Parys-boere: Beskuldigde se familielid ook vas

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Mariné Jacobs

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Mariné Jacobs

’n Familielid van een van die sewe boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, is in hegtenis geneem.

Maroela Media het van ’n betroubare bron verneem dat die 19-jarige man Donderdagmiddag in hegtenis geneem is. Sy naam mag volgens wet nie bekendgemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie. Dit is intussen nie duidelik of hy Vrydagoggend saam met die ander sewe beskuldigdes, kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, in die Parys-landdroshof sal verskyn nie.

Die polisie was reeds van vroeg Vrydagoggend op ʼn hoë gereedheidsgrondslag en roldraad is weereens voor die hof gespan. Verskillende politieke en ander groepe betogers word voor die hof verwag.

Die staat beweer dat die beskuldigdes verantwoordelik was vir die aanranding en moorde van Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba was na bewering op 6 Januarie betrokke by ʼn plaasaanval in die gebied. Hulle het na bewering van die toneel gevlug en die boer het alarm gemaak.

Kort daarna het ʼn groep boere die twee vermeende aanvallers op die plaas vasgetrek en die polisie is ontbied. Die staat beweer Prinsloo was een van die eerste polisielede op die toneel en het glo die boere gehelp om Tjixa en Jubeba aan te rand.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

charlene ·

So die plaas aanvallers MAG moor en verkrag en steel en martel maar ons mag nie ons selfverdedig nie!!!! Die hele land is in sy piekie in . Ek hoop daai boere kom vry

Amanda Wait ·

Ek stem saam met jou Francois. Dit was nie selfverdediging nie, die ouens het die reg in eie hande geneem.

Duiwelsadvokaat ·

Ek wonder nou maar net, hierdie mense in die townships wat “bundu justice” toepas op mense wat bv. verdink is van diefstal, dwelmhandel ens. ens. deur ‘n persoon onder verdenking bv met klippe dood te gooi, ek kan sweer hul word nie vervolg nie (dit mag wees dat ek nog net nie daarvan gehoor het nie?). Frustrasie bou op, angs neem toe en geduld raak min – moord mag nie geregverdig word, maar ek glo mense kan so vasgevang word in ‘n oomblik wanneer die geleentheid homself voordoen om al hierdie gevoelens op ‘n spesifieke teiken los te laat dat ‘n mens homself daarin kan verloor. Dis nie te sê dat (indien hul skuldig is, want dit is nog nie bewys) hul daarop uit was om te moor nie, maar dat hul eenvoudig onder ‘n gevoel van samehorigheid en die sielkundige impak van “mob mentality” vasgevang was in ‘n oomblik van absolute woede. Ek is nie so seker dat ek hul daarvoor kan blameer nie.

Hannes ·

Ag ek wens mens kan net 1 of 2 keer sulke gevalle sien waar ‘n boer se moordenaars so streng vervolg kan word, of is dit maar onder die regerende party aanvaarbaar dat net sekere groepe vervolg mag word en die res mag maar aangaan soos hulle wil. Kan hulle maar net moor en op die tv onverskoning vra en voort gaan na die volgende slagoffer toe.

Sus ·

Ons het gistraand by ‘n ongelukstoneel verby gery (gelyk soos ‘n tref-en-trap) waar die oorledene (nie-blanke) in die pad op sy rug gelê het terwyl vier swart polisie beamptes eenkant heerlik staan en klets het. Nou word daar ‘n heksejag gevoer op boere wat uit frustrasie opgetree het – en moenie vergeet dat die die twee beseerde plaas-rowers dood is terwyl hulle agter in ‘n polisie vangwa hospitaal toe geneem is! Dubbele standaarde en geen respek!

Francois le Cochon ·

Indien jy ‘n persoon uit frustasie doodmaak, en jy word vervolg, is dit nie ‘n heksejag nie, maar bloot normale gang van wetstoepassing.

