Parys-boere: Hof hoor oor oorledenes se beserings

Van links is Cor Loggenberg (20), Loedie van der Westhuizen (19) en Miela Janse van Vuuren (23). Foto: Mariné Lourens

Die verhoor van die ses mans van Parys wat aangekla word van die moord op twee beweerde plaasaanvallers is Vrydag in die hooggeregshof voortgesit.

Boeta van der Westhuizen (46), sy seun Loedie van der Westhuizen (19), Anton Loggenberg (50), sy seun Cor Loggenberg (20), Miela Janse van Vuuren (23) en kapt. Henk Prinsloo (47) staan tereg op twee aanklagte van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Boeta en Loedie word ook op ʼn derde aanklag van regsverydeling aangekla.

Die verrigtinge het Vrydag begin met die staat wat hul tweede getuie, Lina Maronsela, ʼn werker van die Vrystaatse nooddienste, geroep het. Maronsela het getuig sy is opgelei in intermediêre lewensondersteuning.

Volgens Maronsela was sy die aand van 6 Januarie 2016 aan diens toe die beweerde plaasaanval op Loedie van der Westhuizen sr., Boeta se pa, se plaas gebeur het. Maronsela het getuig sy het ʼn oproep van haar bevelvoerder gekry wat aan haar gesê het om na ʼn toneel te gaan waar twee mans na bewering aangerand en moontlik deur honde gebyt is.

Sy het getuig ʼn ambulans is reeds vroeër na die toneel gestuur en sy het in ʼn reaksievoertuig na die toneel gery. Volgens Maronsela het sy die ambulans en ʼn polisiewa langs die pad gekry. Een van die beseerdes was reeds in die ambulans terwyl die bestuurder en bemanningslid in die ambulans besig was om die tweede beseerde vanaf die polisiewa in die ambulans te laai.

Maronsela het getuig een van die beseerdes het ʼn snywond agter sy kop gehad wat baie gebloei het. Die persoon het ook bloed in sy mond gehad wat sy meen inwendige bloeding was. Die tweede persoon het ʼn snywond aan sy ken gehad. Maronsela het getuig albei beseerdes het kneusplekke aan hul bors en swelling aan hul gesigte gehad.

Terwyl Maronsela die mans se beserings beskryf het, het Ruth Qokotho, Tjixa se ma, uit die hof gestap.

Kobus Burger vir die verdediging het Maronsela tydens kruisondervraging uitgevra oor die twee mans se beserings en het haar onder meer gevra om met haar hand te wys hoe lank die beseerdes se snywonde was. Hy het haar gevra of sy enigiets gedoen het om die bloeding van die snywond aan een van die mans se kop stop te sit. Sy het geantwoord sy het gaas en verbande gebruik om die bloeding te probeer stopsit.

Boeta van der Westhuizen (46) en Anton Loggenberg (50). Foto: Mariné Louren

Maronsela het gesê sy het ʼn drup op albei beseerdes geplaas en saam met hulle agter in die ambulans gery om hul toestand te monitor op pad na die hospitaal. Adv. Jabulani Mlotshwa, vir die staat, het Maronsela gevra of die mans enige inwendige beserings gehad het. Sy het geantwoord sy weet nie omdat sy net hul uitwendige beserings kon sien. Burger het gevra of sy in die beseerdes se oë gekyk het of daar enige reaksie was. Sy het geantwoord dat een van die mans se oë reageer het, terwyl net een van die ander beseerde se oë reageer het.

Ao. Joseph Hunter, ʼn lid van die Parys-speurtak, is ook deur die staat as getuie geroep. Hy het getuig hy is die aand van 6 Januarie 2016 na die plaas Biesiesbult ontbied omdat daar na bewering ʼn plaasaanval was. Hy het verduidelik hy het ʼn lang tyd op die toneel bestee, voordat hy saam met nog ʼn polisiebeampte na die hospitaal in Parys is om die verdagtes van die beweerde plaasaanval te sien wat op die plaas Swartklip aangekeer is.

Hunter het getuig hy het lank vir die ambulans gewag om met die twee verdagtes by die hospitaal aan te kom. Volgens Hunter was albei verdagtes oënskynlik bewusteloos, maar kon hy aan een van die verdagtes nie ooglopende beserings sien nie. Hy het gesê die tweede verdagte, wat ʼn rooi hemp aangehad het, se kop was geswel en daar was bloed aan sy gesig.

Volgens Hunter het ʼn dokter die twee verdagtes gestabiliseer en hulle klere van hulle afgesny. Hunter het die klere in plastieksakke geplaas en saamgeneem as moontlike bewysstukke. Hy het getuig die klere was nat, vermoedelik van water, en daar was ook bloed aan een van die verdagtes se klere.

Hunter het ook getuig hy het op die verdagtes se liggame gekyk of hy enige bytmerke kon waarneem, omdat hy ʼn bewering gehoor het dat die verdagtes moontlik deur honde aangeval is. Hy het gesê hy kon geen bytmerke aan die verdagtes se liggame sien nie, maar het wel drie rooi hale oor een van die verdagtes se bors gesien.

