Parys-boere in aanhouding: ‘Staat hoort in beskuldigdebank’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die inhegtenisneming van die vier boere van die Parys-omgewing in die Vrystaat wat tereg staan vir die moord op twee vermeende plaasaanvallers, ontlok wyd reaksie.

Maroela Media het vroeër berig die boere is in hegtenis geneem toe twee mans wat ʼn bejaarde boer Woensdagmiddag op sy plaas buite Parys sou aangeval het, dood is nadat hulle glo deur ʼn groep plaaslike boere aangekeer is. Na bewering het die polisie opgedaag kort nadat die groep boere die verdagtes vasgetrek het.

Die verdagtes is vir mediese behandeling geneem, maar een is Woensdagaand in ʼn hospitaal in Parys oorlede en die ander is Donderdagoggend in ʼn hospitaal in Bloemfontein dood.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggerenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., sal Dinsdag weer in die plaaslike landdroshof verskyn waar hulle om borgtog sal aansoek doen.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het aan Maroela Media gesê dit is eintlik die staat wat in die beskuldigdebank moet staan. “Die staat weier om plaasmoorde as prioriteitsmisdaad te verklaar en het nie die politieke wil om die krisis te hanteer nie. Deur hul uitsprake het die staat boere wat wreed vermoor word as die kriminele verklaar,” het hy gesê. “Die staat verwag van gemeenskappe wat emosioneel geteister en fisiek gemartel en vermoor word om hulself te beskerm. Hulle boodskap aan boere is: ‘Julle is op jul eie.’ Die boere is op breekpunt. Dit is die staat wat die klimaat skep vir gevalle soos hierdie.”

Verskeie sosialemediagebruikers het ook op Maroela Media se aanvanklike berig gereageer deur te sê dat Suid-Afrika se landbougemeenskap uitgelewer is aan plaasaanvallers omdat die polisie bloot ʼn blinde oog draai en dat hulle gedwing word om vir hul eie veiligheid te veg. Talle persone het ook die rede bevraagteken waarom die voorval deur die Valke ondersoek word, terwyl plaasmoorde gewoonlik net aan die plaaslike polisie oorgelaat word.

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, het ook bevestig dat die organisasie aangebied het om die boere by te staan en hul regskostes te betaal. Hy het Hermann se standpunt ondersteun deur te sê die skuld behoort eintlik voor die polisie se deur gelê te word. “Boere oor die hele land heen, maar veral in daardie streek, leef in vrees. Daar is ʼn legitimiteitskrisis by die SAPD, veral wanneer dit by plaasmoorde kom. Hierdie hele voorval is eintlik ʼn aanklag op die polisie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Michael ·

Wat moet hierdie arme mense doen hulle word uitgemoor en die regering en kastige polisie het nie die WIL of die VERMOË om hulle te beskerm nie …..BRING TERUG DIE KOMMANDO’S

Sarie ·

As lid van Solidariteit en Afriforum is ek bereid om finansieël by te dra indien hulle hof toe moet gaan om hierdie boere te verdedig.

frans ·

ek ok stig n fons ons is baie wat sal help ma laat ons die boer bystaan al.kos dit ons moet die land stop

Thuunda ·

Ek ook, en daar sal hordes meer wees. Kry die beste prokureur span moontlik en maak ‘n internasionale storie om die lakse, rassistiese regering te ontbloot!

Trolle ·

Sou ook as ek kon weet nie of R10 sal help nie.So daar is geen prokureers wat nog labolla werk doen nie,of jag hulle net geld en is blind wat om hulle aangaan.Wonder of hulle besef dat as dit nog erger gaan raak in die land daar nie plek in Europa gaan wees vir hulle om heen te vlug nie.

Dirk ·

Die laksheid van die regering m.b.t. die beskerming van ons boere is eintlik ‘n misdaad. Wat verwag hulle? Sake sal uiteraard op ‘n spits gedryf word. En ja, maklik om te voorspel wie beskuldig sal word. Die omstandighede walg enige normale mens.

Langtand ·

Hulle sal niks aan plaasmoorde doen nie, want volgens Zuma en sy lakeie het ons die grond gesteel! Vergeet van hulp van die regering, trek self laer! Ons moet net onsself bemagtig!

Mike ·

Dankie Langtand dis die ENIGSTE en ‘n permanente oplossing.

vermeende ·

Wat is die aanloop tot die boere se optrede in die destrik?
Is dit die ou tannie wie se lyk in haar deepfreez in haar plaas winkel gekry is of is dit die Diaken wat agter sy bakkie aan gesleep is met bloudraad en in die stoor op gehang is, nee!
Dit is wanneer ‘n pa vir sy kinders se, wittes het julle erfporsie gesteel dan kom moor sy kinders uit haat uit en dit gee aanleiding tot die boere se optrede.

