Party vra hof om Springbokke uit wêreldbeker te verban

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Hofaansoek om die Suid-Afrikaanse rugbyspan te verhoed om aan die 2015-Rugbywêreldbeker deel te neem sal in die komende week in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

ʼn Politieke party, Agency for New Agenda (ANA), voorheen bekend as South Africa First, het die hofaansoek ingedien. Die aansoek is gegrond op ʼn tekort aan transformasie in die sport omdat hulle beweer rugby word steeds deur wit mense oorheers en die Springbokspan verteenwoordig nie die meerderheid van Suid-Afrikaners nie.

Die respondente in die saak is die minister van sport en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU). ANA het ook aan die Internasionale Rugbyunie (IRA) geskryf en versoek dat Suid-Afrika geskors word.

In die hofstukke skryf ANA hoewel daar al baie in die afgelope 21 jaar bereik is om transformasie in die land teweeg te bring, is dit “algemene kennis dat sommige landsburgers sulke transformasie teenstaan en voortgaan met aktiwiteite en optrede gebaseer op onregverdige diskriminasie volgens ʼn aantal kriteria, insluitend ras”.

ANA het gesê dit is betreurenswaardig dat daar steeds ná 21 jaar van demokrasie “rassediskriminasie en rasse-uitsluiting in transformasie bestaan” wat tot groot mate die lot van die meerderheid van die land se swart bevolking bepaal. Die party beweer dat rassediskriminasie in geen veld so duidelik is soos in rugby nie.

In die brief aan die IRA beweer die party Suid-Afrikaanse rugby “was en is steeds ʼn witman-sportsoort, wat die meerderheid van die swart bevolking uitsluit en marginaliseer”. “Ons doen ʼn beroep [op die IRA] om onmiddellik Suid-Afrika se lidmaatskap aan jul organisasie op te skort en Suid-Afrika te verban om aan die 2015-Rugbywêreldbeker deel te neem.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

johan ·

Niemand se niks van die Sokkerspan wat ook die wereldbeker gespeel het swart oorheersend was ni , is dit ook ni maar n swartman sport ni laat die een war oor Rugby huil vir my n antwoord gee

Sarie ·

Mag wittes in hierdie land dan nou glad nie meer deel van enige span wees nie? Is dit hoekom die sokkerspan pikswart is en niemand kla en kerm daaroor nie omdat daar in die geheim wetgewing aanvaar is dat geen witspeler meer deel van enige sport span mag wees nie?
Waarval die ou partytjie tog nou weer uit? Kan hulle nie hul geld (as hulle het) beter aanwend as vir die doel nie?

Jaco ·

Hulle is reg oor een ding en dit is dat Suid Afrika uit die jaar se wereld beker geskors moet word oor regering inmenging wat veroorsaak dat verdiende wit spelers moet terug staan vir kwota spelers.

Klaas ·

ANA is die afkorting vir “Ag nee alweer” n klomp twak. Hulle moet die minagting kry wat hulle verdien.

Daan ·

Het julle nie geweet dat sodra jy nie iets aan ‘n saak kan doen nie, gaan jy hof toe. Hulle kan nie die beste rugby spelers daar kry nie, nou gaan hulle hof toe, in plaas dat hulle rugby speel en goeie spelers word

Ivan ·

Okay, Okay, ANA ek sê jou wat ons doen. Kies vir julle n swart span, net SWART en dan kies ons “anders denkendes” n WIT span en dan sal die resultate mos wys wat is wat.

