Partye vra in hof dat Zuma moet opdok vir regkoste

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die DA het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria aangevoer die ooreenkoms tussen pres. Cyril Ramaphosa en sy voorganger, Jacob Zuma, om sy regkoste te betaal was onwettig.

Die DA wil hê Zuma moet die meer as R15 miljoen wat reeds aan sy regkoste bestee is, terugbetaal. Die party wil ook hê die hof moet ʼn ooreenkoms tussen Zuma en die presidensie om vir die regskoste te betaal hersien.

Zuma het die regskoste aangegaan in verband met die 16 aanklagte van onder meer korrupsie, geldwassery en afpersing waarop hy teregstaan. Die aanklagte is aanvanklik laat vaar in 2009 kort voor hy president geword het, maar is in Maart weer ingestel.

Adv. Sean Rosenberg SC, vir die DA, het voor ʼn volbank regters aangevoer dat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid aangekla is. “Hy het nie die regering bevorder nie, hy het sy eie belange gedien.”

Rosenberg het gesê die presidensie en die staatsprokureur se kantoor het die verkeerde dele van die wet, artikel 3(1) en artikel 3(3), aangevoer om te regverdig dat die staat Zuma se regkoste moet betaal.

Volgens Rosenberg maak artikel 3(1) wel voorsiening vir die staatsprokureur om namens die regering werk te doen wat kan strek tot die verskaffing van regsdienste aan openbare amptenare in hul amptelike hoedanigheid, maar nie vir die staatsprokureur om regsdienste aan openbare amptenare te lewer wat gedagvaar of vervolg word in hul persoonlike hoedanighede nie.

Rosenberg het gesê die aanklagte teen Zuma voldoen nie aan die vereistes om regshulp te kry nie.

Die EFF het hom intussen ook tot die saak gevoeg en wil hê Zuma se voormalige regsverteenwoordiger, Michael Hulley, moet die geld teruggee wat hy van die staat ontvang het om vir Zuma op te tree.

Adv. Thembelihle Ngcukaitobi, vir die EFF, het gesê Zuma se regskoste beloop moontlik al meer as R32 miljoen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Louisa ·

Hy gaan hopelik nie net tronk toe nie, maar ook pennieloos anderkant uitstap. Kan nie dink aan ‘n beter straf vir hom nie!

Andrea van Vuren ·

Jacob se tyd loop uit. Teen die tyd wat hy agter tralies gaan sit sal hy in intensief gaan lê soos Shabir!

christa ·

CR kan mos dit bekostig om sy vriend se koste te dra. Hyself is skatryk en besit baie eiendomme. Hoekom moet die staat vir sy vriend se koste pa staan?. Geld is maklik om uit te gee as dit nie joune is nie. Veral as jy nie daarvoor gewerk het nie.

Johan H. ·

Leen by jou seun ou zup, maar jy moet wikkel dalk gaan hy self te min oorhe as die prokerowers met hom klaar is..of vra al die ouens vir wie jy deure oopgemaak het… gelukkig is hulle nie die wittes nie.

Alida ·

Laat hom betaal. Hy het mos gedink hy is verhewe bo die wet. Vat net sy foto weg by die artikel asb. Nie goed vir die spysvertering nie.

Johann cb ·

Foeitog, ons kan nie van ‘n arme pensioenaris verwag om sy eie hofkoste te dra nie!

marai ·

dan moet die arme pensioenaris maar nkandla verkoop. na R256miljoen se opgraderings, kan hy dalk R1.5miljoen kry. dis darem al deposito op sy skuld en hy het nog ander plase en eiendom ook.

Gert ·

Moet nooit aan ander doen wat jy nie aan jou gedoen wil he nie. Rekenskap kom altyd al dink mens partykeer nie so nie.

Dries du Toit ·

Wat is n mens wat al aangekla is vir korrupsie,diefstal,verkragting,staatskaping, seks met n minderjarige,veelwywery, blatante leunaar, seks met vigsdraende persoon??????, Kapenaars praat van n Skollie. Gautengers sal seker praat van ‘n Tsotsi. Dit is vreeslik om te dink n mens kon praat van n President

C ·

Pay back the money zumpie …… pay back the money. Hehehehehe!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.