Partye kap Zuma-monument in Groot-Marico

Die monument wat vir pres. Jacob Zuma en die ander rekrute van Umkhonto we Sizwe opgerig is. Foto: ANA

Die DA, VF Plus asook die EFF het uitgevaar teen ʼn monument ter waarde van nagenoeg R2 miljoen van pres. Jacob Zuma wat Woensdag in Groot-Marico in Noordwes onthul is.

Michal Groenewald, die VF Plus-leier in Noordwes, het gesê die beeld met ʼn boorgat wat vir Zuma opgerig is, is ʼn klap in die se gesig van plaaslike inwoners wat maande reeds gebuk gaan onder erge waterprobleme en soms vir tot drie dae lank geen watertoevoer het nie.

Groenewald het gesê die beeld is opgerig op die plek waar Zuma in Junie 1963 in hegtenis geneem is weens sy aandeel in die veldtog van terreur teen Suid-Afrika en sy inwoners.

Hy het gesê die boorgat waar die gemeenskap glo water kan gaan haal, is waarskynlik ook ʼn front vir ʼn reuse-tenderkontrak wat aan ʼn kader of twee toegeken is.

“Die VF Plus het in Maart vanjaar die besluit van die Noordwes- provinsiale regering om die tender-uitnodiging vir die oprigting van die Zuma-gedenkwaardigheid terug te trek verwelkom en het met verbasing verneem dat die projek daarna op ʼn sluwe wyse by die provinsiale departement van sport, kuns en kultuur se Groter Erfenisroete ingesluit is,” het Groenewald gesê.

“Die boorgat wat by die beeld aangebring is, is ʼn totaal lagwekkende gebaar wat nie volhoubare oplossings bied vir die waterkrisis van die gemeenskap nie.

Hy het gesê die provinsiale regering het ook al die raadslede van elke munisipaliteit in die provinsie genooi om die onthulling by te woon. “Vervoer is aan almal verskaf. Dit is ʼn blatante vermorsing van belastingbetalers se geld wat beter aangewend kon word om byvoorbeeld die pompstelsel vir Groot-Marico op te knap.”

Volgens Groenewald sal die VF Plus alle moontlike stappe volg om die tendertoekenningsproses bloot te lê, enige ongerymdhede te ontbloot en om seker maak dat die skuldiges verantwoording doen vir hul knoeiery.

Lede van die DA en EFF het tydens die onthulling naby die monument betoog.

Die partye beweer die polisie het gewelddadig teenoor hulle opgetree terwyl hulle “vreedsaam” betoog het.

“Die polisie het met rubberkoeëls en waterkanonne op mense losgebrand terwyl hulle oor hul grondwetlike reg betoog het”,” het Mbuyiseni Quintin Ndlozi, nasionale woordvoerder van die EFF, gesê.

Nicolize van der Walt, provinsiale woordvoerder van die DA, het ook namens die party uitgevaar nadat daar teen hul “vreedsame betoging” met geweld opgetree is.

Die Forum vir Dienslewering (F4SD) het ook die oprigting van die monument veroordeel.

“Om miljoene rande op ʼn monument te spandeer het ʼn groot invloed, veral vir die mense van Groot-Marico. Die geld vir die monument kon beter bestee word op meer noodsaaklike kwessies.

Maroela Media het vroeër berig pres. Jacob Zuma het tydens die onthulling gesê hy sal nooit die dag vergeet toe hy by Groot-Marico in hegtenis geneem is nie.

Die monument staan bekend as die President Jacob Zuma Inhegtenisnemingsterrein. Lees meer hier.

Die ses meter hoë monument is bekend gestel te midde van klagtes van opposisiepartye in Noordwes dat die geld eerder vir beter dienslewering aangewend kon word. Mahumapelo het gesê die geld wat gebruik is om die terrein op te rig is minder as R2 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mrs.B ·

Regtig waar!!! 6 meter hoe struktuur, Wie wil hulle he moet die “monstrosity” raak sien so hoog in die lug? Die R2Mil kon gebruik word om die mense water te verskaf. Hoeveel bottels water kon hulle net nie koop nie? 137,931 – 5 liter bottels

John ·

Watter metaal is gebruik? As dit plantina is, hoef ons nie lank te stres nie. Dit sal gou nog voete kry. Toets die water uit die Zuma-fontein. Is dit water wat mens kan bygooi of moet besoekers met ‘n swak ingesteldheid winkelwater saambring? Baie Indier-vriende van vriende se vriende woon op Groot-Marico. Dus nie verbasend, die’ nuwe belegging nie. Wie is die ontwerper van die replika van die eerste Russiese Sputnik wat glo destyds in Groot-Marico geland het… vir voggies veel beter as vodka…. Miskien vang van die inwoners se selfone ook nou beter op vir die enigste pluspunt. Oppas net vir dwarrels… Dit lig hoeka tente en hogeres uit hul geriefsones en verplant hul elders…

Frikkie (Nie pienk) ·

Ons gaan seker nie verbaas wees as ‘n kader ook ‘n instandhoudings-kontrak van 5 jaar kry nie!! Teen R 15 miljoen per jaar.

