Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se jongste paroolaansoek is van die hand gewys, het Beeld Donderdag berig.
Die dringende hofaansoek om weer op parool vrygelaat te word, is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.
Becker se prokureurs het aangevoer dat hy nie sy paroolvoorwaardes verontagsaam het toe ʼn video in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria geneem is, kort voordat hy en sy medebeskuldigde, Frikkie du Preez, op parool vrygelaat is nie.
Die twee mans se parool is teruggetrek nadat ʼn video van die twee, waar hulle glo alkohol en ʼn selfoon in ʼn sel gebruik, aan die lig gekom het.
Die Waterkloof-4, Du Preez, Becker, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 ʼn hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe.
boontjie kry sy loontjie lui die spreekwoord, arogant van die 2 gewees, hoekom dit die wereld in stuur, slim vang sy baas, pluk n lat vir jou eie bas, laat dit n les wees vir die wat alles van hul doen en late uitbasuin op sosiale netwerke, hou dit eerder vir jouself.
Soek en jy sal vind . . . al is dit net die pad terug na waar jy hoort, ALS as gevolg van arrogansie!!
Kry asb julle feite reg. hulle het nie die video die wereld ingestuur nie. Ek hoop nie een van scalla of lorayne se kinders is net normale kinders en is ooit arrogant nie. As oscar buite kan rondloop kan hulle ook.
Pop, jy kan nie die twee vergelyk met Oscar nie. Oscar is nog slegs skuldig bevind aan strafbare manslag en sal binnekort gevonnis word. Tot dan is hy op BORGTOG. Hierdie twee mannetjies was skuldig bevind aan moord en het reeds ‘n gedeelte van hule vonnisse uitgedien. Hulle is/was uit op PAROOL . Daar is ‘n massiewe verskil tussen die twee gevalle.
Hou hom daar tot sy windgat afgeblaas het.
Mer arrogansie kom jy nêrens nie, en as my pappie nog alles met geld wil regmaak, gaan jy nog minder iewers in die lewe kom. Christoffie, jy moet bykom, en vining ook.
Met arrogansie kom jy nêrens nie, en as my pappie nog alles met geld wil regmaak, gaan jy nog minder iewers in die lewe kom. Christoffie, jy moet bykom, en vining ook.