Parys-boere: Borgtogaansoek hervat met nuwe landdros

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo tydens 'n vorige verskyning in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo tydens ‘n vorige verskyning in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die borgtogaansoek van Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen, twee van die verdagtes wat teregstaan op aanklag van moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is, het Maandag in die plaaslike landdroshof hervat.

Van der Westhuizen en Oosthuizen het reeds verlede week in die hof verskyn, maar die saak is uitgestel nadat landdros Leshnee Pillay haar Vrydag aan die saak onttrek het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig dat die staat ʼn aansoek ingedien het om te versoek dat Pillay haar aan die moordverhoor onttrek omdat hulle glo dat sy nie onpartydig is nie.

Shuping kon nie onmiddellik bevestig wie die nuwe landdros is wat die saak sal aanhoor nie. Jacques Steenkamp van SAUK Nuus het egter berig dat die borgtogaansoek Maandag voor landdros Ronnie Mnguni van Kroonstad hervat het.

Pillay het verlede week die staat geroskam omdat hulle nie redes kon verskaf hoekom hulle meen Van der Westhuizen en Oosthuizen moet op aanklag van ʼn skedule ses-misdaad teregstaan, terwyl hul medebeskuldigdes op aanklag van ʼn skedule vyf-misdaad teregstaan nie. Die staat het ook die twee beskuldigdes se borgtogaansoek teengestaan, hoewel hul medebeskuldigdes vroeër op borgtog vrygelaat is.

Kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun Johan Cilliers jr., is ook in hegtenis geneem in verband met die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Hulle is in Februarie op borgtog vrygelaat.

Van der Westhuizen is egter weer op 4 Maart in hegtenis geneem op aanklag van intimidasie en die verbreking van sy borgtogvoorwaardes. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Van der Westhuizen het glo lede van die ondersoekspan gebel en hulle gedreig en geïntimideer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Saartjie ·

Eish nou is daar n nuwe regter met dieselfde vel kleur as 99% van die staats verteenwoordigers. Hoe regverdig kan dit nou wees???

p ·

as ek die beskuldiges is spite ek die lot en kry n swart prokureer.

m ·

Dis so flippen belaglik. Hoe objektief word daar nou na die saak gekyk en die landdros is seker voorgese wat om hier te doen. As hierdie darem nou nie openlike rassisme gaan raak nie dan weet ek darem nie so lekker nie. Dis so ooglopend wat die uitspraak hier gaan wees jy hoef nie eers met regsgeleerdheid te sit om dit te weet nie.

François ·

Saartjie, dis ‘n landdros(magistraat), nie ‘n regter nie. Nou hoe gaan dit nou so gaan? Dis wit beskuldigdes wat 1ste voor landdros Pillay, by name ‘n Indiër dame, verskyn het. Nou word hulle verder deur ‘n swart landdros verhoor. Hoe regverdig is dit nou?! Landdros Pillay het van die begin af nie die polisie & staat se twak gevat nie! Nou kan die beskuldigdes ook mos kapsie maak. Staat is nie seker van hulle saak nie & hou nie daarvan dat op hulle tone getrap word nie!

Jan maak n Plan ·

Toe ek die eerste keer hoor dat die staat vir landdros Pillay gaan skuif toe ruik ek iets wat vrot. Nou ruik ek ‘n verstopte riool aanleg. Hierdie ouens gaan braai want die staat gaan iemand aanstel wat na hulle pype gaan dans.

Manie ·

Waarom so kleur beheb. As hulle onskuldig is dan het hulle mos niks om te vrees nie.

Ben Spreeth ·

Manie, jy bedoel seker die persone wat Pillay afgehaal en n swart landdros opgesit het is kleurbehep. As hulle onskuldig is het hulle niks te vrees mits die landdros regverdig gaan wees. Ons moet nog die rede sien wanneer die saak voorkom.

Dee ·

Manie, jy klink so asof jy meen daar is tog wigte en teenwigte wat in hul guns sal tel.

Michael ·

Die landdros kan nie maak wat hy wil nie die Oscar saak is ‘n goeie voorbeeld hiervan ,die boere gaan niks oorkom die staat gryp na grashalms hulle het nie ‘n goeie saak

Dee ·

As jy sou reg wees, sou hulle nie landros Pillay kon vervang het met ‘n swart landros sonder dat die staat redes verskaf het op haar vraag rakende verskillende aanklagte, nie. Daardie deel van die opset verduidelik dat die staat wel maak soos hulle wil want die afleiding is dat die landros vervang is omdat hulle nie Pillay se vrae kon antwoord nie.

Loeis ·

TEORETIES behoort enige landdros of regter die simbool van die regstelsel: die vrou met die blinddoek, swaart en weegskaal te verteenwoordig, dws blinde geregtigheid. TEORETIES behoort die landdros of regter se eie waardes geen rol hoegenaamd te speel in enige uitspraak nie, net die feite wat voor die hof gebring word, en natuurlik die wet.

Ons bly egter in Suid-Afrika, en soos ‘n ander leser opgemerk het, ruik mens sterk riool wanneer die staat versoek dat die landdros haar moet onttrek. Die saak het reeds ‘n sterk politieke kleur en ons kan verwag dat wie okal gaan verloor, gaan appeleer. Dit mag natuurlik weer tot ‘n heeltemaal ander uitspraak lei. Kom ons hou die saak dop.

Sarel Strydom ·

Die NVG is deesdae nie meer daar om doe bevolking te beskerm nie maar werk vir die ANC.

Veritas ·

Ek hoop van harte die boere word almal onskuldig bevind aan moord. Hulle behoort aangekla te word vir onnoselheid want om iemand, voor getuies en sonder bewyse, só aan te rand dat hy doodgaan, is alles behalwe slim. Ek verstaan baie goed wat hulle gemoedstoestand moes wees want boere word oral deur misdadigers geteiken, aangerand en vermoor en hulle het genoeg gehad. Selfs al is jy hoé kwaad moet jy darem aan die gevolge van jou dade dink.

Thea Gerber ·

Vier mense wreedaardig doodgeslaan by Rodora. Ek sien geensins dat die Valke dit ondersoek nie. Maw. die dood van twee rowers is meer belangrik as die dood van vier( onder hulle n 9 jarige dogtertjie) blankes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.