Party vra Vrouedag moet na Winnie vernoem word

Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Dumisani Sibeko/ANA

Die Forum 4 Service Delivery het gesê Vrouedag moet na Winnie Madikizela-Mandela vernoem word, om haar bedrae, tot Suid-Afrika se struggle na vryheid, te eer.

“F4SD versoek dat 9 Augustus [Vrouedag] voortaan as Winnie Mandeladag bekend moet staan, om haar te vereer,” het Mbahare Kekana, leier van die party, gesê. “Sy het baklei om seker te maak dat apartheid oorwin word, toe dit nie gewild was vir vroue om in leierskapsposisies te wees nie. MmeWinnie was ʼn regte ma van die nasie,” het hy bygevoeg.

Die anti-apartheidsaktivis en voormalige vrou van wyle pres. Nelson Mandela, is Maandag in die ouderdom van 81 oorlede by Milpark-hospitaal. Victor Dlamini, woordvoerder van die familie, het gesê sy is ná ʼn lang siekbed oorlede. Sy was sedert die begin van die jaar in en uit die hospitaal. “Sy het Maandagmiddag vreedsaam heengegaan, omring deur haar familie en geliefdes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.