Partye eis Zuma se kop

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die DA het Donderdag aangekondig hy het met ʼn amptelike proses begin om pres. Jacob Zuma uit sy amp te laat verwyder. Dit kom ná die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-kwessie en die openbare beskermer se magte. Boonop het die EFF en die burgerregte-organisasie AfriForum gesê Zuma moet bedank.

Dit volg kort nadat die konstitusionele hof beslis het dat Zuma die openbare beskermer (OB) se aanbevelings uit haar Nkandla-verslag moet volg en persoonlik ʼn gedeelte van die geld, wat aan nie-sekuriteitsopgraderings spandeer is, aan die staat moet terugbetaal.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het in sy uitspraak bevind Zuma het versuim om die grondwet te handhaaf en sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die OB, se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het. Mogoeng het gesê Zuma was geregtig om van Madonsela se bevindinge te verskil, maar moes hom tot ʼn hof gewend het om haar bevindinge te bevraagteken.

Die DA het in ʼn verklaring gesê dié “deurslaggewende uitspraak” bevestig dat Zuma die grondwet ernstig geskend het toe hy probeer het om die OB te ondermyn.

Die DA gaan Zuma ingevolge artikel 89 (1) van die grondwet aankla. Dié artikel behels dat die Nasionale Vergadering, met ʼn ondersteunende stem van twee derdes van die lede, die president uit sy amp kan verwyder op grond van:

(a) ʼn ernstige skending van die grondwet of die reg;
(b) ernstige wangedrag; of
(c) onvermoë om die funksies van die amp uit te voer.

“Uit vandag se uitspraak is dit duidelik dat Zuma se optrede neerkom op ʼn ernstige skending van die grondwet, en skep dus grond vir vervolging,” lui die verklaring.

Julius Malema, leier van die EFF, het op sy beurt die hofuitspraak verwelkom en daarop aangedring dat Zuma onmiddellik bedank.

“Zuma se reis eindig hier. Sy saak eindig hier. Enigiemand wat die kwessie verder bevraagteken, bevraagteken die hof,” het Malema gesê. Malema het gesê as die ANC Zuma se amp nie terugtrek nie, die EFF ook die proses gaan begin om hom uit sy amp te laat verwyder.

AfriForum is van mening die enigste eerbare stap wat vir Zuma oorbly is om te bedank.

Volgens Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is dit ondenkbaar dat ’n persoon wat volgens die hoogste hof van die land sy presidensiële eed en die grondwet geskend het, voortgaan om as president te dien. “Die publiek, binne en buite Suid-Afrika, se vertroue in die president sal nooit weer herstel word nie,” het hy gesê.

Intussen het die regering en ANC gereageer deur te sê Zuma “neem kennis en respekteer” die hof se uitspraak. Pumla Williams, waarnemende kabinetswoordvoerder, het in ʼn bondige verklaring gesê die president herbevestig die magte van die konstitusionele hof en het waardering daarvoor.

“Die president sal besin oor die uitspraak en implikasies daarvan op die staat en regering. Hy sal in oorleg met ander staatsinstellings bepaal wat die nodige stappe is wat geneem moet word.”

Williams het gesê die regering sal mettertyd verder oor die saak kommentaar lewer.

Maroela Media het vroeër berig Madonsela het in haar Nkandla-verslag bevind dat luukshede op staatsonkoste bygevoeg is tot die eiendom, soos ʼn swembad, hoenderhok, beeskraal en amfiteater, en dat dit nie as bykomende veiligheidskenmerke beskou kan word nie. Sy het Zuma aangesê om ʼn redelike gedeelte van die R216 miljoen terug te betaal.

Zuma het meer as ʼn jaar lank geweier om die geld terug te betaal, en die EFF en DA het hom en Baleka Mbete, speaker van die parlement, eindelik hof toe gesleep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ria ·

Hierdie man is ‘n bedrieer in die ergste graad. Ander mense word opgesluit. Stuur hom tronk toe. Hy sal die geld net op ‘n ander plek kry. Ons sal ‘n beskermer kry van ons belastinggelde.