Helizna ·

dailymotion.com/video/x2f3rig is hoekom dit gebeur het, en gaan aanhou gebeur.

FM ·

Julle moet nou sien hoe gaan die staat gal af teen die 4 boere, want hulle is witmense!!!Maroela, ek sê witmense, en nou wil ek sien of julle mans genoeg is om my kommentaar te plaas. As julle dit nie doen nie dan maak ons ons eie afleidings.. Ons moet asb die boere ondersteun. Zuma en sy trawante sal hulle nie help nie. Die boere het mos die grond gesteel, mnr zuma!!!Bewys jy asb jou diefstalstelling. Dit is haatspraak en ek hoop zuma word in die bek geruk oor hierdie valse beskuldiging. Mnr zuma haat die witmense so voor die munisipale verkiesing. Koop stemme mnr, jou dag sal nog kom. ONDERSTEUN ASB DIE 4 BOERE.!!!!!!

chrisp ·

Die wat nog nie aan solidariteit behoort nie begin nou jou bydrae lewer. Vergeet eerder die ander bydrae wat jy maak as jy dit te kort het .Hierdie mense bewys oor en oor dat hulle bereid is om te help. Is dit nie nou dalk ons beurt om hulle te ondersteun nie?

Ondersteun slegs organisasies ,partye,groepe ens wat vir jou saak veg.

Loon ·

Net n vraag: Hoekom is Vrystaat Landbou doodstil oor hierdie hele aangeleentheid?

chrisp ·

Loon (mooi naam).
Soos ek hierbo geskryf het moet ons begin in alle erns mense,partye, org, ens ondersteun wat ons ondersteun. In dieselfde asem moet ons ook begin besef dat stilswye van mense ,organisasies, partye ens nie ons ondersteuning waardig is nie(hulle ondersteun ons nie).

Johan 2 ·

Want hul is n klomp papbroekke…kruip te veel by jul meesters in die “staat”. Luiser maar as hul proot op RSG, lekker bang.

Bennie de Klerk ·

Ek stem. Die polisie vra boere se hulp om landelike gebiede te beveilig aangesien hulle nie daartoe in staat is nie. Ons het nou lank genoeg mooi gepraat. Persone wat nie op ‘n plaas of enige ander eindom hoort nie, moet daar wegbly. Ons moet alle betreders as moontlike aanvallers hanteer… Ek wens ek het geweet hoekom Vrystaat Landbou stil is.???

frans ·

Ek bid en hou duim vas dai 4 boere staan soos een man saam en verai mekar nie die wit volk is agter jule

Frederik ·

In Rapport (10/01/’16) word genoem dat tientalle boere die twee voornemende moordenaars aangerand het toe die polisie opdaag. Vier boere is in hegtenis geneem. Hoe weet die polisie of sg. valke wie presies vir hul dood verantwoordelik is ??
Afriforum moet die berig in Rapport in Engels vertaal en oorsee versprei.

Willem ·

Hoor hoor!
Daar word berig dat daar ongeveer 40 boere(mense) was. Hoe kon die Polisie VIER uitsonder? Die hele Parys boeregemeenskap moet agter die manne staan en ons almal agter Parys se boere!! Ons sal help en bydra waar ons kan. Dis ‘n siek spul hierdie – dis tyd dat ons wit boere opstaan en terugveg. Bid vir julle almal!

LJ ·

Het die berig vandag in Rapport gesien. My eerste gevoel na ek dit lees was WELLDONE! Ek boer nie maar is n verskaffer vir boere in die area. En dit was n kwessie van tyd. Wat my trots gemaak het is dat minstens 50-60 boere gearriveer het tot die plaas oor n radius van 30km plus. Dis duidelik die manne is gatvol en hopenlik sal die ander gebiede se boere mekaar so kan bystaan. Moenie dat die arrestasies jul skrik op die lyf jaag nie. My gebede is met jul almal.

Ina Scheepers ·

Ek dink dis tyd dat die Boere Afrikaner in hulle massas optrek na die groot stede toe met trekkers trokke en bakkies en motors en paaie afblok. Al bly jy in die stad dorp of plaas . Dit het tyd geword dat ons nou sal moet optree en saamstaan.
,

Dee ·

Dit blyk wel dat die vraag gevra is waarom die spesifieke saak ‘n valke-saak geword het maar dit klink nie asof daarop geantwoord is nie. Mag die vraestellers op ‘n antwoord aandring……
Gerrie Nel, die Blanke in Suid Afrika het jou nodig. Is daar ènige gronde waarop jy ongevraagd jouself kan betrek of laat etiek dit nie toe nie? Wit Suid Afrika nodig verdediging!

