Party gryp in by onwettige uitsettingspoging

Argieffoto

Die VF Plus in Gauteng het ʼn inwoner van Pretoria te hulp gesnel wat die afgelope naweek glo ʼn 30 dae-uitsettingskennisgewing van die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling ontvang het.

Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer, het Woensdag gesê die inwoner, wat sedert 1990 op die eiendom woon, is aangesê om die eiendom te verlaat aangesien ʼn “nie-bestaande huurkontrak” wat glo met die departement aangegaan is, nie nagekom is nie. Dit terwyl die inwoner glo die wettige eienaar van die eiendom is met ʼn verband by ʼn bekende finansiële instelling.

Die eienaar van die woning het uit desperaatheid om hulp te kry die kennisgewing op sosiale media geplaas waar Van Staden dit opgemerk en ingegryp het.

Van Staden het ʼn gesprek met Jacob Mamabolo, die LUR van infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, gevoer en die skrywe onder sy aandag gebring.

“Die VF Plus het die bewys van die verbandakte op die eiendom aan die LUR oorhandig en aangedring op ʼn dringende ondersoek rakende die saak. Die eiendom se verband is sedert 2008 by ʼn bekende finansiële instelling. Die LUR het onderneem om die saak te ondersoek en ook self met die eienaar in verbinding getree,” het Van Staden gesê.

“Die VF Plus in Gauteng wil graag inwoners van alle eiendomme in Gauteng waarsku om nie enige skrywes van ʼn Gautengse departement te aanvaar om ʼn eiendom te verlaat nie. As jy die wettige verbandhouer op die eiendom is of die eiendom is reeds afbetaal en by die aktekantore op ʼn eienaar se naam geregistreer, kan geen staatsinstelling, munisipaal of provinsiaal, aan eienaars briewe oorhandig om die eiendom te verlaat nie.”

Van Staden het gesê met die vlaag grondgrype wat tans in die provinsie plaasvind, moet eienaars op hul hoede wees.

“Indien enige eienaar ʼn skrywe van enige departement ontvang om eiendom te verlaat en hulle is die wettige verbandhouer of akte-eienaar, moet die VF Plus dadelik hiervan in kennis gestel word by [email protected].”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Rina ·

Jip jys reg dis net die begin en soveel kom nog en in die hoofstroom media sien jy niks oor wat regtig plaasvind oor grondvergrype nie en die polisie monitor net ma mi word tot verantwoordelikheid geroep

Lolla ·

En SO gaan ons soos een man VFPlus stem! Hoeraaaa!!!! Hierdie aksie is wat ons nodig het, met n DIK stem. Kry skoon hoendervleis, dankie VFPlus.

Duitser ·

Dankie VF+ en spesiale dank aan Phillip van Staden help altyd die mense in nood maar ons sal reg stem in die volgende verkiesing.

tlc ·

Duitser ek stem maar bygese dan moet ons almal saamstaan en vir die regte party stem. help nie 10 stem vir ……. en 10 stem vir…….. en 20 stem vir ……. want ons Afrikaner kleur het mos n problem om saam te staan. daarom gaan ons die slegste daarvan afkom

Stem Saam ·

Dit is wat ek heeltyd se ons volk moet saamstaan en vir onself baklei. Ander gaan dit nie vir ons doen nie. Afriforum en Solidariteit bo!!! My kleinkinders het lede geword van albei die oomblik toe hul begin werk het en so ook die res van ons gesin. Mnr van Staden ek salueer jou!!

Gerrit ·

Ek sal ook reg stem en dit sa nooit weer vir die DA wees nie

vonna ·

vryheids front plus!!! jul kry al ons familie se stemme. nogmaals dankie ek is n lid van afriforum!!

Lost ·

Die ou was seker nie een van “our people” volgens ons geagte president nie. Opvallend dat hy in parlement gesê het dat “our people” armes sonder eiendom is, Robin Hood sindroom?

Boet Fasie ·

En so gaan die DA ook tragies sneuwel by die volgende verkiesing , nogal een groot jammerte na alles wat De Lill en Zille gedoen het.

Manie Strydom ·

En die nuwe president lieg vir almal in die parlement.

PJC ·

Hierdie wys dat dit nie net die EFF is wat grond en eiendom wil gryp nie, so mense wees op jul hoede.

Oom Kalahari ·

Wie het die harde werkersklas onder die minderheids groepe gehelp om te boer, hul voorouers deur geslagte heen, landbou studies wat afbetaal moes word(nie verniet nie) en skulde moes aangaan deur alles af te betaal en jare se droogtes ondervind. Vandag word gese ander mense moet deur boere opgelei word en hul grond word ontneem soos my werk die geval was. Hier wil hul dieselfde toepas op ‘n hardwerkende gesin se huis. Siek land wat grype verteenwoordig. Daar is al lankal gevra om asb VF+ te ondersteun en al word dit afgemaak as klein sal elke stem tot groter verteenwoordiging werklik help. Ons bid almal dat geregtigheid sal seevier.

