Parys-boer bly vir eers in aanhouding

Boeta van der Westhuizen tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Maroela Media

Boeta van der Westhuizen tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Maroela Media

Boeta van der Westhuizen, een van die Parys-boere wat teregstaan vir die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Van der Westhuizen is Vrydag weer in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy borgtogvoorwaardes verbreek het. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê dat Van der Westhuizen glo lede van die ondersoekspan gebel, gedreig en geïntimideer het.

Jacques Steenkamp van SAUK Nuus berig dat die saak teen Van der Westhuizen tot Donderdag uitgestel is wanneer hy weer om borgtog sal aansoek doen. Die staat sal die borgtogaansoek teenstaan.

Van der Westhuizen is saam met kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., in hegtenis geneem in verband met die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Daar is verlede week nog twee verdagtes in verband met die moord in hegtenis geneem wat ook vandag in die Parys-landdroshof sal verskyn. Hulle is ook inwoners uit die plaaslike plattelandse gemeenskap. Hulle name kan egter eers bekendgemaak word wanneer hulle in die hof verskyn het.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

wilma ·

Wanner hul boere dood maak kry hulle borg en sien nooi weer die binnekant van n tronk. Sterkte boeta

Lukas ·

Liewe hemel! Dit gaan my verstand tebowe dat ‘n mense jouself so onnosel kan hou.

Bruno Stef ·

As n mens n hond wil slaan is dit vinnig genoeg om n stok in die hande te kry.Wat hoop die vervolgingsgesag om n gunstige verklaring vir hulle self te verkry deur druk op die bo-genoemde persoon toe te pas.Hulle gooi n klip in die bos en kyk wat uitspring.

Estelle ·

Ai Boeta, ek kan verstaan dat jy dit gedoen het! Mens is so magteloos en kwaad dat jy uit woede iets onbesonne aanvang!! Onder hierdie omstandighede het regverdigheid geen plek nie . As jy boonop teen die staat baklei kan ek jou maar net opdra aan ons Vader want Hy alleen kan julle help. Baie sterkte aan familie ek weet dis julle wat die swaarste kry!

m ·

Ag nee meneer boer, moet nou nie die wereld vir jouself moeilik maak nie. Hierdie ander mense soek reeds rede om julle in die tronk te hou en nou maak jy dit net soveel makliker…….

Jan maak n Plan ·

Ek verwys na die berig in Rapport bl.5 waar daar geskryf staan dat die Valke blykbaar die arme boere se werkers intimideer met verklaring aflegging. Ek kan nou nie baie mooi verstaan, dat as jy vir jou werksmense opkom, dat dit ‘n verbreking van jou bortog voorwaardes is nie. Ek ruik alweer iets wat vreeslik stink in hierdie saak. Sterkte Boeta.

Michael ·

Soos ek dit sien het die staat nie ‘n saak nie die beskuldigdes moet net saamstaan en nie dom dinge doen nie.

M ·

Die boere het mos nie uitgegaan om te moor nie hulle is aangeval op hulle eiendom deur aanvallers wat nie daar was om koek en tee te vat nie en hulle het hulself verdedig,die boere kan nog ‘n eis instel teen die staat vir die ongegronde arestasies

Carel ·

Daar is twee soorte moontlike eise teen die SAPD
1) Onregmatige arres en aanhouding (waarvoor hulle nie onskuldig bevind hoef te word nie en waar die eisoorsaak voltooi is by vrylating) en
2) Kwaadwillige vervolging waarvoor hulle eers vrygespreek of die saak in hulle guns afgehandel moet word
Die twee is onafhanklik

Gesie ·

Kalm bly manne! Hulle soek naarstigtelik na ‘n tou om julle mee te hang. Moenie dit vir hulle aangee nie.
Maroela, ek wil graag weet wat geword het van die plaasaanval -saak wat gelei het tot hierdie sirkus.

Sê maar net ·

Wil ek ook weet. Dit was mos die een boer se pa of iets wat aangeval was? Wat van daardie saak?

alida ·

Kan julle nie sien nie die media beskerm die ANC met RSG ingesluit.

Marius du Preez ·

Hierdie is ‘n hekse jag teen die boere gemeenskap van Parys. Die polisie het geen bewysse teen die boere en hul is besig om die mense te intimideer..

SI ·

Ai! word die plaasmoordenaars ook so gejag? Hierdie arme mense het jare se moeilikheid ….

Mathilda ·

Met verwysing na “Jan Maak ‘n Plan” se kommentaar, wil ek graag die ander veroordelaars daarop wys dat ‘n saak baie kante het. Ons lees van die bewerings oor hoekom sy borgtog teruggetrek is, maar ons weet glad nie presies hoe hy dit oortree het en wat moontlik tot sy optrede gelei het nie, maar tog is mense baie vinnig om op die wa te spring met oordele en kritiek. Ons moet regtig dink voor ons kritiseer, want ons het selde die feite en alhoewel dit vir ons net ‘n naam op ‘n rekenaarskerm is, is dit een van ons eie mens met familie en geliefdes wat deur ‘n bitter moeilike tyd gaan. Hoekom onderskraag en ondersteun ons nie eerder nie?
“Everyone wants to be a lion….until it’s time to do lion stuff.”

Disselboom ·

Daar kom tye wat mens moet saamstaan en klaar. Kant kies vir wie naaste aan jou is. As daar kritiek te lewer is, kan dit buite die openbare oog op ‘n ander plek hanteer word.

Mnr Boeta van der Westhuizen verdien alle steun en meelewing.

Die oorsaak van die hele debakel is tog oorspronklik dat ons ‘n lamlendige regering het wat nie sy werk as owerheid doen nie, en dat daar ‘n toenemende noodsaak vir selfverdediging intree.

Ernst ·

Die waarheid bestaan glad nie meer nie! Dit wat mense dink is die waarheid, is hulle eie waarheid.

Niemand wil die waarheid praat nie, want niemand wil dit hoor nie!

Jy is verdoem Afrikaner, Ek en jy is verdoem deur die wereld want ons was te sterk en het te veel gehad!

Nou sal jy vervolg word tot in die lengte van dae en verdryf word tot jy uitmekaar spat oor die ganse aarde!

DMC de Koker ·

Ek sal graag die staat se bewysstukke wil sien/hoor rakende sogenaamde intimidasie. Dis immers die regsbeginsel- wie beweer moet bewys.

Berdine ·

Hoekom is hulle in die eerste plek toe gesluit? Hulle het net mense se lewens beskerm. Maar die aanvallers kan dood maak dan loop hulle weer. Maar sodra ons begin om ons mense te beskerm dan is dit moord. Maak my so kwaad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.