Pietertjie ·

Die geskree oor transformasie (gebaseer op rassisme!) sal seker eers ophou wanneer daar geen blankes op die aardbol oor is nie, daar net een taal gepraat word, en niemand dus minderwaardig kan voel nie. Ek wonder wat of wie dán beskuldig gaan word vir swak prestasie.

ollao ·

Dit maak my de duiwel in! Hoekom inmeng. Net soos rugby het dit met skole netbal ook gebeur. Wit meisies word reguit gesê “jammer jy is nie swart nie”. Die netbal (limpopo) span was hierdie jaar meer as 70% swart meisies. Ons kinders kry verseker nie gelyke kans op die sport gebied nie. Nou wil hulle hul kom opruk oor die span te wit is. Bou ‘n brug en kom oor dit. Julle mors in elk geval ons belasting betalers se gelde met elke verdomde hofsaak wat net ‘n klomp “kaf” is

Peet ·

Schucks Schuster se definisie van transformasie: “Changing from something that works to something that doesn’t work.”

Opinie ·

En die sokkerspan het mos 8 wittes!! Grappie. Vee letterlik voor jul eie deur ANA. Wanneer kry die wit mans plek in Bafana Bevoorreg?

Jan ·

Natuurlik sal die Springbokke geteiken word. Dit is wit en werk. Alles wat wit is en werk moet vernietig word om by die res van Suid-Afrika te pas.

Mario ·

Ek hoop ANA kyk ook na ons geliefde Bafana Bafana, daar is duidelik ook geen transformasie daar na 21 jaar nie

Johann Marx ·

Heelagter: Lwazi Mvovo (Sharks)
Vleuels: Seabelo Senatla (Stormers) en Brian Habana (Kaptein)
Senters: Lionel Mapoe (Leeus) S’Bu Sithole (Sharks)
Losskakel Elton Jantjes (Leeus)
Skrumskakel Heine Adams (Blou Bulle)
Voorry Trevor Nyakane (Bulle), Scara Ntubeni (Stormers) en Beast Mtawarira (Sharks Onder-kaptein)
Slotte: Oupa Mohojo (Cheethas) Uzair Cassim (Pumas)
Flanke: Siya Kolisi (Stormers) en Naseem Carr (Stormers)
Agsteman: Lubabalo Ntembu (Sharks)

Reserwes:
Voorry: Ox Nche (Cheetahs), Edgar Marutlale (Kings) en Alaister Vermaak (Stormers) (haker: Bongani Mbonambi (Stormers))
Slot: MB Lusaseni (Leeus)
Losvoorspeler: Mpho Mizizyozoi (Kings)
Skrumskakel: Kevin Luiters (?) 0f Rudi Page (?)
Veelsydige agterspelers: Rayno Benjamin, Juan de Jongh

Bestuurder: Shakes Mashaba
Afrigter: Pieter de Villiers
Agterlyn: Alaister Couetzee
Verdediging: Ricardo Loubser
Voorspelers: Hanane Shimange

Spelers wat Nie behoort oorweeg te word nie: Willie le Roux, Jessie Kriel, Jean de Villiers, Jan Serfontein, Andre Pollard, Damien de Allende, Pat Lambie, Ruan Pienaar, Cobus Reinach, Fourie du Prees, Jannie du Plessis, Bismark du Plessis, Vincent Koch, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen,Steven Kitshoff, Adriaan Straus, Armand van der Merwe Eben Etzebeth, Lood de Jager, Victor Matfield, Schalk Burger, Jaco Kriel, Warren Whitley, Heinrich Brussouw, Marcel Coetzee, Francois Louw, Duane Vermeulen……..

Eugene ·

Wat van Luke Watson op flank .Hy is ook mos n kwotaspeler.

nico prinsloo ·

Bly eerder stil soos voor die kies van die springbok span julle is maar net n pion van die anc om die nuus van die anc se gemors wat hulle aanvang voor die verkiesing weg te steek

frankyn. ·

Baie dankie ek is bly Ander sien ook dat daar geen transformasie in die SA rugby is nie ek was baie teleurgestel oor hiedie wit blou bulle springbok span me min gekleurde spelers vir n wereld span. Ek Sal dit waardeur as hierdie span nie wereld beker toe gaan nie en as hulle gaan laat hulle die span regstel en die afrigter skors van die span dankie ANA ek Sal die hofsaak volg .

OP ·

Ek stamp sommer my kop repeatedly teen die muur … gaan minder pynlik wees as om die klip waaronder jy leef te probeer omskop. Urg. Catch a wakeup sunshine.

