Party Kiwi’s vies oor SA universiteit ‘haka’ doen

‘n Skermskoot uit die video.

Nieu-Seeland Rugby (NSRU) sê hy het geen probleem met ʼn Suid-Afrikaanse universiteitsrugbyspan se vertolking van die ikoniese haka nie.

Die Walter Sisulu-universiteit (WSU) se rugbyspan – wat bekend staan as die All Blacks – het die haka (oftewel uitdaging) die afgelope naweek gedoen voor ʼn rugbywedstryd teen die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT) se Rhinos – ʼn vertoning wat kritiek onder sommige rugbyondersteuners veroorsaak het.

Nieu-Seeland se Newshub het berig ʼn woordvoerder van die NSRU sê ten spyte daarvan dat sy intellektuele eiendom nagemaak word, dit aanvaarbaar is solank dit met respek en begrip gedoen word – soos in die geval van die WSU se uitvoering – en dat hy dus geen probleem daarmee het nie.

Sommige All Black-ondersteuners op sosialemediaplatforms was minder geneë met die span se weergawe van die haka “Kapa o Panga” en ʼn video daarvan het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

“As ʼn Kiwi is dit [vir my] in swak smaak. Die haka behoort aan die Maori-mense. Baie oneerbiedig om van die span om te dink dit is oukei om dit vir hulself te gebruik,” het ʼn aanhanger volgens die NZ Herald gekla.

Nog iemand kla ook dat dit “oneerbiedig en onaanvaarbaar is”.

“As ʼn Suid-Afrikaner was dit ʼn absolute voorreg om voor die haka op ʼn skoolrugbytoer na Nieu-Seeland te staan te kom. Dit is ʼn tradisie van die Kiwi’s en niemand behoort dit na te maak nie,” het die aanhanger geskryf.

Die NZ Herald berig volgens nog ʼn aanhanger was die uitvoering ʼn “belediging aan die Maori-mense van Nieu-Seeland en swak gedoen”.

Die spesifieke haka is gekomponeer deur sir Derek Lardelli en is vir die eerste keer in 2005 gebruik.

Daar was in die verlede ook al klagtes wanneer die haka nagedoen is met geen begrip van die tradisie daaragter nie.

Yonela Tukwayo, woordvoerder van die WSU, sê die universiteitspan doen al jare lank die haka voor die aanvang van hul wedstryde. Sy het ook verwys na die artikel deur Newshub wat meld dat NSRU geen probleem met hul uitvoering van die haka het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Yolandie ·

Geen oorspronlike idees om van te praat nie. My opinie is dat dia HAKA aan die All Blacks behoort en dat geen SA’kaanse span dit behoort te na aap nie.

Anel ·

Kan hulle nie hulle eie oorlogsdans uit dink nie? Geen verbeelding nie! Maar laat iemand ander hulle nou namaak is daar groot moeilikheid en word rassisme voor gegooi.

Riaan ·

Ai tog, kon hulle nie maar hulle eie oorlogs dans gedoen het nie. Dink aan David Campese se “Two Step” die wat dit gebruik moet Royalties betaal.

Misky ·

Ek dink persoonlik nie dis reg nie en eie aan All Blacks/Nieu Seeland. Kry ruggraat, raak oorspronklik en dink julle eie oorlogsdans uit

JM ·

Ag tog, geen oorspronklikheid nie! Siestog. Die haka nou ook een van vele dinge wat geannekseer is.

ROELOF ·

Shame die arme Kiwis verwar die toi-toi seker met hul haka.

Mariana ·

Ek stem, die Haka is die All Blacks van Nieu-Seeland se eie tradisie, niemand anders sn. Maar ja die klomp kan seker nie hul eie tradisies kry nie. Swak bitter swak.

Deon ·

Ek sien hierdie in dieselfde lig as “black facing” en dit moet nie toegelaat word nie aangesien “black facing” as rassisme gesien word

Pandora ·

In Engels word dit Cultural Appropriation genoem.
Dis ‘n hele gesprek op sigself.
In my opinie stem ek dat dit swak smaak en verbeeldingloos is om iets uit ‘n ander kultuur na te maak.
Elke kultuur het sy unieke vertolking van die lewe. Waarom ‘n ander kultuur s’n naboots?
Die Haka hoort nie by enige ander span as die All Blacks nie, en soos hierbo genoem is is dit oneerbiedig om so iets van die Maori’s te ontneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.