Keith ·

Hoekom die valke ,vir intresantheid wie se famililede is die 2 wat dood is ?????Wonder maar net.

Theo ·

Baie goeie vraag oor die valke Keith. Of wie is die 2 wat dood is?

Sus ·

Front Nasionaal is ook genader om regshulp vir die boere en is al van Vrydag besig dmv hulle advokaat. Ek stem saam met van die ander kommentaar: stig ‘n fonds sodat die heelbeste regsmanne die saak kan vat!

Dan ·

Terwyl hierdie saak in die hof dien, moet aangedring word op die spesiale polisie eenhede wat belowe was met die uitvassering van die Komandoes.

Ruaan ·

Mense gaan lees Eksodus 22::2 die wet van god as n dief betrap word terwyl hy inbreek en hy word geslaan sodat hy sterwe sal daardeur geen bloedskuld ontstann nie

Chris ·

So gaan Afrikaner selfstandigheid boere se probleem aanspreek …..of gaan dit ?

Die ANC bly in beheer van die land maak nie saak watse selfstandiheid ons het nie …….

Mike ·

Eksterne selfstandigheid /selfbeskikking is die ENIGSTE oplossing op die langtermyn dis ‘n waarborg vir ‘n beter toekoms vir jou en jou kinders of wil jy onder die ANC bly?

Chrisn ·

Pienk Frikkie de Klerk, Roelfie & Leontjie, dit wat die 4 boere gedoen het is “check en balances”. Die begrip waarvan julle nie die betekenis van verstaan. Gaan die FW de Klerk stigting bydrae tot die 4 boere se regskoste. Komaan Frikkie skenk ‘n donasie en voel hoe voel dit om iets eerbaars te doen. Ek wil met groot graagte ‘n bydrae maak tot die regskoste.

Olivia ·

Ek glo baie van ons behoort seker aan Boere in Nood om vir die droogte te help. Ek stel voor almal kontak hulle en vra of hulle kontakte het in die omgewing of weet van om ‘n groep te stig wat kan help in die geval.

Die boere moet kan bewys dit was selfverdediging indien hulle aangeval het. Die nadoodse ondersoek sal sekere dinge uitwys (oorsaak van dood). Indien die forensiese span reg optree sal die DNA op die plaasaanvallers so oorweldigend wees hulle sal nie kan bewys wie spesifiek wat gedoen het nie.

‘N goeie prokureur sal dit kan uitwys. Boere moet terug baklei maar dit so doen dat die persone wel leef maar nooit weer daaraan sal dink om hul voete op ‘n plaas te sit nie.

Richard West ·

Ek sal ook nog bydra, die regering doen niks! Blaas net geld op karre ens. Kom ons maak n groot ophef van die storie en vat die lafaards vas.

Dee ·

Hey watchit! Ons gaan nog ‘n earoplane koop ook – nog net die minister van finansies motiveer.

Peet Schabort ·

SAPD, met hulle wat ek die minste te doene wil hê.

Tania ·

Baie interessant dat hierdie boere in die tronk is. Maar die groep wat die sogenaamde boendoe hofbeginsel toepas word nie eers vervolg nie. Dubbele standaarde

Dee ·

Hierdie forum, soos àl die ander, is net praat, praat, praat…

Otter ·

Ons moet om ons boere skaar. Eks ook bereid om via Solidariteit ekstra by te dra om boere te steun in die verband. Terwyl daar ‘n werklike, groot bedreiging op ons lewens is, en die staat beide onwillig en onbevoeg is om op te tree, kon mens besin of ons nie al by die punt is waar ‘n verklaring van outonome volksoptrede op nasionale vlak nodig is nie? Of wag ons dat dit erger word? Ons moet onthou dat slagoffers van plaasmoorde nie maar net “mense” is nie, maar elkeen van ons se bloedfamilie, onsself.

isak ·

Ek is bly om te sien hoe soveel mense en organisasies hierdie boere te hulp kom. My vraag aan alle blankes, wat van die ander blankes in jou omgewing, die wat werk om n lewe te maak en nogsteeds sukkel, is jy daar ook van hulp? Ons skaar ons by die wat in die media uitgewys word maar ons probleem begin met n tekort aan menslikheid in ons eie gemeenskappe. Dis reg kom ons ondersteun hierdie boere en fokus net soveel om ons eie mense in ons eie omgewings van hulp te wees. Eendrag maak mag ons eie land se motto kom ons almal sien om na ons almal se veiligheid en gesondheid en bou en ondersteun almal van ons eie nasie voor ons na buite kyk om te sien wat ons meer kan doen.

A ·

Wat as ons almal besluit om op dieselfde manier op te tree teenoor plaasaanvallers, inbrekers, ens. Besluit bv om hulle regterhand af te kap. Dan is dit ook sommer maklik om hulle te identifiseer wanneer hulle vrygelaat of op borgtog is. Of gaan die staat dan maar net weer mahala prostese gee met ons belastinggeld?

