Parys-boere: Hof hoor oor oorledene se beserings

Die beskuldigdes in die Parys-landdroshof tydens ‘n vorige verskyning (4 Mei 2017) Foto: Maroela Media

ʼn Dokter het Dinsdag in die hooggeregshof in Parys tydens die opspraakwekkende moordverhoor van ses mans van die distrik getuig oor die beserings van een van die oorledenes toe sy hom in ʼn hospitaal in Bloemfontein behandel het.

OFM berig dr. Dalenie de Bruyn het getuig sy het die dag van 7 Januarie 2016 vir Simon Jubeba in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein behandel. Volgens De Bruyn was Jubeba kritiek met sy aankoms by die hospitaal en sy beserings van so ʼn aard dat daar baie min was wat gedoen kon word om sy lewe te red.

De Bruyn het getuig daar was erge swelling op Jubeba se brein, dermate dat die voue op sy brein nie meer sigbaar was nie en die brein glad vertoon het. Sy het getuig ʼn skanderingsverslag het getoon dat Jubeba weens sy erge kopbeserings ʼn beroerte gehad het.

Volgens OFM is De Bruyn uitgevra oor die toediening van twee soorte medikasie wat aan Jubeba in die staatshospitaal in Parys gegee is om hom te stabiliseer, maar ʼn pasiënt se asemhaling en breinsuurstofvlakke kan beïnvloed. De Bruyn het getuig hoewel daar beter medikasie op die mark is as die spesifieke twee soorte wat gebruik is om Jubeba te behandel, is daar dikwels net beperkte soorte medikasie by staatshospitale beskikbaar. De Bruyn het gesê om die medikasie aan Jubeba te gee sou beter wees as om dit glad nie te gee nie.

De Bruyn het net soos vorige getuies bevestig dat Jubeba weens breinbeserings gesterf het.

Anton Loggenberg (50), Cor Loggenberg (20), Boeta van der Westhuizen (46), kapt. Henk Prinsloo (47), Loedie van der Westhuizen (19) en Miela Janse van Vuuren (23) word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Jubeba. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere in die gemeenskap wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Albei mans is ná die beweerde aanranding in die staatshospitaal in Parys opgeneem. Tjixa het by hierdie hospitaal gesterf en Jubeba is die volgende dag na die hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas waar hy ook aan sy beserings beswyk het.

Die beskuldigdes beweer Tjixa en Jubeba was twee aanvallers wat Loedie van der Westhuizen sr., Boeta se pa, op sy plaas Biesiesbult aangeval het.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

*Inligting met vergunning van OFM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Yankee ·

Parys-boere, bylmoord, poppie!! Ja wat, kleur is ook maar nie eensydig nie, of hoe?

Bekommerd ·

Dis vir my opvallend dat hierdie sake so in detail deurgegee word en die howe so deuglik en lank uitgerekte sake hou in vergelyking met sake waar boere brutally opgesny en verkrag word en ons hoor nooit ooit weer dat die howe dit so deuglik ondersoek nie. Wonder maar net.

stella ·

Indien hul aangeval is, moes hulle wag dat hulle eerste doodgemaak word? Catch 22

Chris Ws ·

Die howe/regters pas openlik dubbele standaarde toe.Die beste is BLY UIT DIE HOF UIT.

Reti ·

Die staat beweer die boere was deel van groep…. is hulle nou enigstes in die groep? Ag nee wat ‘Staat’ maak m SIEK.

Colin ·

En hulle vat hulle nogal hospitaal toe, jy maak nie jouself bekend nie. Leer by die aanvalles

Herman ·

Hoekom verdedig so baie van julle die mense? As hulle skuldig bevind word moet hul gestraf word. Hulle is niks beter as die plaas aanvallers nie.

Anoniem ·

Want die HULLE wat verdedig word is ons Volk en die ander is niks van ons nie en sal ook nooit ooit my mense wees nie……

dries du toit ·

op n ander punt.Dawerende stilte heers oor die media spektrum oor die lot van die doodkis veroordeeldes. Mos per ongeluk deur die “powers that be”na die afdeling vir geharde misdadegers in tronk gestuur. Vandag le hulle in n hospitaal,stukkend geskop en geslaan. Maar nie n woord van nasionale media nie. Of lieg die Middelburg Observer. EK WONDER NET

Ampie ·

Maroela Media, kan julle dalk hierdie storie bevestig? Sulke “foute” is net nog ‘n bewys van die diskriminasie teen blankes.

Ella Jansen van Vuuren ·

Ja ne en as die 2 `n bejaarde in die township aangeval het en die Mobjustice het plaasgevind sou daar niks van gekom het nie. Miskien is dit beter om iemand te necklace want dan word mens nie vervolg nie…..mmm oh ja dit was n ras moord ai die lieflike land van ons!

Callie ·

Ou Herman, ashulle my familie aangeval het sou hulle dit ook nie gemaak het nie. Julle wat altyd eerste op die wa spring teen die boere maak my siek. Mense begin so reageer omdat hulle hulpeloos is en daar nie meer geregtigheid is nie. Die plaas aanvallers het geen simpatie van my nie. Het hulle nie die onskuldige plaasmense aangeval nie was die mense nie nou in die hof nie. Skielik het die rowers regte maar die wat opgestaan het is in die hof. Dit is siek

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het op ‘n plaas grootgewod met baie goeie samehorigheid tussen ons en die werkers, maar ek weet ook hoe radeloos boere raak met wat aan hul uitgedeel word. Die boer staan vandag met sy rug teen die muur want beskerm hy nie sy eiendom nie verloor hy dit. Beskerm hy dit vir sy eie oorlewing beland hy in die tronk. Genade vir ons boere asseblief.

Marga ·

Dis aaklig om te weet drie van daardie manne het gesinne by die huis wat nou sonder hulle moet aangaan as gevolg van die feit dat hulle bedreig gevoel en paraat opgetree het omdat hierdie aanvallers hulle eiendom betree het. Die regstelsel betoon geen “detail” aan plaasmoorde wat gebeur nie maar omdat hierdie vier opgestaan het en geveg het wat hulle sin is, word hulle beoordeel. Jammer vir julle manne en jul gesinne. Ek bid vir julle.

Francois le Cochon ·

Nee Magda, jy het dit verkeerd. Hierdie boere het wel paraat opgetree om die aanvallers te vang/in hegtenis geneem. Maar in plaas daarvan om die aanvallers toe na die Polisie te neem, het hulle toe eerder besluit om hulle dood te slaan. Die rede hoekom die drie gesinne nou sonder die mans moet “aangaan”, is dus omdat die mans moord gepleeg het, en nie omrede hulle paraat opgetree het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.