Leeutjie ·

@OP: Ek het lanklaas so ‘n antwoord geniet soos met joune nou! Nadat ek lekker gelag het wil ek aanvul dat ek ‘n hamer vir die klip op die grond sou gebruik het!!

Moedeloos ·

‘n Mens spel dit waardeer. Waar deur is twee woorde. Bv ons het baie politieke nonsens waar deur ons moet worstel om heel anderkant uit te kom

Yollies ·

Ek hoop die ANA bring sommer ook die feit dat Bafana Bafana ook geen transformasie toon nie. Bring ‘n paar wit spelers in en dan wen hulle dalk ‘n paar wedstryde. RERIG!!!

Seookmanet ·

Frankyn….nee nee nee. Ons moet wakker word in sport en in ons land, jul verniel dit.

Maroela, ek wonder partykeer oor julle????

Gerrit ·

Hoop die hof besluit dat ANA reg is en n stokkie voor dit steek. Wens SA word uit alle sport geban met die sogenaamde transformasie. Welereld moet begin weet van die omgekeurde rassisme.

Johannes ·

Gerrit, jy kan nie eers spel nie. “omgekeurde” i.p.v. omgekeerde. Ek verstaan nou jou denkwyse.

Fanie ·

Mense daar is maar net een oplossing. Kom ons kanselleer ons DSTV en gaan kyk nie meer rugby op die stadions nie dan kyk ons waar kom die geld vanaand om ons rubyspeelers te betaal. Ek wet jou daar gaan nie genoeg swart toeskouers elke naweek die stadions volmaak nie of dalk net in die Kaap. Hierdie klagatte kyk nie eers rugby nie

sarie ·

Nou ja..my komentaar is verwyder.
laat ek dit kort en kragtig stel.
wonder waarom hulle hul nie veel steur aan SA swem nie..lyk v my maar na baie wit swemmers….swem ANA swem…o ja dis ook appartheid se skuld

Leanda ·

Sit meer blankes in sokker dan het ons nie nodig om elke keer verneder te word nie. Hulle is net goed genoeg om oor alles te kerm en ons mooi land deur te trek….

Kobus ·

dis tyd dat daar na meer swart spelers gekyk word soos Luke (cheeky) Watson!

MaFoCell ·

Sien…ek stem saam dat hierdie nou net weereens politieke inmenging is in ‘n saam waar daar in die eerste plek niks fout is nie. Dis waar dat sekere rassegroepe verdruk en onregverdig behandel word. En dit ten koste van ons land. Ons mooie, beeldskone erfenis. Maar! Ek dink nie die oplossing lê in veralgemenings oor die swart nasie nie. Ek dink nie die oplossing lê in eindelose woede-uitbarstings op al wat ‘n anti-wit nuusberig nie. Dis tyd dat ons volk opstaan en ‘n voorbeeld stel…en dit op die regte manier. Ons opinie maak saak…maar kom ons almal neem ‘n aktiewe benadering en doen eerder iets aan die saak…eerder as wat ons passief sit en kla op sites waar die wat moet hoor wat ons te sê het, in elk geval nie ‘n oog kom gooi nie.

Afrika tyd ·

Hoopeloos transformasie bee hulle hou net hulle hande uit om te skep en nie by te voeg nie ons moet net gee gee want dis mos nie ons sin nie .Wat voeg hulle by om die land te bou?

Ryan Kommentaar ·

Die artikel is oor swart en wit. Die kommentare is oor wit en swart. Ons hou alles so gepolariseerd…….self ons argumente en “oplossings”.

Graag sien ek uit na die dag wanneer ons ons kwessies aanspreek sonder om van die wegspring ‘n gepolariseerde standpunt in te neem.