Anoniem ·

JIPPIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Koebaai Zuma ·

Jippiieeeeeeee!!!!! Darem sleg om so uit jou amp geskop te word. Maar nou ja hy gaan elk geval niks voel. Dink baie sal bly wees as hy uiteindelik gaan.

julle dink? ·

Al hoekom, Malema wil hê dat Zuma moet bedank is dat hy die pos kan kry !!! En hy gaan dit tien teen een met geweld en “toi-toi” doen. DA sal moet vas staan asb!!!

Andrè Du Plessis ·

Kan iemand hoor…….hoe sterf daardie gekekkel weg, he he he he

GES ·

Saam met Zuma moet sy korrupte hooggeplaasde vriende ook vertrek. SA kan net ‘n beter plek wees sonder die gespuis.

alida ·

Die sot sit nog steeds en lag want hy weet hy gaan R0 betaal. Arme drommel !!! Hy het geen selfrespek of menswaardigheid nie.

Nantis Brits ·

Hoogtyd →gaan zuma jy het ons lank genoeg dood gebloei in S.A

Theresa ·

Waaaaaaaaaaaaaaaaaaroor sit hy so en grinnik?? met so ‘n hoop beskuldigings en skuldigbevindinge laat sak mens jou kop baie lag – of lyk ten minste net asof jy ‘n bietjie sleg voel dat jy uitgevang is en dalk dink jy moes dalk nie?

vernon ·

Oulike April-fools grappie. Zuma sal niks terug betaal nie. Hy is ‘n hooggeplaasde zulu. Dit is benede sy stand om dit te betaal.

Pieter de bruin ·

So mut hy uiteindelik terugbetaal en ANC nou hom herroep, verwyder hom.

Pieter dp ·

Dalk n tweede Zim.??? Niks gaan ge beer nie wand sy broer in zim het hom goed geleer.

Jef ·

As hy die geld terug betaal (waar ek my twyfels het) wat gebeur dan met die geld?

HEVW ·

Mnr, Roets, watter vertroue sal nooit weer herstel kan word nie. z het met n stink stigma en ernstige klagtes die hof in die gesig gestaar voor hy as president verkies is. Ek glo nie daar was ooit veel vertroue in hom nie. Dan ook, as die V F in hierdie vervalle toestand vertroue by sy kiesers wil vestig, sal daar n einde aan sy swygsaamheid moet kom. n Belangrike deel van die volk wie belastingbetalers is se oe is op hul gevestig!!!!!!!!!!!!!

Joann ·

Ek try weer. Maroela plaas nie my kommentare nie. Zuma is soos al die maatjies van hom,slinks,slu,skelm en korup. En dit is al baie jare so,van Jan van Riebeeck se tyd is boere se goed gesteel

Hendrik ·

Almal wat prontuit verklaar het dat Zuma geen skuld het nie, is in die proses net so korrup verklaar. Hulle behoort een vir een uitgeklee te word, uiteindelik sal bewys word dat die oorgrote deel van die ANC vrot verby is.

E ·

Sal dit enigsins n verskil maak as Jz bedank, afgedank word? Wat van die maaitjies wat so lekker saam speel en deel? Ek reken die ANC het n groot paai met lekker baie stukke. Almal smul tog so lekker saam. En hier sit ons met die krummels!
viva Zim viva kommunisme!!!!!!

John ·

Die eerste wet wat president Zuma nou gaan onderteken, is die een oor rassisme. Persvryheid gaan verdwyn. Die’ ‘stasie’ ok. Almal wat so juig, rampspoed wag. Ouma Zuma is glo terug en die ANC-vroueliga sal haar aanstelling deurvoer, al kos dit hul laaste pot pap. Ons het die droom-kiesstelsel vir ‘n president: Ek kies jou en jy kies my. Met net duskant 5,000 ANC-lede wat stem vir ‘n president, kan die res van die bevolking maar skree en skryf, niks sal help nie. Die regstelsel gaan groot skuiwe ondergaan. Haat teen die wittes sal met rassekrede toeneem. Selfs die lig van ‘n wenkbrou kan mens in die toekoms in die tjoekie laat beland. Die’ is nie ‘n 1 April grap nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.