Die beamptes, wat Vrydag in hegtenis geneem is, staan elk tereg op agt aanklagte van korrupsie. Staatsaanklaer Max Orban het aan die hof gesê die verdagtes het by verskeie geleenthede aan sake-eienaars gesê daar is dwelms op hul persele gevind en dan aangedring op die onmiddellike betaling van boetes ten einde arrestasie te vermy.
Landdros Cyril Croutz het Percy Claassen (46), Randall Phillips (28), Nocilaas Ryk (38), Muneer Daniels (29), Alvico Carolissen (28), Divan Webster (30), Dudley Abrahams (37), Casbeth Tsiri (30), Thembalethu Mazimela (29), en Samkelo Mnyanda (27) op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Hulle moet op 15 Januarie weer in die hof verskyn.
Croutz het die beskuldigdes gewaarsku om by hul borgvoorwaardes te hou en het gesê hulle sal weer in hegtenis geneem word indien hulle nie doen nie.
Dis nie hulle skuld nie. Dis apartheid se skuld.
Of hulle word mos te in betaal dis hoekom hulle korupt is. Ergste is, hulle het die beroep gekies met die wete wat dit behels en wat dit inhou. Ek dink eerder baie van hulle gaan polisie toe met die wete dan kan hy maak soos hy wil en die kanse is skraler om uit gevang te word.
10 by een stasie ???
Dit is n pragtige foto, advertensie vir die korrupte regering van die dag, die hele wereld moet dit sien, skaamteloos!!
Scalla n treffer. Ja dit is beslis n baie sprekende foto en behoort wereldwyd die aard en karakter van die die regering uit te basuin. Ek hoop iemand gebruik dit goed vir die doel.
Ek kon in my wildste drome nie glo dat ek eendag “cable ties” om soveel polisielede se gewrigte sou sien nie. Daar moet tog net iets aan die werwingskantoor gedoen word!
Sies, ek skaam my dood. Dink net hoe lag die oorsese lande vir hierdie verkrampte land. Maar wat de hel. Wat verwag jy. As die President dinge kan doen – hoekom nie ons ook nie. Dit werk mos reg……………
Ons het meer toegewyde polisiemanne nodig – mense wat die verantwoordelikheid daarvan besef en mense wat hierdie korrupsie sal uitwys. Is daar nog sulke polisiemanne daar buite?
Lekker vet gevreet en blink vehaar, soos olie oupa sou gesê het.