Party eis LUR se kop ná dood van pasiënte

Argieffoto: Qedani Mahlangu

Argieffoto: Qedani Mahlangu

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Donderdag versoek dat Qedani Mahlangu, Gauteng se LUR van gesondheid, moet bedank of afgedank moet word nadat dit aan die lig gekom het dat 36 psigiatriese pasiënte oor die afgelope vier maande in Gauteng gesterf het.

Dié pasiënte is dood nadat die departement van gesondheid hulle vroeër vanjaar van die Life Esidimeni-psigiatriese hospitaal na verskeie nie-regeringsorganisasies (NRO’s) oorgeplaas het.

Life Esidimeni het vir meer as 40 jaar, onder kontrak van die provinsiale regering, langtermyn chroniese geestesgesondheidsorg aan duisende Gautengse pasiënte verskaf.

Die departement het in Oktober sy kontrak met die hospitaal beëindig aangesien dit “onbekostigbaar” geword het om die 2 378 pasiënte teen R323 miljoen by private instellings te behandel.

Mahlangu het Dinsdag inligting oor dié sterftes tydens ʼn mondelinge vraag-en-antwoordsessie in die wetgewer bekend gemaak.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Woensdag hierop gereageer en gesê die gesondheidsombudsman [prof. Malegapuru Makgoba] se kantoor gaan die beweringe ondersoek.

“Mahlangu is vir dié krisis te blameer en sy moet bedank of deur premier David Makhura afgedank word. Die pasiënte het gesterf by NRO’s wat nie toegerus was vir hul versorging nie,” het Jack Bloom, DA-LP en die party se woordvoerder oor gesondheid, Donderdag gesê.

“Mahlangu het voortgegaan om die kontrak met Life Healthcare te kanselleer ten spyte van waarskuwings dat meer tyd nodig was om geskikte alternatiewe instellings te vind. Ten spyte van vertoë deur familielede van die pasiënte het sy gesê die NRO’s is behoorlik gekeur en gemonitor om goeie sorg te verseker.”

Bloom het gesê hy is byna seker al 36 pasiënte sou nog gelewe het as hulle steeds in die sorg van Life Esidimeni was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

m ·

Hier is n groot ding oopgekrap. Is daar ooit nadoodse ondersoeke gedoen om te bepaal presies waaraan die mense dood is? Was niemand bekommerd oor al die sterfgevalle nie of was dit ma net nie belangrik genoeg omdat die psigiatriese gevalle was… Ek hoop regtig hier kom n baie groot ondersoek en dat koppe gaan rol. Dis mense se lewens waarmee gespeel word.

Alida ·

Dit is om van naar te word. God skreiende skande !!!!!!!!!!!!!!!!!!

Connie ·

Siviele eise wat die belastingbetaler pa voor gaan staan. Ek gee nie om belasting te betaal as ek weet dit gaan na waar dit ‘ n verskil moet maak.

Jackie ·

‘n Mens moet die Speaker van die parliment vra vir ‘n opinie en watter maatreels die anc gaan neem ter opvolging van die saak.

Karma ·

Ha-ha-ha!!!! Slaat die DA weer hul naam met ‘n plank: Jack Bloom sê Mahlangu is verantwoordelik en HY moet bedank of afgedank word, terwyl Mahlangu (volgens die foto) ‘n vrou is ……….

Speedguard ·

Karma, daar is ‘n hele paar mense wat se koppe moet rol, maar soos altyd is daar iemand wat na die “korrektheid” oplet, baie dankie vir uitwys van die hy/sy maar hoe seker is jy of gaan jy ook net op sigwaarde?

Landi Slatter ·

Dagsê Karma

Dankie vir jou terugvoer. Dit was ‘n tikfout aan ons kant, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

amanda ·

Dan wil ons wt hoe ht hule di poste gekry.. .en dan wil ek net v karma se…ek lees altyd di kommentre….jy sal altyd Fout vind met als.. genoeg om my naar te mk…seker niks beter om te doen ni… sterkte om nog n comment te gee.

MM ·

As hulle minder steel dan sal daar genoeg geld wees om vir sulke instansies te betaal. Hulle voel vere, want dis nie hulle familie nie.

pieterdp ·

As die op regte ware Cristen mens net weet wat daar gepraat word wat binne in Sorg aan gaan sal hul nie vir een nag n oog toemaak nie. Dit gaan net so erg soos in die boere konsentrasie kampe. Daar is geen mediese hulp. Geen behoorlike personeel. Almal word weg ge wys om hul geliefdes te sien. Hul word van kos en diesmeers voorsien. Maar die word geensins vir die pasiente ge gee nie. Die staf neem die vir hul self en wat oorbly word weg ge gooi.

Dis hoog tyd dat n beite instansie die saak onder soek. Die kinders het nie ge vra om so te wees nie. Hul is op die aarde ge plaas en ons moet na hul om sien wat die staat se plug is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.