Die uitspraak in die saak teen ses mans van Parys wat op twee aanklagte van moord teregstaan, is Maandag in die hooggeregshof in dié Vrystaatse dorp uitgestel.
Regter Corné van Zyl sou vandeesweek uitspraak gelewer het in die saak teen Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren.
Die Parys Gazette berig Van Zyl het egter vanoggend gesê dat sy nie haar uitspraak kon voltooi nie weens die geweldige omvang van rekords wat deurgewerk moet word, en die aantal kwessies wat na vore gekom het in die meer as twee jaar lange verhoor. Van Zyl het gesê dat sy moet seker maak dat geregtigheid geskied, nie net in belang van die oorledenes nie, maar ook van die beskuldigdes.
Sy het daarom besluit om eerder die saak uit te stel. Uitspraak sal nou na verwagting van 8 tot 12 Julie gelewer word.

Drie van die beskuldigdes, Miela Janse van Vuuren, Loedie van der Westhuizen en kapt. Henk Prinsloo, tydens ‘n besoek aan die toneel waar die twee oorledenes aangekeer is. Foto: Mariné Lourens
Maroela Media het vroeër berig die ses beskuldigdes word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.
Die verdediging beweer Tjixa en Jubeba was dié dag deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen sr. se plaas, Biesiesbult. Van der Westhuizen sr. is deur die loop van die verhoor (aan onverwante oorsake) oorlede.
Die opspraakwekkende verhoor het reeds in Mei 2017 begin.
Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Mense ek het net n’ nare gevoel oor die een. Ek hoop my gevoel is verkeerd. Hier is iets nie lekker nie. Kom ons hoop dat geregtigheid geskied.
Die regter klink professioneel en regverdig hoop dit gaan beter as met die twee wat die dief glo van n bakkie gegooi het daai was boendoe hof op sy beste.
Belaglik dat die mans wat net hulle omgewing teen die aanvallers verdedig het nou vir moord aangekla word maar n plaas moordenaar kan moor soos hy wil! Dis nou hoogtyd dat ons begin saam staan
Die lewe is is nou so gevaarlik dat jy geen ander keuse het nie. My vraag is net, wat het hulle daar gesoek en as jy dit net so los dan is die kanse ‘n 100% moontlik dat dit ʼn aanval is wat gaan plaas vind. Ek vra net wat moet mens dan anders doen om jou geliefdes se lewens te red. Moet jy op jou knieë gaan en hom smeek wat hy daar soek? My hart gaan uit na alle Suid Afrikaners wat in die tronk sit net omdat hulle hul families probeer beskerm het. Swartes mag sê wat… Lees meer »
Ek wil nie `n doem profeet wees nie, maar kyk na die Coligny saak, die Doodskis 2, en julle kan maar klaar maak vir `n baie swaar straf.