Persoonlik dink ek egter dat die artikel onnodig aandag. Daar soveel meer belangriker aspekte om aan te spreek. Maroela Redakteur asseblief….ek is seker julle sal met beter nuus artikels steeds mense kry wat julle webtuiste sal lees en besoek.

alex ·

Pragtig swartmense wil ‘n swart springbok span stuur.
Gee hulle ‘n 100% swart span dan kyk ons hoe Verloor Hulle. Dan is hulle net so ‘n. Skande soos Bafana – Verloorders.!!

Dan kyk ons of daar nog borge is!!
Maroela dit is nou nie politiek korrek nie. Jammer verwyder dit. Dan teken julle politieke punte aan.

wilie ·

Nou goed kom ons maak almal swart in rugby span en dan vaar ons net so goed soos SA se sokkerspan!!!! Wat n grap!!!!

blou bull ·

ek stem Willie hkm maak hulle dan nie 2 spanne nie RSA en die bokke. maak die een swart en die ander wit dan kyk ons as die spanne teen mekaar speel wat is die uit koms. selle met die sokker

THINUS ·

Al wat mens deesdae hoor is transformasie, hoekom gebruik al hierdie partye nie hulle geld om werk te skep en die armes te versorg. Waneer vind transformasie in die sokker plaas, en in al die staats poste nerens in sien mens meer wit mense in die polisie, staats hospitale, munisipaliteite of verkeersdepartamente nie dis dalk die rede hkm dit by die instellings gaan soos wat dit gaan. Hoe lank gaan ons wit mense dit net so vat voor ons ook gaan begin opstaan vir ons reg om hier te wees

AmY ·

As ons blankes later nêrens meer welkom is nie, hoe kan ons help on die land te bou? Wat gaan gebeur as daar geen blankes meer indie Springbok span is nie, en blankes hou op om rugby te kyk en stadiums toe te stroop? Wie se skuld gaan dit dan wees?

Hettie ·

Wat van sokker!!! Sokker het meeste swartes en wittes het nie daaroor gekla nie. Hoekom kla swartes oor rugby?

HB ·

Sodra BAFANA wit spelers kry wat kan speel sal hulle moontelik net so goed vaar soos ons bokke. Ek hoop Solidariteit of die DA sal ons voortaan bystaan om te verhoed dat die huidige BAFANA span ons land se naam soos gewoonlik oorsee gaan weg smyt. Hulle verdien nie weer n plek in enige wereld beker of ander groot toernooi nie.

steve hofmeyr ·

Dis fataal dat die Bokkeurders (asook die US) nie die uitkomste-gedrogte van “transformasie” en “verteenwoordigendheid” nou deeglik vasvat nie.

alex ·

@ Steve stem saam.
Daar is net een manier om dit op te los!!

jan ·

Daar meer wit spelers wat rugby speel omdat ons in skole is wat rugby het,swartes gaan na skole wat sokker het en wat hulle verkies,as die ratio van wit rugby spelers vergelyk moet word is dit logies,swart mense verkies nie rugby en kan self’s in televisie kykers pyling gesien word

STEFAN ·

FRANKYN…wens ek kan jou vir 5min alleen kry! mense soos jy…kort ‘n goeie pakslae

Dan ·

Ek maak beswaar teen die samestelling van die springbok span. Dit is nie verteenwoordigend om swart spelers in die span intesluit as hulle weier om wit spelers in die sokkerspan in te sluit nie. Ons moet maak soos hulle en ons aftevee aan hulle besware. Ek het nog nooit gehoor dat hulle op daai vraag antwoord gee nie. Of is ons bang vir hulle????

Dan ·

Die naam Frankyn klink soos Frankenstein, of verbeel ek my net?

blou bull ·

Strooi(ek wou iets anders se) soos die hier bo is hkm mense suid afrika verlaat. hkm kan ons nie net die spelers kies op grond van hoe hulle speel nie.

