Partye nou beboet vir valse inligting

(Argieffoto: Brendan Magaar/ANA)

Politieke partye en hul kandidate sal swaar gestraf word vir die verspreiding van valse inligting in aanloop tot die komende verkiesing.

Dít sluit in die oplê van ’n hewige boete, of selfs die skrapping van die betrokke politieke party se registrasie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se Gedragskode het in werking getree nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, verlede week bekend gemaak het dat die plaaslike regeringsverkiesing op Maandag 1 November sal plaasvind.

Dié gedragskode verbied politieke partye om “valse inligting oor ander partye te versprei” en “’n magsposisie, voorreg of invloed te misbruik om die uitslag van ’n verkiesing te beïnvloed”.

Die organiseerders van die plaaslike verkiesing se waninligtingprojek vir 2021 het Maandag in ’n verklaring gesê alle oënskynlike oortredings sal by die kieshof aangemeld word waar daar op ’n gepaste straf besluit sal word.

Dié projek is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en dien as ’n gesamentlike gemeenskaplike projek teen misleidende en valse inligting.

Partye wat die OVK se gedragskode oortree, kan ’n boete van tot R200 000 opgelê word of gedwing word om sy verkiesingsdeposito prys te gee.

Skuldige partye kan ook verhinder word om in ’n gebied te werk, al hul stemme in ’n gebied verbeur of selfs die risiko loop dat hul party se registrasie gekanselleer word.

“Ons hoop politieke partye sal ons inisiatief as afskrikmiddel en geleentheid beskou om na te dink oor hoe hulle met kiesers kommunikeer,” sê Phumzile van Damme, koördineerder van die waninligtingprojek.

Van Damme verwys spesifiek na die aandeel wat valse inligting in die onlangse plundertogte in KwaZulu-Natal en Gauteng gespeel het.

“Misleidende inligting het daartoe bygedra dat eiendom van miljarde rande vernietig is en meer as 300 lewens in Julie vanjaar verloor is. Politici moenie hul woorde roekeloos gebruik en lewens in gevaar stel nie.”

Die projek se vennote sluit in oud-DA-LP Phumzile van Damme, Right2Know, Code For Africa, Superlinear, dr. David Rosenstein en WITNESS. Dié vennote behou hul onafhanklikheid en werk op vrywillige grondslag saam om die verspreiding van valse inligting voor die verkiesing te pak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

koos10 ·

Ek wil sien of die ANC beboet gaan word. Ek dink hierdie is ‘n set om oposisie partye se stemme stil te maak.

Kobus ·

Dan moet meeste beboet word maar die partye steur hulle nie aan reels en regulasies nie bv EFF

Androclus ·

Van ‘our people” kan jy alles verwag wat snaaks is.

Werner ·

Nou wanneer skrap hulle die anc.Hulle gee die afgelope 27 jaar net valse inlogt

Piet parys ·

So en wat van Presidente wat lieg om stemme te kry . Stuur hulle tronk toe want dit is bedrog .

Johan ·

Bitter min politici word verandwoordelik gehou vir die twak wat hul kwytraak…die fiasko met die instel van nie belaglike covid regulasies gaan ook ongestraf bly.

donsie ·

Ek het 4 verkiesings vir die OVK gewerk en daarvolgens mag daar nie meer registrasie van kiesers plaasvind as die datum van die verkiesing aangekondig is nie, dit lyk dan nou vir my of ons weer hierdie naweek kan registreer?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.