Parys-boere se lot vandag bekend…

Van links: Anton Loggenberg, Boeta van der Westhuizen, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen jr. en Miela Jansen van Vuuren. (Foto: Anja van der Merwe)

Die ses boere in die opspraakwekkende Parys-aanrandingsaak sal na verwagting vandag in die rondgaande hof op die dorp gevonnis word.

Boeta van der Westhuizen (52), sy seun, Loedie van der Westhuizen jr. (23), Anton Loggenberg (55), sy seun, Cor Loggenberg (24), en Miela Jansen van Vuuren (28), Boeta se skoonseun, is verlede jaar skuldig bevind aan aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die aanklagte spruit uit die dood van Samuel Tjixa (35) en Simon Jubeba (29) wat op 6 Januarie 2016 ná ’n plaasaanval deur dié vyf boere aangekeer en só erg aangerand is dat hulle ʼn dag later aan hul beserings beswyk het.

Die staat wil hê die boere moet tronkstraf uitdien, maar die verdediging voer aan die boere is nie “tronkmateriaal” nie.

Regter Corné van Zyl het Donderdag in die hof gesê die vonnis gaan nie ’n maklike besluit wees nie omdat sy talle faktore in aanmerking moet neem voordat sy oor die boere se lot besluit.

Die vyf beskuldigdes se verhoor het reeds in Mei 2017 begin en is sedertdien talle kere uitgestel.

Hulle is aanvanklik op aanklagte van moord aangekla, maar is toe op aanklagte van aanranding skuldig bevind.

Volgens Petro Prinsloo, ’n maatskaplike werker van die departement van korrektiewe dienste, se voorvonnisverslag en die beskuldigdes se regsverteenwoordigers se betoë hoort die vyf mans nie in die tronk nie.

Prinsloo het na aanleiding van haar verslag opgeskorte vonnisse en korrektiewe toesig vir die beskuldigdes as straf aanbeveel en die regsverteenwoordigers het dit beaam.

Staatsaanklaer Jabulani Mlotshwa het egter namens die staat aangevoer dat dit ʼn té ligte straf is. Hy het gesê as die aard en erns van die misdryf in aanmerking geneem word, sal die beskuldigdes direkte tronkstraf van tussen twee en vyf jaar moet kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

koos10 ·

Plaas beywer die staat homself om ‘n gevonnisde oortreder, wat geweier het om te getuig, terug in die tronk te kry, nadat hy net 2 maande se “straf” uitgedien het!
Hierdie is boere. Hulle voorsien werk en kos aan ons land.
Watter bydrae bied die een wat vry gelaat is?

Nina ·

“sal die beskuldigdes direkte tronkstraf van tussen twee en vyf jaar moet kry. ” Ek sien 2-5 Jaar wat daar minder kos op die rake kan wees. Boere in ons land word link en regs aangeval op hul plase! en dan mag hulle niks doen daaraan nie en die gereg is altyd in die aanvaller se kant. Nou dat ‘n groep boere saam gestaan het nou moet hulle tronk straf kry vir WAT omdat hulle hulle eie lewens en die van vrouens en kinders wou beskerm? As dit nou ‘n plaasaanvaller was dan was die saak al uitgegooi en die aanvaller/s was weer op vrye voet.

Kom by asb die gereg is altyd aan die misdadiger se kant, nie aan die persoon / persone wat selfverdeding toepas se kant nie.

Ek persoonlik voel hulle het uit verdediging opgetree! “ná ’n plaasaanval”

Dis net my 5c

Denise ·

MY vraag is wanneer gaan genoeg genoeg wees, hoekom mag hul hulself nie verdedig nie?? moet hul wat werk skep net stil staan en VERMOOR en UITGEWIS word en dan kom daarvan niks, nee ek glo hulle het die reg om hulself teverdedig..
Dis STAAT moet BYKOM

Elinette ·

Vyf jaar tronkstraf, opgeskort vir 5 jaar sal voldoende wees. Ek glo nie dié boere het die oorledenes dik getik nadat hulle eers ‘n lekker koppie tee of boere-troos op die stoep sit en drink het nie. Maar …. “mark my words” … van hierdie boere gaan daar ‘n VOORBEELD gemaak word, nes die Doodskis2 en Coligny-boere, want die hedendaagse geslag boere (lees: blanke mense) moet mos gestraf word omdat die inboorlinge se grond ‘afgeneem’ is en hulle vir jare teen Apartheid moes ‘struggle’. Hulle vergeet net een ding – as die blanke boer nie meer daar is nie, verval daai plaas, verloor baie mense hul huis, haard en werk en is voedselskaarste (hongersnood) ons voorland ……….

ES ·

Ek voel vir hierdie mans en die hel waardeer hulle moet gaan. Ongelukkig het hulle die misdadiger aangerand en dit het sy dood veroorsaak. Die regter moet onpartydig bly en kyk na die feite en getuienis voor haar. Ongelukkig gaan hulle ‘n straf moet kry, lig of nie. Dit is hoe ons regstelsel werk en dit is die feit van die saak, afgesien van ons persoonlike menings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.