Parys-boere: Hy getuig van ‘sinnelose bravade’

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Maroela Media.

Waarskuwing: Die inhoud van die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

“U Edele, hierdie was nie ʼn teepartytjie nie. Daar was aksie gewees. Daar is hard gepraat, dit het vinnig en hard gebeur.”

Só het Ockert van Zyl, ʼn boer uit die Parys-gemeenskap, Woensdag getuig tydens die verhoor van ses mans wat tereg staan vir die moord op twee vermeende plaasaanvallers.

Boeta van der Westhuizen (46), sy seun Loedie van der Westhuizen (19), Anton Loggenberg (50), sy seun Cor Loggenberg (20), Miela Janse van Vuuren (23) en kapt. Henk Prinsloo (47) staan tereg op twee aanklagte van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Boeta en Loedie word ook op ʼn derde aanklag van regsverydeling aangekla.

Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep mans wat Tjixa en Jubeba op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip, net buite Parys, aangekeer en so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die ses beskuldigdes het skuld op al die aanklagte teen hulle ontken. Die verdediging voer aan Tjixa en Jubeba het daardie dag vir Loedie van der Westhuizen sr., Boeta se pa, op sy plaas Biesiesbult aangeval en aangerand.

Die staat het Van Zyl Woensdag na die getuiebank geroep. Van Zyl het getuig hy boer saam met Anton en was die middag van 6 Januarie 2016 saam met hom op ʼn plaas tussen Parys en Koppies waar hy en Anton beeste aanhou.

Boeta van der Westhuizen (46) en Anton Loggenberg (50). Foto: Mariné Lourens

Volgens Van Zyl is Anton omstreeks 17:00 die middag by dié plaas weg. Van Zyl het kort daarna ʼn oproep gekry van iemand wat hom meegedeel het dat daar ʼn plaasaanval op Van der Westhuizen sr. se plaas was. Van Zyl sê hy het Anton gebel om te vra of hy daarvan weet, maar hy het nog nie kennis gedra van die beweerde plaasaanval nie.

Ongeveer ʼn halfuur later het hy en Anton weer telefonies gepraat en Anton het hom gevra om diesel te bring omdat sy bakkie se brandstoftenk byna leeg was. Anton het hom verduidelik hoe om by die toneel te kom waar hulle was.

Volgens Van Zyl het hy ongeveer agt tot tien voertuie op die toneel gesien toe hy daar kom. Hy het twee beseerde swart mans gesien wat agterop Anton se bakkie gelê het. Volgens Van Zyl was Boeta en Prinsloo ook op die toneel. Hy het gesê hy is voorheen aan Boeta voorgestel en het geweet wie hy is, maar sê hy het nie vir Prinsloo geken nie. Hy het gesê hy het geweet Prinsloo is ʼn polisiebeampte omdat hy ʼn polisieuniform aangehad het.

Volgens Van Zyl was Cor ook op die toneel, maar was hy “net in die agtergrond” en het hy nie deelgeneem aan enige van die gebeure nie. Van Zyl het gesê hy het nie vir Loedie of vir Van Vuuren op die toneel gesien nie.

Van Zyl het in die hof getuig Boeta het een van die beseerde mans met ʼn rubberband geslaan wat vir hom soos ʼn waaierband gelyk het. Hy het getuig Boeta het aanhoudend die beseerde man gevra waar is die rewolwer.

Hy het gesê met sy aankoms op die toneel het Anton agterop sy [Van Zyl] bakkie gaan sit met sy rug na waar die twee beseerde mans gelê het. Van Zyl het op ʼn vraag van die staat gesê Anton het nie enigiemand aangerand nie.

Die beskuldigdes, hul regspanne en die regter op die toneel. Foto: Mariné Lourens

Van Zyl het verder getuig Prinsloo het dieselfde man as wat Boeta aangerand het met ʼn tipe skokstok “op sy privaatdele” geskok. Hy het gesê die man se broek was afgetrek en sy onderbroek was sigbaar. Van Zyl beweer Prinsloo het later ook ʼn waterbottel gevat en water in die beseerde man se mond gespuit, vermoedelik om hom by te bring. Van Zyl het gesê terwyl die aanranding gebeur het, “het daar bloed gespat” en hy het weggestaan van die voertuig af omdat hy nie wou hê die bloed moet op hom spat nie.

