Partye sê oor geheime stemming

Speaker Baleka Mbete. Foto: AP Photo/Denis Farrell

Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering het nege van die 13 politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word, bedank vir hul bydraes oor of die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in geheim moet geskied of nie. Sy het bygevoeg ʼn reeks faktore moet in ag geneem word voor sy haar besluit kan maak.

Partye het tot Vrydag 14 Julie gehad om hul bydraes te lewer. “Sy sal dit in ag neem wanneer sy haar besluit neem,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement gesê.

Nege partye het hul bydraes betyds gelewer. Hulle is: ANC, DA, EFF, IFP, NFP, UDM, VF Plus, ACDP en Cope.

Die ANC en die DA het gesê hulle sal berus by die speaker se besluit, terwyl die res van die nege partye aangedui het dat hulle ʼn geheime stemming verkies.

Die mosie van wantroue is vir 8 Augustus belê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ander Annie ·

Madame Speaker, dit is you grootste besluit ooit. Neem asb die regte besluit in belang van Suis Afrika.

Pieter ·

Die DA voorbankers lyk en maak nou nes die NNP voorbankers voor hul skokkende oorspring na die ANC topposte lys Soustrein. Laasweek het die media berig die DA geleide opposisie groep saamstaan om Mbete skriftelik te oortuig vir geheime stemming in terme van die Konstitusionele Hof uitspraak dat die Eed wat alle Parliaments Lede afgele het, ieder en elk verbind tot getrouheid aan die Staat (RSA Burgers en dus Party getrouheid tydelik afsweer) en dus volgens elk se geswore diens tot/van Staat (nie Party) se beste belang geswore gewete moet stem.
Nou kom dit aan die lig die DA het sy opposisie groep verraai om in meerderheid met die ANC te staan.
Lyk al meer soos diepgeplante ANC infiltreerders.

Pieter ·

Sy is daar geplaas deur jz om die anc te beskerm. Sy kan nie vertrou word om ‘n onafhangklike besluit te neem nie. Aangesien die DA jou ook saam met die ANC stem om te ” berus” met haar besluit, bewys net die DA se ondoeltrefendheid en dat die DA met Miamane in beheer maar net n arm van die ANC geword het.

Johannes van Rooyen ·

Die DA kannie vertrou word nie hulle is dan deel van die geheime stemming veldtog nou sê hulle dis okay as dit nie so is nie hulle gebruik die party se geld vir die saak net om gat om te gooi DA sal nooit my stem kry nie vertrou my -money niks het nog nooit

Adriana ·

DA net so korrup.Hulle het n “hidden agenda”
Hulle is hand op die blaas met die ANC

Swartkat ·

Ag ons weet mos sy het klaar besluit dat sy nie ‘n geheime stemming gaan toelaat nie, sy het die partye net geleendheid gegee om hulle insette te lewer dat hulle nie soos bollie moet voel nie. Sy doen soos die ANC en Zuma vir haar se om te doen.

Leendert ·

Lindiwe Sisulu sal die grootste president wees wat die land na 1994 gesien het. Sy herinner my baie aan Thuli.

Tinkie Nagel ·

Ek stem 100% saam met jou, ek het jare saam met haar gewerk. Goeie mens en regverdig. Staan vir geen een agteruit nie.

Johanna Botha ·

N ruk terug was daar n stemming in die geheim oor iets …toe het iemand in die geheim TEEEN die DA gestem …toe wil hulle hulle eie lede aan n leunverklikker toets bloodstel om te weet wie die vrot appel was …hoe gemaak in so n geval wonder ek ….

Anoniem ·

Hoekom het die DA nie gesê hulle verkies ook ‘n geheime stem nie? Dit verswak die saak vir ‘n geheime siening aansienlik as die amptelike opposisie nie voorkeur uitspreek nie. Wil hulle hê Zuma moet aanbly sodat ANC 2019 verkiesing kan verloor?

Westing ·

Lafhaard. Sy is daar geplaas om besluite te neem, maar nou is kop in een mus met die mafia

Johan. H. ·

Asb net nie sisulu nie, kyk wat gee sy vir die land se vorige vyande,die mk”s, Iemand met imbors soos Terror Lekota,,

Johann ·

Nou ja: kom ons kyk hoe die hoofstuk van ZUPTOPIA afspeel. Handpoppe gedress en ready for action om al die ander ZUMAIKIES te beskerm en seker te maak ALS word weggedra! ANC LEGACY!!!!!!!

Cherokee ·

Aan die DA-lede en -stemmers in hierdie forum:
So julle DA-aanhangers stem weer saam met die ANC.

Koos ·

Daar is geen kans dat sy ‘n geheime stemming gaan toelaat nie. DieZumafia sal dit eenvoudig nie duld nie, en Baleka Mbete is ‘n lojale kader..

Theresa ·

Van uitstel kom afstel. Of eers volgende volgende daarop volgende generasies se uitsortering. ai.

zahn ·

Nee wat, nou kan die DA maar vergeet van hierdie man se stem. Hoe kan jy jou berus in die slang se besluit? nee man, anc lite! As dit gaan oor ‘n taktiese skuif, stem ek ook nie saam nie, dan is partypolitiek in elk geval belangriker as SA, en dit druis in teen die belofte wat julle gemaak het teenoor die wat julle tot die posisie verkies het. Ek ruik nie ‘n rot hier nie, ek ruik ‘n marthinus kortbroek van Schalkwyk en Pierre Uys reukie hier..

Afrikaanse Knaap ·

Darem het ons almal nou al met “Comedy Central” (Parlimentêre kanaal) gesien dat Baleka altyd die land se belange verhef bo die van die ANC (ek is sarkasties).

SARIE VAN HEERDEN ·

Is daar ‘n manier om misdadige IK te meet? Sodra ek dink huole kan nie nou verder gaan nie dan pop ‘n ander skelmstreek op. Ons is toe nie almal dieselfde nie.

Piet Pille ·

DA het groot geraas gemaak, maar nou, stem saam met die Anc!!!! Mantelswaaiers van formaat, moet nou net nog vir Marthinus kortbroek nader trek in hul geledere. Ruggraatloos en net so onbetroubaar.

CasNC ·

DA is besig met ‘n fyn strategie. Hulle kristalbal se dat DA en ANC die enigste twee partye is wat in ‘n alliansie na 2017, SA kan red en bou. As die EFF te veel stemme kry of wen is ons doodsvonnis geteken.

Alliansiepolitiek is SA se voorland. Kry die politiekeleiers wat niks beteken uit die ANC uit (die panpoene) en bring mense met integriteit uit die DA en ANC saam met Ramaposa as President. Hy het baie tussen die ore en baie $ om te verloor soos Trump.

Wie weet dan sal ons SA sien groei soos nooit tevore.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.