Paroolaansoek: Walus sal ‘weet as hy weet’

Janusz Walus (Foto: Facebook).

Die regsverteenwoordiger vir Janusz Walus, veroordeelde moordenaar van die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, sê die minister van justisie en korrektiewe dienste gaan “nooit” ʼn besluit oor sy parool neem nie.

“Die minister gaan, bloot weens die politieke gevolge, nooit ʼn besluit hier neem nie. Die enigste liggaam wat die applikant kan help, is hierdie hof,” het adv. Roelof du Plessis, namens Walusz, Dinsdag aan die Konstitusionele Hof gesê.

Walus het die Konstitusionele Hof gevra om min. Ronald Lamola se 2020-besluit, dat sy aansoek om parool opnuut afgekeur word, te hersien.

Du Plessis het aangevoer die hof is nie onder dieselfde politieke druk as die minister nie en kan ʼn besluit oor parool neem.

Walus, ʼn Poolse immigrant, is al sowat 28 jaar lank agter tralies en het sedert 2011 reeds verskeie kere onsuksesvol aansoek gedoen om parool. Volgens sy regspan is hy, na hulle medewete, die mens in Suid-Afrika wat nog die langste agter tralies is.

Walus het Hani in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hy en Clive Derby-Lewis is in dieselfde jaar albei die doodstraf vir die moord op Hani opgelê. Die vonnisse is later na lewenslange tronkstraf omgeskakel. Derby-Lewis is in 2015 op mediese parool vrygelaat en is in November 2016 dood.

Du Plessis voer aan geen omstandighede wat ʼn uitwerking op parool kan hê – benewens die tydperk wat Walus agter tralies is – gaan voortaan verander nie. Hy het aan die hof gesê om die besluit oor parool na die minister terug te verwys, sal boonop ʼn nuttelose oefening wees.

Walus het reeds Hani se weduwee, Limpho Hani, die familie, die SAKP en die land om verskoning gevra.

“Mev. Hani weier om verder met die applikant te praat. Daar is absoluut niks wat hy verder kan doen nie.

“Mev. Hani het aangedui dat sy hom nie sal vergewe nie. Daar gaan geen vergifnis wees nie,” het Du Plessis aan die hof gesê.

Regter David Unterhalter wou by Lamola se regsverteenwoordiger weet wanneer die punt bereik word dat die vergeldingsgedeelte van ʼn gevangene se straf uitgedien is en hy geregtig daarop gaan wees om te weet wanneer hy op parool vrygelaat mag word.

“Hy sal weet die dag wanneer hy op parool vrygelaat word,” was adv. MTK Moerane, namens die minister, se antwoord.

Hierop wou Unterhalter weet of dit nie op sigself ʼn wrede en buitengewone straf is om iemand in ʼn situasie te los waar hy nooit, van een aansoek na die volgende, sal weet of die vergeldingsgedeelte van sy straf uitgedien is nie. Dit word dan ʼn vorm van wrede en ongewone straf omdat “jou argument is dat jy sal weet wanneer jy weet”.

Moerane voer aan hierdie punt in Walus se tronkstraf is volgens die minister nog nie bereik nie.

Adv. Muzi Sikakhane, namens die SAKP en Hani se weduwee, het aan die hof gesê Chris Hani se moord was nie net ʼn moord op ʼn mens nie, maar ʼn poging om te verseker die demokratiese droom word nie verwesenlik nie.

“Dit is ʼn moord op ʼn land, ʼn samelewing en op ʼn demokratiese droom …” het Sikakhane aangevoer.

Du Plessis het gesê hoewel die moord op Hani ʼn “gemene” daad was, dit nie “vir ewig teen iemand gehou kan word nie”.

Uitspraak is voorbehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Piet parys ·

Sy is die oorsaak dat JANUZ nog steeds in die tronk sit .

Vonkprop ·

Maar as jy ‘n boer doodmaak is jy ‘n slagoffer van rassisme en kry R50 parool en ‘n waarskuwingsbrief. Tyd dat ons besef dat ons op ons eie is.