RM ·

Sjoe, hier kom die storm nou. Dit voel asof hulle gaan Nasionaliseer voor die volgende verkiesing sodat die ANC uit die tronk kan bly.

Land diewe aka black privilege

adriana ·

Dankie dat baie mense deur die DA begin sien!
Ek hoop baie sal REG stem – ek gaan.

Willie ·

Niemand sal my eiendom sonder teenkanting in die hoogste grad vat nie…

Elize ·

Dis seker nou maar die eerste van vele wat nog sal plaasvind

Worsie ·

Ek sal DA stem net omdat die kleiner partye se stemme net so wel n ANC stem is. Dit gaan niks beteken om vir n klein party te stem nie. En dan juig die ANC.

Lerato ·

Absoluut waar Worsie. Met minder as 1 % van die stemme, maak hulle nie n beduidende invloed nie.
Dis juis die DA wat gereeld die ANC, hof toe sleep. Iets wat die VF nie doen nie

Anna ·

Om vir n klein party te stem beteken niks. Die ANC juig dan. Ons moet dit verstaan.

Jean ·

Verkoop maar jou siel! Solank jy rustig slaap vanaand is dit alleenlik op jou gewete…

Pieter ·

Die DA sal na 2019 verkiesings niks kan doen sonder die hulp van die sogenaamde klein partye nie .Ek het ook soos julle geredeneer todat ek die ware feite gekry het en besef het daai propaganda is juis om jou te kry om vor hulle te stem, onthou die DA raadslede veral in Pretoria moot kry n helse klomp geld om niks te doen en net so nou en dan in die plaaslike koerante te poseer so vriende ek veroordeel nie maar kry die ware feite en stem dan wat die beste vir jou is.

Tiger JP ·

Eerstens baie dankie aan Philip van Staden en die VF plus.
Al wat mense eintlik moet doen is om so veel as moontlik geld te leen teen hulle eiendomme. Moenie stupid wees nie. Vat verbande uit en maak seker die geld wat jy leen word in die buiteland bele. Deur dit te doen gaan 3 dinge gebeur.
1.) Die banke gaan gevorseer word om in te gryp want hulle gaan die grootste verloorders wees want hulle gaan sit met al die uitstaande skuld en die regering gaan dit virseker nie betaal nie alhoewel hulle die grond GAAN vat.
2.) Die Rand se waarde gaan verseker val of mense dit wil hoor of nie so as dit dan daarop neerkom dat die boer of die mense wie se grond gevat is die skuld moet trug betaal sal hulle dit teen n appel en n ui kan doen as dit dan daarop neerkom dat hulle wel die skuld moet vereffen.
3.) Dieselfde gaan hier gebeur as in Zimbabwe dit ht deur die hele res van Afrika gebeur ons sal geen uitsondering wees nie. Maak net reg ve dit en hou alle bates so liquid as moontlik en verkieslik in die buiteland.

Martin ·

Klein of groot, ek stem waar my hart is en nie waar daar gese word om te stem nie! Ek is ontnugter vir Wie ek altyd gestem het en gaan nou my hart en my toekoms ondersteun. Dankie VF! Konstant soos altyd en altyd daar om te help!

Duitser ·

Ek het my vorige stem gemors op die DA ,hulle het of kon niks verbeterings vir my bring in Pretoria nie, op sigwaarde lyk dit vir my die buurt waarin ek bly het het beter gelyk toe die anc aan bevind was .Die DA raadslede doen nou net minder as toe hulle oposisie was ek gaan volgende jaar definitief reg stem.

STEM VF+ ·

Julle moet begin VF+ stem en ophou DA en allerhande ander volksvreemde partye aanhang .. die DA het NIE Ingegryp nie en lê nogsteeds in sommige munisipaliteite met die EFF in die bed . PASOP, al hulp wat ons gaan he is VF+ en AFriforum . . . maar ai . die AFrikaner is so vol kritiek, hulle sal eerder uittrek en op die sypaadjie gaan sit en DAN Afriforum skuld gee omdat hulle nie gehelp het nie (dit terwyl hulle NIE lede was nie).

Lerato ·

Stem VF+
Jammer vriend jy verstaan nie. Die DA moet met die EFF saamwerk om n meerderheid in die raad te hê om korrupsie te beveg.
As die VF+ meer steun wen, glo ek die DA sal met hulle saamwerk om korrupsie te beveg.
Die
DA behaal tans goeie goed in Pretoria,Johannesburg en PE

Gerhard ·

Die DA moet met EFF saamwerk. Dit se alles wat jy hoef te weet, selfs sonder die EFF sal hulle nogsteed Afrikaans oral uitdryf, BEE toepas en grondhervorming toepas sodat blanke boere en besighede nie meer kan bestaan nie en blankes nie werk kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.