Hunter het gesê hy is die volgende oggend omstreeks 08:00 ingelig dat een van die verdagtes oorlede is, en omstreeks 09:00 dat die tweede verdagte, wat na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas is, ook oorlede is.

Hy het gesê hy is later die oggend na die toneel op Swartklip waar die verdagtes aangekeer is. Daar het hy ʼn sakkie dagga en ʼn pakkie sigarette, wat platgetrap is, op die grond opgemerk.

Volgens Hunter het hy vanaf hierdie toneel in die rigting van Biesiesbult gestap om te kyk of hy ʼn vuurwapen êrens in die veld kon sien. Daar is beweer dat die verdagtes ʼn vuurwapen by hulle gehad het, maar daarvan ontslae geraak het voordat hulle aangekeer is. Hunter het getuig hy kon nie ʼn vuurwapen in die veld opspoor nie.

Hy het gesê daar is twee dossiere deur die polisie oopgemaak, een van ʼn plaasaanval en een van moord. Volgens Hunter is hierdie dossiere egter die dag ná die gebeure aan die Valke oorhandig en het hy dus nie verder die sake ondersoek nie.

Die hof is na Maandagoggend verdaag wanneer Hunter kruisondervra sal word. Die verhoor is tot 26 Mei op die hofrol geplaas.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Blom ·

Waarom publiseer die koerante nie ook die boere en hulle geliefdes wat vermoor word se beserings ook so in detail nie? Maak mens sommer hartseer….. :-(

dom ·

perfekte voorbeeld van die rassisme wat aan die gang is en nie deur wit mense nie ….
news.searchsa.co.za/incidents/road/racism-kfc-drive-thru.html

m ·

Stem saam jou Blom. As dit by hulle kom moet alles altyd in detail genoem word. Om van siek te word.

gunther ·

So as mens nou jouself verdexig op plaasaanval is jy nog steeds skuldig wat van bietjie besketming vir die mense wat sorg dat daar kos is om te eet

Tjert ·

Jinne mense…wat ‘n vraag. Die antwoord is mos baie eenvoudig en selfverduidelikkend… Dit gaan mos nou oor die vuilvadoekkoerante se propaganda, politieke spel. Die boere is wit!

wicus ·

“3 ROOI HALE OP N OORLEDENE SE BOLYF ‘” WONDER MAAR NET

Amanda du Plessis ·

Die aanvallers het uitgegaan om nog n plaasmoord te pleeg, maar oooo wee, laat die bordtjies nou verhang word dan is die hel los. Jammer Mnr. aanvaller, as ek moet kies tussen my of jou lewe is dit myne!!!

H... ·

Hoe anders moet die boere dan reageer met oortreders op hul grond deesdae? Elke dag word boere en hul geliefdes wreed vermoor op hul plase. ‘n Mens is bang in jou eie huis, jy sit agter slot en grendel van die oomblik dat jy in jou huis instap totdat jy daar uitstap net omdat jy vrees vir jou lewe.

Hoekom is die oortreders en kriminele altyd die arme “victims” as ‘n mens terug baklei?

Dankie dom ·

dom- Dankie vd link !! Dit is skokkend om te sien hoe twee jong dames so aangevatcen beledig word!!! Waar is die sekuriteit?? Waar is ander landsburgers(wat liewer toeter druk?) genade waar is KFC se personeel??? Was dit nou die spur was daai twee dames sejer ook nou verban…?! Wonder maar net!!

Johan ·

Ag nee hulle het seker maat kom vra of hulle nie daar kan oornag nie. My siening is. As jy nie op n plek bly of werk nie hoekom so laat in die aand daar is. Wat wil jy daar maak. Hulle rede loon kom haal. Dit n klom snert nou is hulle wat mense op die onredelikste maniere dood maak en vermink die wat geen fout het nie. Waar kom die getuies nou vandaan en hulle is nou so kwaai aangerand. Hoe lyk die ou mense wat aangerand word met ysters gebrand. Word herhaldelik verkrag geskiet. Maar daar word net niks van dit gese nie.

Ben Parsons ·

Hulle kan bly wees (die aanvallers) hulle was nie op my plaas nie. Hulle sou elkeen net een kolletjie gehad het.

Jenny ·

Nou is di aanvaller di victim! Wat doek jy ini middel van di nag op n ander persoon se eiendom!!? Moeilik niks anders. Maak hulle di boer dood verkrag vroue dan is dt niks nou baklei di boere trug nou word dt moord. Was di bordjies nou verhang ,ht hy weggestap mt n R100 bail en is dt n plaas aanval. Of di polisie vind hulle net nooit! Hoe ht di mense soo dubbele standaarde.

Cherokee ·

Jy sal jou sleutelbord moet skoonmaak. Die ‘e’ werk nie meer nie en nou skryf jy onduidelik.

Ang ·

Vandag delete ek Maroela Media van my FB af… Julle is regtig besig om enige hoop vir ons land in die grond te smeer, hiers nooit maar nooit n positiewe ding wat julle post nie. Ekt nie n idee wie en wat julle is nie, selle met die Spur storie… Julle is besig om die wit mense en swart mense teen mekaar op te vryf en ek kan dit nie meer vat nie. Totsiens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.