Partye moet kandidaatlyste inhandig

iecPolitieke partye het Woensdag nog tot om 17:00 kans om kandidaatlyste, en die deposito van R600 000 by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) in te dien.

“Die kandidaatlyste en ʼn bankgewaarborgde tjek moet by die OVK se hoofkantoor in Centurion vir die nasionale en provinsiale verkiesing ingedien word,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, in ʼn verklaring gesê. “Partye wat nog nie hul verpligtinge nagekom het nie, word versoek om vroeg genoeg op te daag om ‘n stormloop te verhoed. Dit sal hulle ook die geleentheid bied om foutiewe dokumentasie reg te stel.”

Partye wat wil meeding vir die Nasionale Vergadering moet ʼn deposito van R200 000 opdok en R45 000 vir elke provinsie waarin hul wil wedywer.

Die Christelike Demokratiese Party (CDP) het Dinsdag gesê hy onttrek vanjaar uit die algemene verkiesing weens die deposito. Lees meer hier.

Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die hooggeregshof in Pretoria genader om ʼn interdik te bekom om nie die deposito te betaal nie, maar dit is Dinsdag met koste van die hand gewys. Lees meer hier. Die EFF het intussen gesê hy sal die deposito Woensdag betaal wanneer hy sy kandidaatlys indien.

  • Die volgende partye het Woensdag teen 12:00 reeds hul kandidaatslyste en deposito’s ingedien:
  • African National Congress
  • Demokratiese Alliansie
  • Inkatha Vryheidsparty
  • Nasionale Vryheidsparty
  • Vryheidsfront Plus
  • African People’s Convention
  • Africa Unite Party
  • Minority Front
  • United Christian Democratic Party
  • Ubumbano Lwesiwe Sabangoni
  • Sindawonye Progressive Party
  • Al Jama-ah
  • South African Progressive Civic Organisation

Partye se kandidaatslyste sal tussen 28 en 31 Maart bekend gemaak word. Die publiek en politieke partye het dan tot 1 April tyd om teen enige kandidaat beswaar aan te teken. Die verkiesing vind op 7 Mei plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Hier kom interressante verkiesing. Die vraag is gaan malema die geld inbetaal voor 17h00 of gaan hy weer die stelsel toets en 17h15 opdaag … miskien more eers opdaag, net om te kyk wat gebeur. Sal ook graag wil weet waar hy nou ewe skielik die geld kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.