Parys-boere: Aanklagte teen nóg boere teruggetrek

Tien van die elf verdagtes tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Landi Malan

Tien van die elf verdagtes tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Landi Malan

Die 11 beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn waar aanklagte teen verskeie van die mans teruggetrek is.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig dat alle aanklagte teen Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wicus van der Westhuizen (19) teruggetrek is.

Volgens Shuping het die staat ook besluit om die saak teen Riaan Swart (18) van die sake teen die ander beskuldigdes te skei. Swart sal dus voortaan apart ingevolge die Kinderwet verhoor word aangesien hy minderjarig was toe die beweerde moorde plaasgevind het.

Boeta van der Westhuizen (46), Cor Loggenberg (18), Loedie van der Westhuizen (18), Miela Janse van Vuuren (22), kapt. Henk Prinsloo (46) en Anton Loggenberg (49) staan tereg op ‘n aanklag van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Die staat het in April vanjaar ook ʼn klag van moord teen Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., teruggetrek. In Junie is ʼn klag van intimidasie teen Boeta van der Westhuizen teruggetrek.

Die staat voer aan die verdagtes was betrokke by die moord op Tjixa en Jubeba, wat op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer en glo só erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Boere in die gebied het beweer Tjixa en Jubeba was deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen, Boeta se pa, se plaas, maar die oorledenes se familie het dit ontken en gesê Tjixa en Jubeba is tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan.

Die ses verdagtes sal op 18 November weer in die hof verskyn. Swart se saak sal op 9 September in die Parys-landdroshof aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Melanie ·

My vraag hoekom word loon geskil altyd in gebring want hulle weet dat aandag sal trek altyd onskuldig as dit loon geskil was.

JC ·

Die aanklagte beteken NIKS- AL die aangeklaagdes is so goed soos vry!

Jakes ·

Onregmatige arrestasie..asb dagvaar NVG. Staat moet jul vergoed vir eis en dan weet ek my belastinggeld maak deel uit van eis, wel aangewend dan.

steve ·

Jy hoop… Ek wag al 6 mashed vir die minister van die saps om my uit te betaal en dis vandat die hof so beslis het… Hulle vee hul gatte nou af aan enigr briewe en of orders…

Rina Pretorius ·

wat vir my snaaks is hoe die 2 oorledenes die “loon geskil” met ‘n vuurwapen teen die boer se kop wou gaan uitklaar. hulle het gegaan om die oom skade aan te doen en het dus net hulle verdiende loon gekry. Te veel plaasmoorde gebeur en daar sal opgetree word teen die oortreders, finish en klaar.

Piet ·

Mense soos Poplap en Uilskuiken is nou seker jammer dat hierdie boere nie verder vervolg word nie. Dit is skokkend hoe die polisie mense links en regs in die tronk smyt. Hulle is veronderstel om n saak teen iemand te ondersoek en wanneer hulle, hulle feite agtermekaar het, dan maak hulle arrestasies. Nou moet die belastingbetaler opdok vir die gemors wat hulle al weer gemaak het. Dit maak in elk geval nie saak wat het die plaasaanval veroorsaak nie. Daar word altyd n rede vir die aanval verskaf. Wanneer boere op n noodroep reageer is daar altyd n kans dat hulle opgesluit sal word. Staan net saam manne – dis al wat julle deur hierdie moelike tyd gaan help!

snoefie ·

wat is hierdie saak anders as die Belfast saak waar n groep swart mense n witman dood geskop het en niemand was aangekla nie. al was daar ten minste een ooggetuie.

Koos ·

Ek het van die begin gesê die staat het nie ‘n saak nie,nou gaan die belastingbetalers weer betaal vir die teen eise.

Karma ·

Kan dié boere net ‘n saak van onwederregtelike inhegtenisneming teen die SAPD maak, of kan hulle siviele eise teen elkeen van die SAPD-lede wat hul wederregtelik in hegtenis geneem het, ook maak? Ek wonder maar net, veral aangesien Steve sê hy sukkel al JARE om vergoeding uit die Polisiekommissaris te kry, al was daar ‘n hofbevel.

Piet Pompies ·

Persoonlike oortuigings maak dat ‘n mens oordeel volgens jou eie keuse en smaak en nie die reg. In die geval het die mees senior persoon van die Parys SAP dit gedoen en die resultaat is deutrek met foute. Die SAP is in verleentheid en teen eise gaan volg. Dit het tyd geword dat beamptes in hulle eie hoedanigheid aangekla kan word vir sulke growwe natatigheid.

Joann ·

Se nou vir my,wat van die vrou wat nou die dag vermoor is,wat van die klomp plaas moorde die afgelope tyd????? Hier en daar word een onder vra en daar stop dit. Die familie en vriende van oorledenes lieg soos tandetrekkers,iets wat hul baie goed kan doen want hul soek weer geld vir KFC

Andrea ·

Ek verstaan nie hoekom die bewerings van die familielede van die dooie “moontlike” plaasaanvallers enigsins in ag geneem word nie. Was hulle saam met hulle by die boere? Hoe weet hulle wat die twee se planne was?

Eugene ·

Nie een van julle was teenwoordig by die voorval nie so wag maar vir die verhoor dan sal die waarheid uitkom. Dan kan julle opinies gee.

Ben Prinsloo ·

Nie nodig vir hofsaak nie Eugene, enige persoon met gesonde verstand kan sien hier is weer n heksejag aan die gang. Neem nie iemand in hegtenis en trek dan die aanklagte terug nie, dit is n teken van intimidasie.

Lance ·

Ek glo dit was n verkiesings foefie gewees …die anc se hele rasisme ding het tog SO nie gewerk nie …uitslae wys dit so duidelik

Mhlato ·

Volgens Pretoria FM is die saak teen hulle teruggetrek omrede hulle staatsgetuie’s gedraai het…. om hulle eie basse te red!

