Partye se laaste poging om stemme te werf

DA-verkiesingsveldtog in Soweto, Johannesburg op 4 Mei 2014 Foto: DA, Facebook

DA-verkiesingsveldtog in Soweto, Johannesburg op 4 Mei 2014 Foto: DA, Facebook

Nog foto’s volg onderaan die berig. ANC- en EFF-ondersteuners het Sondag twee stadions in onderskeidelik Pretoria en Johannesburg volgepak om hul gunstelingpolitici te ondersteun.

Ongeveer 95 000 ANC-ondersteuners het by die FNB-stadion in Soweto opgedaag. Drie areas wat gebruik word wanneer die stadion oorvol is, moes ook gebruik word. Pres. Jacob Zuma het die skare toegespreek.

Ongeveer 30 000 ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die Lucas Moripe-stadion in Atteridgeville volgepak.

ʼn Busbestuurder van die Demokratiese Alliansie is egter in die hospitaal opgeneem nadat sy bus Sondagoggend met klippe bestook is. Mmusi Maimane, premierskandidaat van die DA in Gauteng, het gesê daar was twee voorvalle waar busse, wat ondersteuners van die party vervoer het, met klippe bestook is. Een bus is glo so erg beskadig dat dit nie meer gebruik kan word nie. Klik hier om meer te lees.

ʼn Ligte vliegtuig met ʼn banier “Stem DA op 7 Mei” het oor al twee stadions gevlieg.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Sondag Suid-Afrikaners versoek om nie selfies in die stembus te neem of foto’s van hul stemme op die stembrief te neem nie, aangesien dit ʼn oortreding is van die beginsel van ʼn geheime stem in ʼn demokrasie. Klik hier om meer te lees.

ANC verkiesingsveldtog by FNB-stadion, Soweto Foto: Thabang Setlhapelo, Facebook

ANC verkiesingsveldtog by FNB-stadion, Soweto Foto: Thabang Setlhapelo, Facebook

Die Lucas Moripe-stadion vol EFF-ondersteuners op 4 Mei 2014 Foto: EFF, Facebook

Die Lucas Moripe-stadion vol EFF-ondersteuners op 4 Mei 2014 Foto: EFF, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frik Lotz ·

Gaan stem op s Mei want jou stem kan n verskil maak. Stem beslis VF Plus vir n beter toekoms!

Frik Lotz ·

Gaan stem op 7 Mei want jou stem kan n verskil maak. Stem beslis VF Plus vir n beter toekoms!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.