Parys-boere dan verhoor

Die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die ses beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak word in Mei volgende jaar verhoor.

Boeta van der Westhuizen (46), Cor Loggenberg (18), Loedie van der Westhuizen (18), Miela Janse van Vuuren (22), kapt. Henk Prinsloo (46) en Anton Loggenberg (49) staan tereg op ʼn aanklag van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Hulle het Vrydag vlugtig in die Parys-landdroshof verskyn, waar dit bekend gemaak is hul verhoor sal van 2 tot 26 Mei in die landdroshof plaasvind. Al die verdagtes is vroeër op borgtog vrygelaat.

Die staat het vroeër aanklagte teen Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wicus van der Westhuizen (19) teruggetrek. Die aanklagte teen Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., is reeds in April teruggetrek.

Die staat voer aan die beskuldigdes was betrokke by die moord op Tjixa en Jubeba, wat op 6 Januarie vanjaar deur boere van die omgewing op ʼn plaas aangekeer en glo só erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Boere in die gebied het beweer Tjixa en Jubeba was deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen, Boeta se pa, se plaas, maar die oorledenes se familie het dit ontken en gesê Tjixa en Jubeba is tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

snoefie ·

Nog n media sirkus wat holrug gery gaan word om buitelandse simpatie vir die arme lydende swart massas te kry. copy en share asseblief die ” Viv en Charlotte Viviers” storie sodat (wit( buitelanders kan sien wat die ondkuldige swart mense aan blankes doen omdat hulle kan. hulle kan dit altyd later n loondispuut maak.

Santjie stoof ·

Boere ons wil jul vlaggie laat wapper.
Ons gebede gan met julle.

Semanet ·

Sover ek verstaan was daar mos menige boere daar gewees wat kan getuig dat hulle nie hierdie mans dit gesien doen het nie ???

Grassie ·

S – ek dink van daardie boere het gedraai. Jy weet tog hoe is ons ou volkie.

Isabel ·

Ai tog. Hierdie mense sal nooit ‘n regverdige verhoor kry nie! Natuurlik was daar rugstekers maar die ergste is al die ‘getuies’ wat nou skielik gaan opduik. Al wat ek se is: Vader genoeg is genoeg. Ons is versadig van vernedering, om vermoor en besteel te word, ons werk, plase, ens ens te verloor. Hoor ons hulpgeroep en neem wraak. In Jesus Naam. Amen.

JM ·

Mag reg en geregtigheid geskied en die volle waarheid uitkom. Mag leuns openbaar word en waarheid seevier. Mag die saak ten goede meewerk. Mag menswaardigheid seevier.

Swanna ·

Maroela hoekom hoor ons nooit van die plaasmoorde se hof sakke nie en ook wanneer die moordenaars aangekeer is nie. Hoor net van die moord wat gepleeg is daarna is alles doodstil. Geen opvolgop of hulle ooit die moordenaars gevang het en die hofsake. Hierdie is presies die geval van die doodskis storie. Almal braak maar daar is nog geen opvolg gedoen oor die moetief van hulle aksie. Ek glo daar was ‘n rede vir hul optrede.

Sune van Heerden ·

Dagsê Swanna

Maroela Media berig wel omvattend oor hofsake ná plaasmoorde sodra die inligting aan ons bekend is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.