Niccy ·

Nou waarvoor so ‘n ronde bal. Wat stel dit voor? Vrugbaarheid? Nie water nie

Chris ·

Ek moet die regering en Zuma geluk wens met die uitmuntende briljante skepping. Dit is die eerste ding wat die huidige regime doen wat logies en funksioneel is. Die mense, diere en wat ook al is nou baie veilig in daardie geweste. Geen persoon of iets behoort nou deur die weerlig raak gepiets te word nie. Nie net is die omgewing veiliger gemaak nie, die sjeeste sal ook begin vlug.

Marius ·

Ha Ha Ha! Ons sekretaresse sê nou net dat die beeldhouwerk haar laat dink aan Zuma (soos ‘n seekat) met al sy tentakels in die die staatskaste.

Marico Inwoner ·

ALLES word deesdae oor die boeg van werskepping en toerisme gegooi. Die werkskeppingsgedeelte is verby. Arbeid van plaaslike swart inwoners is wel gebruik tydens die oprigting van die strukture op die terrein, maar dit was kortstondig. Wat die propaganda betref van massa toerisme om Groot Marico Dorp ‘n finansiële inspuiting te gee is n leuen. Die Ingang/uitgang van die terrein is direk op N4. Die DORP word heeltemal misgery. Die ANC beleid vir die dorp, waar werkloosheid massief is, is om net meer en meer buitestaanders toe te laat om in te kom en plakkershutte op te slaan.
3-4 jaar GELEDE is 600 RDP HUISE vir bestaande inwoners gebou. Maar, binne ‘n bestek van ‘n jaar, het daar meer as n 100 plakkershutte opgegaan en almal is werkloos. Misdaad het veelvuldig toegeneem en n groot gedeelte van die misdadigers is jong kinderbendes, want hulle weet dat daar nie teen hulle opgetree word nie. Ons sit met 127 Vigswesies wat aan Godsgenade en miskien n GOGGO afhanklik is. Sou hulle ‘n WEESHUIS in plaas van n Monument opgerig het, sou dit ten minste die gemeenskap gebaat het. Nou is dit net ter verheerliking van die grootste Skelm en n bankrot ANC wat daar staan en niks konkreets vir die gemeenskap beteken nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek will bitter graag die toeris ontmoet wat die standbeeld wil sien.

SjN ·

So ek neem aan dat hul my skenking van sinkplate en toebehore vir die bou van die monument in die vorm van n parlementshuisie nie meer wil he nie.

Uvonka ·

Hy was in 1963 gearresteer omdat hy ‘n skelm was en nog steeds is, hoe in die lewe kan iemand dit wil herdenk en dit nogal vir so ‘n uitspattige bedrag geld terwyl sy mense so sukkel? Hy moet eerder sy kop in skaamte laat sak!

Theresa ·

Absoluut! “bal”dadige monument vir iemand wat gearresteer was vir dade wat ‘n land benadeel het. Sies. Sou ‘n oprol-slakkie of iets soos dit wou sien – bitter klein en skaam…
Maar, in hierdie land word mense wat 23 en langer jare terug misdaad gepleeg het, vereer. Mense wat nou dalk so iets sou aanvang, word summier gearresteer en tronk toe gestuur – dit hang af wie jy is. Al was die standbeeld en alle standbeelde wat ter ere van snert opgerig word van suiwer goud – maak dit nie daardie persoon en/of sy dade suiwer nie. Hoop die ding word spoedig geplunder soos ander blinkgoed in die land…

Theresa B ·

Dit wys jou maar net weer. Hulle het geen benul hoe om hulpbronne te hanteer en vir die land en sy mense te sorg nie. Dis net me, myself and I wat geld. Hy sal doen wat hy wil want hy kan mos.

neels ·

Ek sien iemand het genoem daar kort nog ‘n pyp en nou het mm die skrywe verwyder. Dubbel standaarde want hier is nog erger aamerkings wat mag bly.

Jordaan ·

Ek sal borg staan vir ‘n nuwe monument vir sy volgende inhegtenisneming, as dit net vinnig kan gebeur asb.

Emsa ·

Daar is nie geld nie maar beelde en goed word opgerig. Vir wat moet dit gedoen word wat maak hom so belangrik.

Heleen ·

Wat ‘n lelike gedoendte en dankie tog dis nie ‘n standbeeld van Zuma met wyd uitgespreide arms nie!

Karma ·

Man, julle almal wat nou hier so kla en kla en kla …….

Dink net: dit hét werk geskep en gáán werk skep. So, die plek is nou gebou – die ou wat daai dêng op die 8 bene gebou het (wat dit veronderstel is om voor te stel, sal net ou Soompie weet) en die mense wat die terrain reggemaak het, die mure en goete gebou het, het vir ‘n ruk werk en geld gehad.

Maar wag …………… die beste kom nog! Dink net hoe lekker gaan die mense nou geld “pocket” as die ‘security guards’ annerkant toe kyk, terwyl daai boorgat se water gepomp en verkoop word en daarna die koper als afgesteel word en daai dêng beginne afgebreek word vir die “skrêp metal”.

PHANZI ZUMA, PHANZI uWENA!!!!! Hamba ushaya isela!!!

Maria ·

Plaas hul die water suiwer sodat ons weer suiwer water kan drink nou bestee hul 2miljoen rand aan beelde wat absoluut niks beteken vir ons nie. Daai beeld kan niks verbeter nie. Bestee eerder die geld aan iets waardevol namens paaie herstel, die Water probleem, veilligheid ens ens

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.