewis kry n dowe oor.
Dit is tyd dat ons blankes die boodskap kry.

Theresa ·

Stem 100% saam Jasper. Nog altyd gesê hulle doen net wat hulle wil en geen haan kraai daarna nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.