Van Zyl het gesê die beseerde man het geen reaksie getoon of enige iets gedoen om die houe te probeer keer nie. Hy het gesê die man het roggelgeluide gemaak en hy het aangeneem die man is bewusteloos. Hy het gesê die ander beseerde het agterop die bakkie teen die kajuit gesit-lê. Hy het gesê hy het gedink hierdie man is dood, omdat hy “geen lewe in hom kon sien nie”.

Volgens Van Zyl het hy nie gesien dat enigiemand die tweede beseerde, wat teen die kajuit gelê het, aanrand nie. Hy het gesê Prinsloo en Boeta het nie mekaar probeer keer om die beseerde te slaan of te skok nie. Die staatsaanklaer wou ook weet of die skokstok wat Prinsloo na bewering gebruik het, in ʼn werkende toestand was. Van Zyl het gesê hy neem aan dit het gewerk, want die skokstok is glo in ʼn stadium op Boeta se arm “getoets”.

Van Zyl het weer in sy getuienis herhaal dat daar “aksie” op die toneel was. “Dit was wild gewees. Soos twee honde op ʼn haas, hulle het inligting gesoek,” het hy gesê. Van Zyl het getuig Anton het later die aand vir hom twee foto’s van die beseerde mans gestuur waar hulle agterop die bakkie lê.

Van Zyl het getuig hy is die volgende oggend deur Anton ingelig dat een van die beseerde mans gesterf het. Van Zyl is daarna na ʼn motorwasplek op die dorp waar hy sy voertuig laat was het. Hy het in die hof gesê hy het aan die persoon by die motorwas gesê sy moet sorg dat die voertuig ordentlik skoongemaak word en hy het vir die persoon die foto’s van die twee beseerde mans gewys. “Ek het ook gesê dat ons die vorige die aand twee k*****s doodgeslaan het,” het hy gesê.

Van links is Cor Loggenberg (20), Loedie van der Westhuizen (19) en Miela Janse van Vuuren (23). Foto: Mariné Lourens

Hy het later in sy getuienis hierdie uitlatings as “sinnelose bravade” beskryf en gesê hy weet nie hoekom hy dit gesê het nie. Adv. Jabulani Molotswa vir die staat wou weet of hy ook iemand die aand van 6 Januarie aangerand het. Van Zyl het dit ontken. “Ek weet nie hoekom ek dit gesê het nie. Dit was sinnelose bravade. Seker net om deel te wees van ʼn groep of belangrik te wees of wat ook al die geval mag wees,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het vanaf die motorwasplek na die Spur gestap waar hy saam met Anton en Anton se broer geëet het. Van Zyl het getuig daar is toe besluit om die foto’s van die beseerde mans van hul selfone te verwyder. Regter Corné van Zyl het hom gevra of daar ʼn rede gegee is hoekom die foto’s uitgevee moet word en Van Zyl het “nee” gesê.

Molotswa het twee foto’s van die beseerde mans aan Van Zyl gewys wat hy herken het as die twee foto’s wat aan hom gestuur is. Hy het aan die hof gesê die polisie het later op sy selfoon beslag gelê nadat hy reeds die twee foto’s van die foon verwyder het.

Adv. Hans de Bruin vir die verdediging het versoek dat Van Zyl se kruisondervraging na Donderdagoggend oorstaan sodat hy kans kan kry om daarvoor voor te berei. Regter Van Zyl het ingestem dat die kruisondervraging oorstaan en daar is ooreengekom dat die staat se volgende getuie intussen geroep sal word.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

MissDemeanor ·

Hierdie mense verdien geen lojaliteit nie. Ek sal nie lojaal teenoor hul wees nie. Beskaafde mense volg sekere reels. En een van daardie reels is om nie ander mense te martel en te vermoor nie. Hul moes die rowers vang, die polisie bel, en hul uitlos. Watter soort mems is gemaklik daarmee om iemand anders met n waaierband te slaan of op die private dele te skok. Mens doen dit net as jy siek in die kop is. Jy kan maar lojaal wees aan hulle. Ek sal eerder lojaal wees aan mense wat hul beskaafd gedra.