Heinrich ·

“Dit is ʼn moord op ʼn land, ʼn samelewing en op ʼn demokratiese droom …”. Nie hoe ek dit sien nie; die land is goed op pad na vermoor word deur ‘n beweging wat hulle demokratiese droom op minderheidsgroepe afdwing. Dis ‘n droom vir die ANC en ‘n nagmerrie vir ons.

Henri ·

Presies. Baie goed gestel. Maar die “demokratiese droom” is ‘n massiewe nagmerrie met korrupsie, moord, roof, plundering, stakings, onteiening sonder vergoeding, verval, onbevoegdheid en die lys gaan aan…

AmY ·

Mev Hani; as jy hom nie kan vergewe nie, kan jy nie van God verwag om jou sondes te vergewe nie. Sê maar net.

SomeOne ·

is haar geloof nie vir GOD is nie, dan moet dit mammon wees, want jy kan nie altwee gelyktydig dien nie
sterkte janusz

JM ·

Mev. Hani sal eendag voor God moet antwoord oor haar haat en dat sy geweier het om te vergewe.

Miena ·

van wanneer af mag die familie van (voorheen benadeelde) persone se of n gevangene mag vrygelaat word op parool gaan of nie? Mev Hani (nogal) het klaarblyklik die hef in die hand hierso. Nou wil ek weet -wat van al die kinders wat gesterf het in die bom-ontploffing in Durban destyds wat deur Robert McBride veroorsaak is – hoekom was daardie families nie gevra of hy mag die tronk verlaat of nie? ek het jare lank in DOJ&CD gewerk en ek kon dit destyds nie verstaan nie en selfs nie nou ook nie… ek kan net nie!!!

Annamarie ·

Werk ook by DOJ & CD, en daar het nog niks verander, baie dinge maak nie sin nie!!

SjN ·

Van wanneer af is dit haar besluit, hierdie is n sameswerende politieke besluit.

Pieter ·

Een van die eise van die brandstigter van die parlement is dat Walus uit die tronk vrygelaat moet word. Interessant. Daar is ‘n storie onder ander bevolkingsgroepe dat Walus nie die eintlike moordenaar is, maar ANC faksies, net soos vandag tussen Ramphosa en Zuma.

quartus ·

en al die ander moordenaars in die land wat vrygelaat word op parool? dubbele standaarde. n moordenaar is n moordenaar. as een parool kan kry moet die ander ook parool kry, ongeag wie jy dood gemaak het

Clifford ·

Politiek hou hom in die tronk, nie die moord wat hy gepleeg het nie. Waarom kan elke opsetlike moord in die land nie die vonnis voor opgele word nie.

Casper ·

Ek lees die kommentare en besef dat die familie van ‘n slagoffer nie kan besluit oor parool nie,ook lees ek van vergewe of jy kan nie vergewe word nie.Nou is my standpunt net dit,
1 June en Barry Steenkamp kan Oscar nie vergewe nie.
2 Lede van die publiek en die Steenkamps dring daarop aan dat hy sy vonnis uitdien..
3 Die paroolraad het Oscar oorgeplaas na ‘n fasiliteite dat hy die Steenkamps kan ontmoet.
4 Die paroolraad het reeds sy parool bekragtig maar June sê aikôna sit boetie.
Waar word die streep getrek.

Marthinus W ·

Walus is nou al langer in die tronk as Mandela.
Sal Hani se vrou om verskoning vra vir die 28 mense wat onder haar man se hand in Bhisho gesterf het? (Die Bhisho-slagting is deur Cyril, Hani, Steve Tswhete en Ronnie Kasrils gelei en veroorsaak. Die WRK het hulle net liggies oor die vingers geraps.)

Philip ·

Janus Walus het sy vonnis uitgedien ongeag wat die kantlyn kommentaar ook se of wil julle hom ook opgesluit hou soos julle vir Rudolf Hess AGV julle misplaasde wraak tot sy dood toe aangehou het.Dit is algemene kennis dat die kommuniste sy mense op groot getalle tereggestel het in die tweede wereld oorlog so n oog vir n oog is hier van toepassing

Misky ·

Wonder of Mev Hani onthou haar man was ‘n moordenaar en het sy slagoffers se familie ooit ‘n keuse of sê gehad? Oog vir ‘n oog.