Jeanne ·

Lol, kon daardie opmerking verwag het. Gewoonlik gebruik mens net een staatsgetuie teen ‘n groep ander mense, die mense is onskuldig, daarom is die saak teruggetrek, die aanklaers besef hulle gaan pakkry in die hof. Gewoonlik word staatsgetuies ook nie heeltemal vrygelaat nie, soms word hulle wel vervolg, maar ‘n ligter straf opgelê, so nee , klink nie reg nie.

Ben Prinsloo ·

Jy sien Mhlato, net soos ek gesê het, hier kom die intimidasie faktor ter sprake. Hoekom soveel manne as staatsgetuie?

Piet ·

Mhlato, mens hoef mos nie skaam te kry vir wat jy se nie. Waarom gebruik jy n skuilnaam? Dit klink of jy meen die staatsgetuie het gedraai om die beskuldigdes se basse te red. n Getuie kan nie sommer net omdraai nie. As jy verklarings afgele het en jy is behoorlik ondervra, dan teken jy gewoonlik vrywarings vir watter aandeel jy dalk so gehad het. As jy dan omdraai dan word jou vrywaring teruggetrek. Soos Ben se, hulle word geintimideer in so n mate, dat daar dalk “getuies” na vore kom ( Dis dan wanneer onskuldige ouens toegesluit word). Sulke mense sal agv skok nie aan sy eie gewete dink nie en ook nie vir sy prokereur luister nie en in party gevalle enige twak praat om sy eie bas te red. Ek weet nie of dit hier gebeur het nie maar ek is bly die “getuie” gaan nie teen hierdie manne getuig nie, want ek glo in hulle onskuld.

Columbiana ·

Die sadste van hierdie hele storie is hoe jonk party van die aangeklaagdes is. Om by so gemors betrek te wees en jy is nog nie eers mondig (ou verwysing na dae toe 21 mondig was) is sommer net bitterlik sad vir hierdie mense. Hulle skop hul lewens af op slegte noot en mens wil dit vir geen jongmens toe wens nie.
Ek wonder net as hoekom die ouer mans wat betrokke was hulle nie weggestuur het nie. Hoekom sal jy as volwassene kind betrek by sulke dinge. As jy plaas invader les wil leer dis reg so jy mag jouself beskerm maar hoekom kind met sy hele lewe voor hom daarby betrek?

DewaldS ·

Columbiana, jou empatie met die jonger aangeklaagdes klink nogal mooi, maar die res van jou skrywe berus op die aanname dat die mense wel skuldig is? Is dit kwaadwilligheid of onkunde?

Columbiana ·

Dewald hold your horses seun. Dis glad nie ‘n beskukdiging nie dis ‘n comment in general oor volwassene wat kinders betrek aan die hand van hierdie spesifieke voorbeeld. Kom ek vra jou ontken die ouer mans dat hulle uitgestorm het om die twee te gaan jaag? Indien nie moes hulle mos al daar by die voordeur gedink het wag laat ek eerder my kind se om te bly

Columbiana ·

“Tientalle boere was op die toneel waar die mans aangerand is toe die polisie opdaag. ” aangeraai uit ‘n ander publications.
So dis nie onredelik om te dink die boere het daar opgedaag met hulle kinders (nou aangeklaagdes) in tou. Is dit slim om jou kind saam te sleep na so iets nee. So asb Dewald ou seun hold your horses.

Boerseun ·

Columbiana. Niemand wou gaan lesse uitdeelnie. Op n Plaas behoort jy aan n buurtwag. Iemand het op radio geroep vir hulp en ander Boere het gaan help. Op n Plaas is daar min mense so ouer seuns word ook benodig om te help met veiligheid. Dink jy moet maar eerder nie oor goed skryf wat jy niks van weet nie.

Columbiana ·

Boerseun ek het simpatie vir julle situasie maar daar is geen rede om ‘n minderjarige deel te maak van die proses nie. Miskien moet jy eerder dink aan die belange van daai kinderlike wat nou aangekla is terwyl hy eintlik hoort op varsity of trekker ry in die veld!

neelsie ·

Weereens wantroue in ons regstelsel, om nie eers te praat van die Sapd nie!!

Sarie ·

As ek reg verstaan was die twee nie dood toe hul die toneel verlaat het nie. Hulle is deur die polisie weggeneem. Het die polisie hulle dalk aangerand of was die hospitaal nalatig soos gewoonlik. Alle moontlikhede moet ondersoek word.

Johannes Meintjes ·

Jip, … en wantroue teen die blanke Afrikaner wie versuim om tot effektiewe selfbestuur en misdaadbekamping te kom.

Jeanne ·

Gedink hulle was weer oorgretig en wou maar weer net ‘n magspel speel. Die ondersoeke na plaasmoorde is gewoonlik traag en baie min moordenaars word uiteindelik gevonnis, vreemd dat in hierdie geval hulle sommer 11 het, gewoonlik kry hulle nie eers een as ‘n boer en sy gesin vermoor word nie, of die ou ontsnap uit aanhouding, of daar is nooit genoeg bewyse nie. Mag AL die onskuldiges vrygelaat word en die saak teen hulle almal teruggetrek word. Dit was niks anders as ‘n heksejag nie.

Boerseun ·

Die groot vraag hier bly nog die Cilliers wat nie beskuldigdes is nie maar ook by toneel was.

Basson ·

Na bewering het daar baie dinge agter die skerms plaasgevind, bv aanhoudende initmidasie van die boere gesinne deur die Valke in die middel van die nag, ens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.