Anoniem ·

Kies n swart RSA span En n Wit Springbok span. Speel teen mekaar dan kyk ons hoe slaan hul hul name met n plank. Net soos die sokker waar hul hul name weggooi. Plaas Sien om na al die Boere wat naweek vir naweek vermoor word nou wil hul baklei oor die Springbok span. Ag Ana word asb net flippen wakker. As jul skrik skrik net wakker, jul gaan nog baie hard val. Nou wil jul doen presies wat met die krieket gedoen het. Van ons beste rugby spelers moet by huis bly soos Heinrich Brusow en dit om kwotaspelers in te sit wat nie op standard is nie. Hoeveel speeltyd het spelers soos JP Pietersen en Zane Kirsner gehad die jaar.

Francie ·

Die realiteit is dat daar wel rugbyondersteuners is wat swart is. Ek het onlangs in die Vrystaatstadion langs so ‘n man gesit, eers met my nekhare bietjie orent, maar toe die spel eers begin, was ons albei aan die Bulle se kant, en kon ons so saam-saam lekkerkry vir elke punt wat die Bulle kry. Dit sal miskien goed wees om daardie ondersteuners se mening oor die samestelling van die nasionale span te kry. Ek is oortuig daarvan dat die swart spelers wat nie op meriete gekies word nie, tog in ‘n mate in die verleentheid is, al sal hulle dit nie graag erken nie. Op die ou uiteinde wil elkeen trots wees wanneer hy ‘n bydrae gelewer met ‘n oorwinning. So sal elke speler wat verbrou het, ongeag van kleur, himself verwyt as hy die span in die steek gelaat het. Om egter op hierdie stadium hulle na die hof te wend, klink vir my eerder na ‘n poging om erkenning vir hulself te kry en geen ander doel het as om ondersteuners te verdeel nie.

Hans Nel ·

Aan die fools wat so inmeng met ons Rugby: Kyk enige Vrydag of Saterdag hoeveel swart toeskouers sien jy op die pawiljoene? Gaan julle ook “n kwota instel oor hoeveel Wit vs Swart toeskouers mag toegelaat word?
Dieselfde geld ook vir Krieket
Hoekom is daar nie kwotas vir ons”Nasionale” sokkerspan wat so power vaar nie?

Johannes Meintjes ·

Goeie reklame geleentheid vir die geskiedenis van rugby en die oorspronklike kultuur daaragter.

Marinda ·

Ag man maak die bokke almal swart dan wen hulle ook so baie wedstruide soos bafana bafana. kyk net hoe goed is ons sokkerspan. en niemand kan daarteen stry nie. hulle is uitstekend.

Nella ·

Ek verstaan nie: Hulle hou nie van wit mense en hul kultuur nie, tog huil hul om wit mense se sport te speel… Hoekom?

Marinda ·

Omdat dit ‘n wit sport is. Sien hulle kan niks vir hulle self van onderaf opbou nie daarom wil hulle alles wat die wit man opbou vat want dit is goed en sukses vol. wys my een ding wat hulle van onderaf op gebou het en vandag nog ‘n sukses is.

lynette ·

Ai goeiste ons seuns leer al van jongs af Rugby apeel . Vir die Craven week word hulle ook uitgesoek . Gee elke ou sy plekkie in die son . Die manne van die Bokspan het gewerk om daar te kom . Nee wat die span lyk vir my heel goed soos wat hy is . Hoekom dit nou wil verander omdat ander wil inmeng . Kom daai mense oral saam en sien hoe hard oefen hulle . Ek is trots op die SPINGBOKKE van 2015 .

Joe ·

Snaaks die klomp idiote het geen kommentaar ivm Lonmin, plaasmoorde, korrupsie ens nie, net ‘n klein klompie rassiste wat hulle eie party gestig het.

G'vol ·

Al wat ons moet doen is om die rugby “fever” heeltemaal hok te slaan en dit te boikot. Dan kan hulle algeheel op “sponsors” staatmaak vir inkomste en nie die ondersteunende publiek wat ook die koffers vul nie. Jammer vir die wat regtig daar hoort en op meriete gekies word. Dit is ongelukkig die pad waarnatoe SA loop. Dis of ‘n geval van “go with the flow” of breekweg om ‘n verskil te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.