Parool vir Andile Lungisa

Andile Lungisa. Foto: African News Agency/ANA

Andile Lungisa is van Dinsdag af ʼn vry man nadat hy parool toegestaan is.

Die departement van korrektiewe dienste het bevestig Lungisa se parool begin effektief op 1 Desember.

Lungisa het in September tronkstraf begin uitdien nadat hy reeds in 2018 aan aanranding skuldig bevind is en tot effektief twee jaar tronkstraf gevonnis is.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, is Lungisa ʼn eerste oortreder en het hy positief op rehabilitasieprogramme gereageer. “Die wet bepaal die minimum vonnistydperk wat uitgedien moet word voordat moontlike parool oorweeg kan word. Dit moet gelees word saam met artikel 276 (1) (i) van die Strafproseswet wat stipuleer dat ʼn verpligte een sesde van die vonnis uitgedien moet word voordat parool oorweeg kan word.”

Lungisa het nadat hy op 9 Mei 2018 gevonnis is verskeie kere geappelleer en is op 25 Mei 2018 op borgtog vrygelaat. Sy appèlaansoeke het egter nie geslaag het nie en hy moes in September vanjaar sy tronkstraf begin uitdien.

Die spesiale kwytskelding van vonnisse wat pres. Cyril Ramaphosa op 16 Desember 2019 toegestaan het, het Lungisa se vonnis met 12 maande verminder.

“Die toestaan van parool aan Lungisa beteken daar sal van hom verwag word om aan ʼn spesifieke stel voorwaardes te voldoen en hy sal onder toesig wees totdat die vonnis verval.”

Die omstrede ANC-raadslid in die Nelson Mandelabaai-metro is aan aanranding skuldig bevind nadat hy Rayno Kayser, DA-raadslid, met ʼn glasbeker oor die kop geslaan het. Die voorval het tydens ʼn chaotiese Nelson Mandelabaai-raadsvergadering in Oktober 2016 plaasgevind.

Kayser het verskeie snywonde aan sy kop en nek opgedoen en foto’s het gewys hoe hy bloed oral oor hom gehad het. Die vergadering het in sulke erge geweld ontaard dat sommige raadslede berading moes ontvang.

Lungisa het tydens sy verhoor onskuldig gepleit en gesê hy het uit selfverdediging opgetree.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag hel net vir 3 maande en hy reageer op rehabilitasie mmmmm lekker as jy swart is en connection het pffft

Jacobus ·

Nou moet julle besef – dié man is volgens ANC reëls by uitstek bevorderbaar – hoe hoër hoe beter. Tick sommer die geweld boksie ook.

Charl ·

Wel Ryno moet dan maar die siviele roete volg! Wurg elke sent uit daai krimineel! African National Corruption!

Suzette ·

Ag heerlik – drie maande in die tronk en dan uit. So volgende keer doen hy dit weer want daar is nie enige gevolge nie.

Misky ·

Moet mens lag of huil???? Verder mag ek nie sê wat ek wil nie en sal nie geplaas word nie

Mariana ·

Misky kom ons lag maar, die land is ‘n sirkus van narre. Baie, baie narre. Huil sal nie help nie.

Hennie J ·

Ja Misky,my kommentaar sal beslis ook nie geplaas word nie. Die een so korrup soos die ander!

Cornelius ·

Wat n grap. As die prentjie andersom was dan het die DA ou nog steeds in die tronk gesit.

Genis ·

So hy het nou n bietjie prakties gedoen, nou gaan hy die rabge spring… Dis n klug die…

quartus ·

so hy is inder waarheid nooit regtig gestraf vir sy ernstige oortreding nie.

Casper ·

Is die voorwaardes waaraan hy moet voldoen dieselfde as Shabir Sheik sin.

Swerkater ·

Skokkend!!!!! Wonder of ek en jy dieselfde hanteer sou word….

lodewyk ·

Was dit n DA,VF of enige ander party behalwe ANC of EFF ,sal daai LP nou nog gesit het,wys jou weereens hoe korrupt the cANCer die regtselsel bedryf!!

Dup ·

Ek sien hom al met ñ pikante rooi beretjie op die kop.Hy behoort goed daar in te pas…..of miskien as ambassadeur in Spanje…sy CV is mos nou gefinaliseer.

JohanR ·

‘n ANC bly nooit lank in die tronk nie, en as hulle uitkom kan hulle probeer vir president van Suid Afrika. Maar voor hy president van SA kan word moet hy eers ‘n ambassadeur word…..kyk uit vir waar hulle hom stuur.

Johann ·

En DIT is die realiteit van die “regstelsel” onder n anargiste regering. En dit raak by die dag erger.

Lian ·

Wyle oom Eugene het 6 jaar gekry en moes AL 6 uitdien . Waar is die geregtigheid heen ? Gaan hy nou opgelei word as toekomstige Minister van Korrektiewe Dienste ?

Jaco ·

Waarom kla almal so oor sy vrylating? Dis tog duidelik: sy slagoffer is lid van “die rassistiese DA” en die aanval met die waterbeker was maar net ‘n “straf” vir apartheid.
As jy wit is in SA, pas jouself dan BAIE goed op, want as jy iets oorkom, gaan reg en geregtigheid nie in jou guns wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.