Party, premier vergader oor plaasaanvalle

David Makhura, premier van Gauteng Foto: GCIS

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, en Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng, vergader Donderdag met David Makhura, premier van Gauteng, oor plaasveiligheid en die misdaadsituasie in die provinsie.

Die gesprek vind by Makhura se kantoor by die Gautengse wetgewer in Johannesburg plaas.

Makhura en Van Staden het vroeg in November op ʼn datum vir die vergadering besluit en gaan onder meer oor plaasmoorde, moorde en protesaksies gesels.

Hierdie ontmoeting spruit uit ʼn verklaring wat Van Staden vroeër in die provinsiale wetgewer gemaak het oor die Swart Maandag-optogte teen plaasmoorde. Van Staden het in sy verklaring gesê dat nog meer betogings teen plaasmoorde en moorde gaan plaasvind om nog meer druk op die regering te plaas.

Van Staden het ook aangevoer dat, te midde van die huidige misdaadkrisis, die regering nie die probleem sal takel nie omdat die regering self die probleem is. “Makhura het versoek om ʼn gesprek te voer oor die kwessies en daar is ooreengekom dat dit op ʼn dringende basis sal plaasvind,” het Van Staden gesê.

“Die VF Plus is altyd oop vir gesprek om oplossings vir ʼn bepaalde probleem of probleme te probeer kry. Die premier se uitnodiging om ʼn gesprek oor die kwessies te voer is vir die oomblik ʼn stap in die regte rigting. Ek hoop dat hierdie gesprek die begin sal wees van ʼn proses om die moorde in die provinsie en uiteindelik in die res van die land hok te slaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PJC ·

Ek dink nie hierdie gesprekvoering gaan enigiets oplewer nie want duidelik is dit deel van die agende om niks te doen nie.

hendrik ·

Kom ons kry die bal aan die rol en dan wys ons sommer vir julius malema ons skrik nie vir sy dreigemente nie. As ons nie protesteer nie gaan die eff waarlik glo n paar dreigwoorde het ons op ons plek gesit. Ek besef natuurlik dat die protes se hoofdoel is om ons misnoee teen plaasmoorde uit te spreek.

Marianne ·

Spandeer minder geld aan vergaderings, en beradings, vat daardie vermorsing en DOEN IETS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.