Partye haaks oor begroting vir Zoeloe-koning

Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini (Foto: ANA)

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het die regering se besluit om voort te gaan met finansiële ondersteuning vir Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloes, verdedig ondanks die bedenkinge van sommige politieke partye.

Zikalala het Donderdag ʼn begroting van R66,7 miljoen vir die Zoeloe- koninklike huishouding aangekondig tydens sy begrotingsrede in die provinsiale wetgewer.

Hy het gesê die regering bly ondanks moeilike ekonomiese omstandighede daartoe toegewyd om die koning en die koninklike huishouding by te staan.

“Sy majesteit die koning dien as simbool van eenheid in KwaZulu-Natal en bly die bewaker van die Zoeloe-kultuur, ʼn belangrike bepalende karakter van hierdie provinsie,” het Zikalala gesê.

Die koning woon gebeure soos die opening van die wetgewer, die opening van die provinsiale huis van tradisionele leiers en die rietdans-seremonie by.

Zikalala het toegegee dat ʼn plan ontwikkel moet word sodat die koning en die koninklike huishouding sonder die gebruik van openbare geld funksioneer. “ʼn Plan om inkomste te genereer is vir die koninklike huishoudelike trust ontwikkel en dit sal in 2019-’20 ingestel word,” het die premier gesê.

Zwakele Mncwango, die DA se provinsiale leier, het gesê daar is R66 miljoen aan die koning toegewys en R19 miljoen aan die trust. “Die vraag wat gevra moet word, is waarom ons geld bestee aan die trust wat nie funksioneer nie.” Hy het bygevoeg dat daar voldoende aktiwiteite is wat gebruik kan word om die koning te bemark en geld vir die huishouding te genereer, veral op die gebied van toerisme.

Vusi Khoza, EFF-LP, het gesê daar moet verder gekyk word na die rede waarom die koninklike huishoudelike trust die afgelope jare nie funksioneer nie, hoewel miljoene rande vir die trust aangewend is.

Die IVP het die toegewese begroting aan die koninklike huishouding egter verwelkom en gesê dit is ʼn belangrike instelling wat ondersteuning benodig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

50 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert

Kan ek dalk ook ‘n ietsie kry as ek met ‘n luiperdvelletjie rondloop? EK sal dit doen vir net 6 miljoen.

fred

hoeveel kings en chiefs is daar wat elk maand n lekker bedrag van ons privaat belastingsbetalers kry?

SjN

Kry alles verniet, hul moet begin produktief raak.

Jan

Maar dis mos wat julle oukies wou gehad het…en dan lyk julle soos n klomp piet retiefs..

Swart Piet

Welcome in ou BANANA REPUBLIC, ne