Jakalas ·

MissD en Vic. Ek het simpatie met dié mans. As mens in dieselfde vrees moet lewe soos wat hierdie mans moet lewe elke dag, sal mens verstaan as hulle keelvol is vir hierdie plaasaanvalle. Wat sou julle gedoen het as julle geliefdes beseer word deur iemand? Verseker nie met julle hande agter julle rug staan nie. Boeta se pa kon dood gewees het so hulle woede is verstaanbaar. In teen deel sou die rowers lig vir die aanval gestraf gewees het. Daar is nie geregtigheid in hierdie land nie. Julle behoort dit teen dié tyd te weet.

Adam ·

Ek het woorde. Skandalig!! So sit die wie veronderstel is om die seders in die samelewing te wees soos eendjies in ‘n ry.

Elna Kupke ·

As sulke kommentaar oor die moord op blankes onder swartes voorgekom het, was dit nou glad nie so ‘n groot “issue” nie!!

Jakalas ·

Dit is sommer bladsy 3 nuus deesdae. Dit gebeur so baie, mense sweer dit is al part van ons samelewing. Dis net onaanvaarbaar.

Tanya ·

Daar is baie mense wat daagliks wreder sterf as hierdie twee. Daar word nie so groot bohaai daaroor gemaak nie. Al teken dat dit gebeur is die wit kruisies wat meer word. Gemeenskappe pas “jungle justice” toe op mense wat hulle betrap en nooit sal ‘n haan daaroor kraai nie. Hulle staan saam. Een ding wat my wel elke keer opval van hierdie saak is die glimlag op hierdie kind se gesig. Hy of eintlik hulle altwee, Loedie en Miela, sit elke keer met verskriklike groot glimlaggies op hulle gesiggies. Dit toon geen berou en dit gaan hulle nog duur te staan kom. Sterkte, julle het dit nodig.

Ai ·

Wat my opval is dat die Van Zyl man basies erken hys n leunaar want hyt vir die karwasser gese “hulle” (menende hy ook) het die twee geslaan die vorige aand. En nou in die hof se hy basies hy het gejok maar maak dit af as bravade. So hoe kan die hof mos nou die man se getuie as waardig beskou?

Anton ·

…aan almal wat van Zyl veroordeel…twee vrae: Verwag julle hy moet onder-eed lieg…?…en sou jy…? Toemaar ek ken die antwoorde…

Ai ·

Nee glad nie, ek wonder net of hy nou die waarheid praat aangesien hy vir die karwasser gejok het omdat hy “deel wou wees” maar noudat almal in die sop is, distansieer hy homself? Dalk het hy ook n paar houe ingegooi hoor….

san ·

Anton Mnr van Zyl het op die toneel aangekom nadat die 2 beseerdes alreeds op n voertuig was . So ja niemand se mnr Van Zyl moet lieg onder eed. maar sy storie maak nie heeltemal sin. Sy storie is dubbelsinnig en kan jy hierop antwoord? Aangesien jy die antwoorde ken.

Elize ·

Lojaliteit? Moet hy lieg vir die mense wat twee ander doodgeslaan het? Sjoe. Soveel as wat sinnelose plaasmoorde op onskuldige mense my walg en kwaadmaak, walg die besonderhede van die berig my. Ek kan in solidariteit met my mense staan, sonder om wandade te probeer toesmeer. Het die moord op die twee mense enigsins die situasie beter gemaak? Inteendeel, dit word net meer en meer geweldadig elke keer as n witmens daarmee verbind word. Is die moorde op ander boere nou gewreek? Ek haal my hoed af vir die man.

Ai ·

Ek stem saam jou oor wat die klomp aangevang het- dis mos geensins beter as wat die aanvallers self doen nie en dit gaan nie die Boere se veilligheids situasie verbeter nie maar eks nie so seker of die Van Zyl ou betroubaar is nie. Hy self klink maar soos n snaakse karakter as hy met fotos van gemartelde mense rondloop en “brag”.

