Partye mág nog kandidate registreer – hof

(Argieffoto: Henk Kruger/African News Agency)

Die Konstitusionele Hof het die DA se aansoek dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se besluit om die registrasie van kandidate te heropen, ongrondwetlik en onwettig verklaar word, Maandag van die hand gewys.

Die DA het die aansoek gebring omdat hy glo die ANC het onregmatig voordeel getrek uit die OVK se besluit, aangesien die regerende party versuim het om al sy kandidate betyds vir die verkiesing te registreer.

Die fout sou die party duur te staan te gekom het aangesien hy beheer oor rade sou verloor het.

Gelukkig vir die regerende party het die kommissie toe besluit dat dit wel moontlik is om registrasie vir kandidate te heropen nadat die Konstitusionele Hof bevind het die verkiesing móét voor of op 1 November vanjaar plaasvind.

Die DA meen die OVK het dié besluit geneem om die ANC kans te gee om sy fout reg te stel en wou die besluit deur die hoogste hof ter syde laat stel.

Die Inkatha Vryheidsparty, die EFF, die African Transformation Movement (ATM) en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge het die DA in sy hofaansoek gesteun.

Die Konstitusionele Hof het egter in ’n eenparige uitspraak onder meer beslis dat die OVK die hof se bevel reg geïnterpreteer het insover dit die heropening van registrasie vir kandidate behels. Volgens die hof het die OVK ook die kiesers eerder as die kandidate in gedagte gehad toe hy dié besluit geneem het.

Die hoogste hof het die DA se aansoek gevolglik van die hand gewys, maar geen kostebevel gemaak nie.

Partye het nou tot Dinsdag om al hul kandidate vir die verkiesing te registreer.

John Steenhuisen, leier van die DA, het Maandag in reaksie op die uitspraak gesê die OVK sou nie die vergunning vir enige ander politieke party as die ANC gemaak het nie.

Die opposisieparty berus egter by die hof se besluit.

“Dit is nie die uitkoms waarvoor ons gehoop nie, maar ons respekteer die hoogste hof,” het Steenhuisen gesê.

Hy het egter gewaarsku dat die DA die OVK voortaan met ’n “valkoog” sal dophou.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het intussen die Konstitusionele Hof se uitspraak verwelkom en gesê die regerende party se kandidate is slaggereed om voor die nuwe sperdatum vir die verkiesing te registreer.

“Die uitspraak bevestig die standpunt die ANC se standpunt dat burgers se stemreg onlosmaaklik verbind is tot hul reg om as kandidaat in die verkiesing te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Werner ·

Die regstelsel en ovk is in die anc se sak.En wie dink nog dis vry en regverdig .

Kokerboom ·

Dis niks nuuts. So manipuleer ANC ALLES. Wat ‘ n klugspel

Pieter ·

Niks snaaks nie die regters werk mos vir die brein dood anc. Die regters het net so min tussen hulle ore soos die anc.

Swerwer ·

Dit sal want dit is mos die ANC wat laat geslaap het en nou moet alle reëls verbreek word om die ANC tegemoed te kom. Laat dit nou een van die ander Partye gewees het, dan was dit summier afgekeur.
Skelm honde.

gatgogga ·

Sien u nou, staatskaping en kader ontplooing betaal dividende.
Daar is geen manier waarop die DA vir die ANC in ‘n gekaapte hof kan klop nie.

Blikkantien ·

En as dit andersom was met die DA wat kandidate nie kon registreer nie. Sou hulle dit dan ook oopgemaak het?

gatgogga ·

“Die Konstitusionele Hof het egter in ’n eenparige uitspraak onder meer beslis dat die OVK die hof se bevel reg geïnterpreteer het….”.
Sal dit te veel moeite wees vir die Konhof om in die toekoms asseblief sy bevele so te verwoord dat dit nie nodig sal wees vir die publiek om prokureurs weer hof toe te stuur om uit te vind wat die hof probeer se nie? Slordige werk mors almal se tyd en geld.
Kyk maar weer na die Zuma fiasco.
Nee wat, Konhof – wees meer professioneel!

SirDikDeDunnerin ·

Dit sal net tot verderre anargie lei as ANC nie aan verkiesings kon deelneem nie.
In wese is die hele afsny datum van verkiesingskandidate vir plaaslike regerings sommer snert. Die stem is vir partye en inwoners het min s^e oor wie hul verteenwoordig – dit geld vir al die partye.

Owlie ·

Kom ons kyk hoeveel uitstel nog na Dinsdag toegelaat gaan word, almal weet stiptelikheid was nog nooit die ANC se sterk punt nie. Die DA en ander partye moet net sterk staan in wat hulle doen en waarvoor hulle staan en nie dieselfde pad van wanorde en wetteloosheid stap nie.

Deon ·

Helen Zille was reg oor die anc wat geweet het wat die hof se besluite sou wees.

annie ·

Mmm! Met ‘klimaatsverandering’ wat deesdae oorheers moet ons as die weer opsteek terwyl ons in rye wag om te stem gerus maar vlug vir goeie skuiling en vergeet van die X want dit gaan geen snars verskil aan die uitslag maak nie. Soos die kommissie self sê, ons wag maar vir die hofuitspraak. Ons het geen hand daarin nie. Pilatus het ok so gereken.

Frank John ·

Dis beter as hul kandidate in is sodat hulle uitgestem kan word. Anders sal daar gesê kan word hulle het verloor deur tegniese probleme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.