Paroolaanbeveling vir Derby-Lewis verwelkom

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Front Nasionaal (FN) het Dinsdag gesê die party het “versigtig optimisties; dog met dank” kennis geneem van Michael Masuthu, minister van justisie en korrektiewe dienste, se positiewe aanbeveling dat Derby-Lewis (78) op parool vrygelaat moet word.

Maroela Media het Maandag berig Masuthu het die aanbeveling aangekondig. Hy sê voorleggings deur die betrokke families sal oorweeg word voor hy sy finale besluit maak. Masuthu sê die emosionele en politieke sensitiwiteit rakende die saak sal oorweeg word. “Ons oorweeg die saak en ons glo dat ons behoorlik moet konsulteer en nie haastig ‘n besluit hieroor moet neem nie,” het Masuthu gesê. Lees meer hier.

“FN spreek sy opregte dank uit teenoor partygenote, samehorige organisasies en individue, aktiviste en ander simpatiekgesindes wat getroue en heelhartige ondersteuning gebied het dwarsdeur die proses van openbare betogings sedert 12 April,” het Francois Cloete, die party se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die party het bygevoeg voortgesette protesaksies om die vrylating van ander politieke gevangenes sal nie gestaak word nie.

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, voormalige sekretaris-generaal van die SAKP. Hy het reeds meer as 20 jaar van sy vonnis uitgedien. Hy is vroeër vanjaar twee keer in die Kgosi Mampuru Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Dit is baie goed dat hulle dit nou gaan oorweeg, alhoewel dit AL LANKAL oorweeg moes word. En sy woorde van “behoorlik moet konsulteer en nie haastig ‘n besluit hieroor moet neem nie” Ek glo nie hy het so baie tyd oor dat hulle rustig hieroor kan besluit nie. As flippen Shabbir Shaikh en Jackie Selebi op mediese parool so vining uitgelaat kon word, kan hierdie arme man ook!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.