Vic ·

Chris, integriteit is ook belangrik. Maar nooit voor lojaliteit nie. Oorlewing is die doel, en op die oomblik die enigste doel. Integriteit is n filosofiese konsep, oorlewing nie. Dis nou of nooit. Die ys is baie dun.

Cherokee ·

Nêrens lees ek van enige getuienis wat gelewer is deur Loedie van der Westhuizen snr nie.

Johann cb ·

So kom die waarheid ook uiteindelik uit…
Reg en geregtigheid moet nou sy pad stap…
Dieselfde wet geld vir almal van ons!

Johan v H ·

Ek se nie moord is reg nie, gister aand was daar weer n plaasaanval in die Noord Wes waar n boer dood grskiet is en sy vrou in die Hospitaal. En jul voel jammer vir die twee oorledenes? My vraag is as jy iemand vermoor, hoekom moet jou menseregte beskerm word. Die aanvaller voel niks vir jou menseregte nie… Hoekom moet syne beskerm word? Mense is gou om te oordeel tot jou familie of gesin in n plaasaanval was.

Helene ·

Hoe dit ookal sy: woede is n verpletterende gevoel. Jy wil maak en breek selfs doodmaak maar dit vernietig net die teenoorgestelde – jouself! Ai, hierdie boere is seker ookal so gedaan en selfs op hul senuwees as daar soveel onder hulle gemaai word. Feit bly staan, met soveel kragtige manne om jou kan jy nie die houe afweer nie en die uiteinde is die dood. Oe, did naar dinge hierdie. Ek bid net vir vergiffenis en erbarming vir die betrokkenes. Bewaar julle harte want dit is die plek waar jy gesond moet word.

Lize ·

Sjoe, hierdie is vir my moeilik. Ek glo ek verstaan waar d boere vandaan kom (moeg vir diefstal, moorde ensv) aan die ander kant…niks regverdig moord nie!

LB ·

Boere word gejag en vermoor daagliks. Spanning loop hoog en tydens die aanval wat hierdie gebeure voorafgegaan het was almal sekerlik vol adrenalien en verloor mense kop. Ek sal nooit glo daardie mense sou hulle doelbewus vermoor het nie maar dinge het te vêr gegaan. Daar word gesê dat hulle gevang moes word en die polisie uitgeroep moes word. Dan sou hulle net weer die volgende dag los geloop het, dit is ‘n feit wat ons almal mee saamleef. Daardie magteloosheid en frustrasie van geen geregtigheid laat mense reg in eie hande neem. In baie landelike gebiede kom die polisie nie eers uit nie, soms antwoord hulle nie die telefoon nie. al my simpatie met hierdie situasie.

anton ·

van Zyl se getuienis en hy as n getuie is onbetroubaar in dit wat hy getuig het en moet/gaan verwerp word.
Ek weet van mense wat 100% waarheid gepraat het in die hof, as n getuie en hul getuienis is deur die hof verwerp.

Flintstone ·

Ek praat nie hierdie manne se dade goed nie,maar kan die media asb so getrou die beskuldigdes in die onderskeie boere-moorde se hofsake navolg en rapporteer soos wat hierdie manne se hofsaak kort kort opgehaal word?

Catryn ·

nie een Misdadiger kom vir koek tee of glass wyn nie .. wie is die persone wat meeste uitvermoor word?

en daar is en was meer redes hoekom hierdie boere so inligting gesoek het …

Ek dink Van Zyl is en word omgekoop … hy hou nie by sy eerste liegstorie … as jy lieg moet jy onthou wat jy lieg … en hy gaan nog baie ander weergawes hê

dit kom regtig voor of hy speel met die ander boer wie regtig aangerand was

. die een boer was ook aangerand en daarom die reaksie …

PLUS ….. is daar al bv vasgestel of die twee wat nou dood is nie ook by ander misdaad en moorde betrokke was nie …. ek dink die twee menere was al op die plase betrokke by iets

SP ·

As privaatpersoon het jy net soveel regte,en ek dink die besk’s het dit oorskrei. Dis buite hul bevoegdheid om die wapen te probeer opspoor of om n verdagte daaromtrent te ondervra.