Boon ·

mens moet aanneem die staat en sy advolate is nie Christene, Islam, Hindoes of Boeddiste nie. Geen idee wat genade en deernis beteken nie.

Natasha ·

Is plaasmoorde nie ook ‘n moord op die samelewing en demokrasie nie?

Willem ·

Hoekom is Mandela en sy moordenaar anc tronkvoëls vrygelaat?????

Gerhard ·

Ek kan nie glo dat ons land so verval het dat vergifnis nie deel van ons menswees is nie. Mev Hani, onthou, bitterheid maak siek en dood en weerhou jou van God se vergifnis. Ja, hy het die moord gepleeg, maar, wie is ons of enige iemand anders om hom te weerhou van vryheid….. Dit maak my sielsongelukkig om hierdie te sien. Dit wil vir my lyk asof, behalwe vir die dat sy hom nie wil/kan vergewe nie, is dit ook die arme vrou se geleentheid om bietjie mag te he oor iemand. Ai en dit die vrou van n massamoordenaar wat so astrand is. Ek kan nie klippe optel en gooi nie, maar Mev Hani, wees baie baie versigtig vir wat jy nou besig is om te doen, dit mag dalk lelik terugkom na jou toe.

Skappie ·

Nou wat van plaasmoorde? Word daai moordenaars so lank aangehou? Nee, nee, parool kry hulle.

JohanR ·

Dit sal aanhou en aanhou totdat die man in die tronk sterf, en dan sal die Hani’s nog aandring dat hy agter tralies bly!

Tante Toekie ·

My jitte! En hier dink ek nog heeltyd moord is moord!

Some of “my people” are more equal than others

Jaco ·

Ek dink walus het in 1983 na SA gekom, want hy was moeg vir kommunisme in Pole (ook maar afgewaterde kommunisme gewees met godsdiensvryheid en gedeeltelike privaat grondbesit). In 1989 het kommunisme tot ‘n val gekom in Pole. In 1990 is die ANC en die SA Kommunistiese Party in SA ontban. Almal het van toe af geweet wat sou kom: dat die ANC-SAKP-alliansie ‘n non-racial verkiesing sou wen. SO Walus kon dan mos maar net teruggegaan het Pole toe. Daar was kommunisme dan reeds weg. Ek wens ek het so ‘n lekker agterdeur (escape hatch) gehad, van dubbele burgerskap. Dan was ek lankal weg uit dié aaklige anti-wit SA. Maar Walus het so ‘n agterdeur en hy mors sy kanse sowaar op.

Jr ·

Daar is net een rede en dis omdat jy wit is. Hulle wil n voorbeeld van jou maak en n politisepunt vir wit mense wys

Genis ·

Chris Hani was ook n moordenaar en bomplanter… Het hulle daai families vir vergifnis gevra? Of is die n eenrigting straat? Die ANC magsmisbruik, al sy makker se ware kleure het ook uitgebak. Was nooit oor demokrisie nie, oor diefstal en plunder, onder die fandel van die sogenaamde reenboog nasie

Swerwer ·

Waarom is daar soveel onregverdigheid in hierdie land? Die ANC Kader wat moor/brand en vernietig loop los maar hy moet sy lewe boed. Dit is vir geriefliksheidhalwe ten gunste van die ANC wat sy parool afgekeur word. Malema met al sy vieslike uitlatings kom absoluut niks oor nie, hy mag maar aangaan met sy haat veldtog. Dit laat mens rooi onder die kraag

Samuel ·

Walus sal seker in die tronk sterf, want hy is wit. Wat hy gedoen het is absoluut verkeerd, maar ek glo hy verdien nou bietjie genade.

Debbie ·

Daar loop soveel moordenaars daar buite rond wat vroeer vrygelaat is of hul nou vergewe is of nie

Charl ·

Tipies, ”sal hom nooit vergewe nie”, wat de f…moet ons se van swart moordenaars in hierdie land wat blankes soos vliee afmaai en dan basies skotvry daarvan afkom ??? WAAR IS DIE REGVERDIGHEID DAARIN ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.