Party soek register van ‘studenteskollies’

Betogende studente by Wits. Foto: Wits/Facebook

Betogende studente by Wits. Foto: Wits/Facebook

Te midde van die onlangse landwye betogings deur studente oor studiegeld, onder die vaandel #feesmustfall, het die Congress of the People (Cope) Maandag aangekondig: Hooligans at varsities must fall!

Die party versoek dat studente tydens registrasie by ʼn hoëronderwysinstansie ʼn dokument onderteken waarin hulle onderneem om hulle in geen omstandighede skuldig te maak aan geweld, verwoestingtogte, brandstigting, plundery en vandalisme nie.

“Diegene wat versuim om die plegtige verbintenis te handhaaf se name moet in ʼn register aangeteken word wat hulle dan verhoed om by enige ander hoëronderwysinstansie te registreer,” het Dennis Bloem, Cope se woordvoerder, gesê.

Hy het gesê studente wat hulle tydens die onlangse betogings aan onwettige optrede skuldig gemaak het, moet strafregtelik vervolg word. “Universiteite moet hulle vervolg en medestudente moet hulle verloën.”

Hy het ook ʼn beroep gedoen op die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) om dié “skollies” nie finansieel te ondersteun nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Liewe lulu ·

Ek stem 100% saam met Cope. Skollie stdents must fall!

Christa venter ·

Soos met so baie dinge is daar nou ‘n klomp bohaai en reaksie (ek stem saam met COPE terloops) maar ongelukkig vervaag dit gewoonlik met tyd sonder enige aksie. Gupta sage?

Lizl ·

Oh ek stem saam, ek vra al van die begin af , hoekom word dit toegelaat ? Sover ek weet, teken alle studente so tipe vorm met aansoek en registrasie. Nugter weet hoekom laat die universiteite en kampusse enigsins al die nonsens toe ! Dit moet mos wees … reg of weg. Maak plek vir studente wat werklik wil studeer. Nie een van dai hooligans gaan studeer vir hierdie jaar se laaste vraestelle nie, en wat gaan die volgende wees ? Hulle gaan toi toi as hulle druip en sodra die wit studente graad vang onder moeilike omstandighede gaan die skollies weereens toi toi en dit `n rasse ding maak .

Theresa ·

BAIE dankie, COPE! Hoop een van jul lede lees hier en sien hoe mense sulke logiese denke waardeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.