Gawie ·

ek kry daai twee seuns jammer. hulle lewens wat hulle nog moet lei is verby.

wat het geword van n paar klappe, maar om twee mense dood te slaan is barbaars en uiters wreed.

en die stigma omtrent landbouers kry nou net weer krag.

Onderdiearm ·

Sjoe, as ek na die kommentaar van meeste mense kyk besef ek dat ons in yslike moeilikheid is. Geen regdenkende mens kan dit goed of weg praat wat hier gebeur het nie. Moord is moord. Leuns is leuns.

Elsa ·

Ek is verstom oor sommige van die briewe hierbo. Dit is reg as boere swartes vermoor, maar as die skoen aan die ander voet is, dan is almal op die oorlogspad. Mense, julle kan nie die een goedpraat en die ander een verdoem nie. Moord is moord, maak nie saak wat die kleur is nie. En ook – nie alle swartmense is skuldig nie, en die alle witmense is onskuldig nie.

Linda ·

Al wat ek kan sê is sterkte aan al die partye se familie en vriende, dit moet vreeslik senutergend wees om nie presies te weet wat werklik gebeur het nie.

Veritas ·

Hierdie is uit en uit ‘n geval van onbeheersde bravade. Die spannetjie boere het mekaar probeer beïndruk en dinge het handuit geruk. Hulle dade het nou ook nog ‘n polisieman vriend in die sop deurdat hy hulle probeer help het. Nee-wat kêrels, julle het té vêr gegaan en moet maar die gevolge van julle dade dra.

Johannes Meintjes ·

… en die regering moet die groeiende gevolge van onbeheersde misdaad op die hele SA bevolking se psige dra.

Riki ·

Sien die berig hiernaas en besluit dan hoe hierdie boere moes optree. “Boer voor vrou en ma afgemaai”.

Piet ·

Die Afrikaner is die enigste ras ter wereld wat so behep is met die welstand van n ander ras ten koste van homself. Wat dink mense gaan gebeur as daar n plaasaanval is en jy snel die persoon wat aangeval word tehulp? As hierdie manne nie gaan help het nie was die boer nou deel van die statestiek en die wat nou so kla sou nie n woord gerep het nie. Mr Van Zyl hoef nie te lieg nie, hy kon sy swygreg gebruik het. Hulle sou hom dan ook aangekla het al het hy niks gedoen (of gesien) nie. Ek het geswyg en het net een nag in die tronk spandeer. Dit was nie die einde van die wereld nie en my onskuld is bewys. Mr Van Zyl doen wat jy doen uit eerbaarheid en nie omdat jy n papbroek is nie. Dan sal ek aanvaar wat ook al jy besluit.

ice ·

Hoekom word hulle gesigte versprei in die media? Ek sien nooit plaas moordenaars in die nuus nie

Huh ·

Looks like these gentlemen are bullies and manipulative… Yes they were ‘ attacked’ on their property BUT does that mean they are to have a go at the intruders and murder them!!! Catch them…all the cops and have them locked up… But noooo let’s get creative and play a game of titt for tatt… because that’ ‘ how it works’.. SERIOUSLY… If one person changes the ‘ system ‘ the rest might follow!!!!

amanda ·

Maak nie saak watter volk, nasie of taal dit is, slagoffer of aanvaller. Mens gedra jou NIE so nie, dis onbeskaafd. Beskaafdheid het NIKS met kleur te doen nie

Leeutjie ·

Van Zyl gaan nie baie gewild onder die boere in Parys wees nie!!!!

Neilia ·

Net n hond is lojaal.. as jy n lojaliteit wil he kry n hond. Almal sal nou almal beskerm of hulle self veronskuldig want nie een is lojaal, maak nie saak wit,swart,, pienk pers niemamd verdien om so te sterf.

Waarheid ·

Alhoewel ek glad nie saam stem met wat gebeur het daardie aand nie, weet ek net dat daar duisende aanvallers vry loop elke dag wat presies dieselfde doen (of nog erger), omdat dit nie poleties korrek sal wees om ‘n berig oor hulle te doen nie.

Dis skrikwekkend tot wat mense gedryf kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.