Paroolraad besluit dalk vandag oor Oscar

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Die departement van korrektiewe dienste het Vrydag bevestig dat die paroolhersieningsraad van die Kgosi Mampuru II-gevangenis vandag sal vergader om te besluit of Oscar Pistorius onder korrektiewe toesig vrygelaat sal word.

Die paroolhersieningsraad het Maandag die besluit terugverwys na die paroolraad omdat die raad van mening is dat Pistorius psigoterapie moet ondergaan as deel van sy paroolvoorwaardes. Dit volg nadat die oorspronklike besluit om Pistorius op 21 Augustus onder korrektiewe toesig vry te laat op kort kennisgewing teruggetrek is.

Pistorius se familie het daarna teen die departement uitgevaar en gekla dat die Paralimpiese atleet onregverdig behandel word.

Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, het gesê die paroolhersieningsraad van Kgosi Mampuru II sal al die kwessies wat deur die oorspronklike paroolraad geopper is, oorweeg voordat ʼn besluit geneem word. “Ons kan nie bespiegel of voorspel wat die uitslag van vandag se vergadering sal wees nie,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

manie ·

Vergeet van wie of wat Oscar is!
Hy is ‘n gevonnisde oorteder en moet volgens vasgestelde reëls en regulasie hanteer word. As hy kwalifiseer vir parool laat hy gaan!! Indien faar ‘n ander rede is dat hy nie op parool kan gaan nie verstrk die rede en sluit hom toe.
Moenie Politiek speel met ander man se regte nie.
Dit is oneties en vernederend.

Johnnie ·

Wonder net hoeveel druk is op daai parool raad gesit hulle moet hom los dat hy sit

Dina Kühn ·

Ek stem volmondig met Manie saam. As hy ‘n onbekende was, was hy lankal op parool vrygelaat, maar tipies van ons samelewing, gun ons veral iemand wat reeds iets bereik het en dan ‘n fout maak, nie ‘n REGVERDIGE kans nie.

Rietjie Souwitzsky ·

N saak het 2kante. Hoeveel loop op vrye voet rond wat mens kry om hul vrouens te laat vermoor. Hy het nie iemand gehuur of betaal ni. Ek voel wat mense se. Dit is die waarheid. Dan moet ander ook so behandel word op regverdigheid ni net hy nie. Ja so is die samelewing deur mekaar. Almal word nie onder di selfde kamp geskeur nie. Ossie ek dink aie aan jou.

Anneke ·

Jy is n pyn Joggie. Sy is oorlede los haar nou uit die redenasies. Henno en Annie wie is julle om na n lang uitgerekte hofsaak steeds te besluit hy is skuldig. Wat is jul regskwalifikasies en was julle by die hofverrigtinge. Aanvaar die hofuitspraak. Wat sou jylle se as hy jul seun was. Selfs haar ouers is nie so kru soos julle buitestaanders nie.

Dee ·

En wàt Anneke, sou jy sê as Reeva jou dogter was? Die hofsaak is nie afgehandel nie maw daar is steeds geen finale hofuitspraak nie.

Annie ·

Hoekom sit die Paroolraad so gou – hy moet bly waar hy is en elke dag ‘suffer’ ek voel absoluut niks vir hom nie. Hy het ‘n moord geepleeg maak nie saak wie of wat hy is nie.

Moeksie ·

Joggie – ek stem saam met jou – I rest my case…….. Hy het nog nie berou getoon nie en sal seker ook nie…

Anneke ·

Jy is n pyn Joggie. Sy is oorlede los haar nou uit die redenasies. Henno en Annie wie is julle om na n lang uitgerekte hofsaak steeds te besluit hy is skuldig. Wat is jul regskwalifikasies en was julle by die hofverrigtinge. Aanvaar die hofuitspraak. Wat sou jylle se as hy jul seun was. Selfs haar ouers is nie so kru soos julle buitestaanders nie.

Rooikop ·

Sterkte Ozzie> Hy het berou getoon waarval julle uit. Doen ander wat mense huur om te moor? nee toe nie

Rooikop ·

Sterkte Ozzie> Hy het berou getoon waarval julle uit. Het hy vi n moord betaal? nee toe nie.

Eish! ·

Onthou jul almal wat reken Oscar is onaantasbaar en ‘n koning………………julle het dalk nie nou dogters nie, maar iewers gaan jul dalk dogters kry en selfs seuns. Volgens my, maaknie saak wie en wat. As jy doodmaak mag jy doodgemaak word. Hy het in elk geval ‘n koninklike lewe in die sel met alles wat ek nie het en begeer. Selfs oefenmasjiene……………

susan ·

Ek het n ongetroud dogter en ek verseker jou sy slaap elke aand by haar huis in haar eie bed en so sal dit wees tot sy die dag trou. Geen gerondslaap. Wil net graag weet julle wat so oordeel hoekom se julle niks van die ander pappas wat hulle kinders ook as inbrekers aan gesien het en nou vry rondloop. Ek vra maar net?

Dee ·

Ongelooflik susan, dat jy steeds nie tot die besef gekom het dat dit juis die kruks van die saak is – of hy haar regtig vir ‘n inbreker aangesien het. (vir ‘n inbreker wat so bevrees was dat die toiletdeur gesluit was.) Jou afsluit- sinnetjie van ‘ek vra maar net’ verduidelik miskien waarom jy ook nie die res van die onafgehandelde vrae verstaan nie.

susan ·

Dee. As jy die kuns ken van tussen die lyne lees sou jy my boodskap verstaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.