Piet Piper ·

As ek hierdie berig so lees, dan kom daar beelde in my geheue van fotos van Blanke en Swart boere wat wreedaardig vermoor is deur plaas aanvallers, maar meerderheid blanke boere, somtyds hele gesinne. Eers gemartel, sommige met kookwater verbrand, sommige verkrag, ander daarna doodgeskiet en ander dan sommer uitgebrand……………En Nou ?? Hierdie ‘engele’ wat oppad in ‘n polisie voertuig gesterf het………Lyk vir my dis erger……..Met hierdie ANC dubbel standaard onbevoegde regering is S.A oppad na ‘n “Boulevard of Broken Dreams….ZUMA MUST FADE Away, like an old Soldier.

Danie ·

Moenie vergeet nie: Dit is plaaslike verkiesings jaar. Enige iets om die aandag van hulle reeks mislukkings die afgelope 6 maande af te lei is uiters welkom. Al dié mislukkings is besig om in rampe te verander. Beide vir die ANC en die res van die land.

gatiep ·

Francois is daar regtig normale wetstoepassing in die land?
Vir my lyk dit of daar jag gemaak word op witmense in die land. En die plaas rowers is oor n rukkie weer vry en doen dit weer en weer en weer weet dan nie as dit normaar is in jou oe nie.

Francois le Cochon ·

Sean. As jy nie by ‘n stopstraat stop nie, en ek se^ vir jou dat jy ‘n wet oortree het , veroordeel ek jou nie, of is ek nie ‘n regter nie. Wette is wette, en almal is onderghewig aan hierdie wette.
Indien hierdie groep boere onskuldig bevind word van moord, sal hul tog seer sekerlik nie gestraf word nie.

sean ·

Punt is hulle is nog nie skuldig bewys nie. Punt. Die polisue is ook onder verdenking.

pop ·

Daar gaan dadels van kom. Hoe op dees aarde gaan die aanklaer bewys wie het wanneer aangerand en wie het wat gedoen, Aan die ander kant kan mense mos nie hulle monde hou en net antwoord wat gevra word nie, Hulle inkrimineer hulself gewoonlik in die getuiebank. Ja of nee is gewoonlik van toepassing maar dan wil elkeen n lang storie vertel. BLY NET STIL. Dink ek moet besigheid begin om mense te leer hoe om op te tree in getuiebanke. lol

Deloris ·

maar niks kom van en word gedoen wanneer daar ingebreek of vermoor of aanvalle op ons is nie ………….. dit word mos vir gerieflikheid onder die mag ingevee,….. of hulle se …. we are still working on the case……………………………….. SIEK en SAT

ZHARA ·

Ekt weer iets gese wat ek nie moes nie sien my kommentaar is weerhou. Sterkte aan die boere sal ek maar sê.

sean ·

Pas verneem uit Parys die 2 Celliers broers is onskuldig bevind. Waar is die wat so vinnig oordeel nou?

Peet J ·

As ‘n burger van my land en ek sien dat iemand die wet oortree, het ek die volste reg om daardie persoon in hegtenis te neem en aan die polisie te oorhandig vir verdere ondersoek m.a.w. ek mag optree as ‘n reservis en dit is presies wat die Boere gedoen het.

E ·

Hierdie hele land het so siek geword. Almal beskuldig almal en moor, verkrag, roof en en. Wat het van die goeie ou dae geword toe ons almal so lekker kon saamwerk! So hartseer. Ongelukkig is dit altyd die minderheid wat die moeilikheid begin.Al hierdie plaas moorde in die nuus veroorsaak dat ek en baie ander mense begin wrokkig raak teenoor nie blankes.

Haat kweek haat!

Louise ·

Ai tog in die land mag jy nie jouself verdedig nie. Jy moet met jou hande agter jou rug staan en wag dat daar klaar gemoor, martel, verkrag en gesteel word.
Dan as jy nog hopenlik lewe ONS liewe polisie bel en hoop en bid hulle kom so spoedig moontlik daar uit, dan wanneer hulle jou klaar gevra het wat gebeur het en dan hopinlik nie die verklaring misplaas nie Of die leer nie kry nie en ook net nie hulle vuurwapens daar los nie. Kan hulle mooitjies vir die verdagtes vra om na ONSE tafel te kom sodat hy verhoor kan word en waanneer skuldig bevind word, word hy op borg vrygelaat en als begin weer van voor af. Lekker man lekker “give that man aa bells”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.