Herman ·

Waar is Agri SA. Kan die boere nie almal hulle belasting geld terug hou nie?
Dis moeilik vir werknemers van maatskapye. Maar seer sekerlik kan die boere soos een man ophou om hulle belasting en BTW oor te betaal aan die staat.

Frederik ·

Herman, met die erge droogte op hande glo ek nie daar is nog boere wat belasting hoef te betaal nie. Hul het dan geen inkomste nie.
In goeie jare sal hul egter dom wees om belasting te betaal. Many ways to kill a cat.

Junior ·

My hart breuk vir die boere. Ek wil jammer sê vir hul. Jammer dat ons as afrikaner volk ons distansioneer van boere. Jammer dat ons nie kan saam staan teen kriminele wat jul vermoor nie. Nee ons kyk inwaards na onsself en dink ons het te veel om te verloor om betrokke te raak. Ons vaal ons eie volk. Ek kan net dink watse desperaatheid het die vier mans gedryf tot moord. Want ONS volk praat en baklei oor sosiale media. Maar when push comes to shove? Wie sal werklik saam staan

Isak ·

Jy het n redelike insig in die saak . dit is net jammer maroela wil nie my kommentaar plaas nie

Isak Tait ·

Ek kan nie glo dat die ANC nog nie RASSISME geskree het nie; apartheid as ‘n aanklag raak nou al ‘n bietjie afgesaag, rassisme is nou die nuwe slagkreet. As jy ‘n wind laat wat nie klink soos ‘n vuvuzela wat geblaas word nie, is jy dadelik ‘n rassis.

elize naude ·

geen mens het reg op self die gereg te speel nie… dit is die begin van burgeroorlog… die wit gemeenskappe hou mos ook nie daarvan nie…

Sarie ·

Het jy al van provokasie gehoor. As iemand jou pa met ‘n wapen oor die kop slaan en jou ma aanrand sal jy stil staan en die treurige polisie roep. Daar kom ‘n punt waar ‘n mens net te ver gedryf word. Dit is hoog tyd dat ‘n internasionale ondersoek ingestel word wat agter hierdie moorde skuil en dis defnitief nie huisbraak of loongeskille nie.

Johan Steyn ·

Indien jy nog glo dat geregtigheid in die regstelsel geskied, is jy welkom om jou op hulle te gelaat. Die blanke ontvang geen geregtigheid, enige plek in die wêreld, maar veral hier in dié addernes. As jy jouself in Afrika wil laat geld, dan tree jy met mag en mening op. Dis al wat hulle verstaan.

“When injustice becomes law, resistance becomes duty. ” Thomas Jefferson

nic ·

Elize, die staat het net een plig en dit is om sy burgers te beskerm. Hoe word die staat tot verantwoording geroep? In ñ komplekse samelewing, word die staat gedurig gedwing om te kies watter groepe se regte word eerste bekerm. Dis onafwendbaar dat die ‘verloorders’ iewers by ñ breekpunt gaan uitkom. Hierdie saak is so ñ breekpunt saak. Die staat moet nou weer baie uitdruklik kant kies tussen die aanvallers en die slagoffers. Die staat sou eerstens moes verduidelik hoekom hy nie die slagoffers beskerm het nie, daarna vraag twee- waarom het die slagoffers reg on eie hande geneem? (alhoewel ek in die instansie seker is die dat die die aanvallers net in bedwang gehou is totdat die polisie opdaag het). Dit help niemand om by vraag twee te begin nie. Elize, waag dit asb om ons hier intelig- wat sou jy gedoen het?
Groete, Nic

Caz ·

Wat ons Mr. Zuma en Staat vergeet is “no farmer, no food” En vir daai wat nog afrikaans praat maar fancy wil lyk met hulle engels “geen boer geen vleis en pap” Ons moet nou ons boere self begin beskerm en die land “ungovernable” maak. Boere hou op vir ketting winkels voorsien en kom ons begin direk by die boere koop. Sny die middel man en staat se 14% u it. kom ons sorg vir ons eie mense.

Gerhardt ·

Ek glo ‘n goeie regspan sal hulle loskry, want die staat ondersoekers en aanklaers is pateties verby bv het hulle forensiese skoenoortreksels gedra? Waat is die toneel presies ens. Dankie aan Afriforum en ons moet net onthou om vir die droogte ook te skenk.

Die poliese en aasvoëls (‘skuus valke) is NUL werd.

Hermien Potgieter ·

Ja, dis reg sataniste, blameer die slagoffers en kla hul aan van moord. Dit is na alles n ONDERSTEBO WERELD!!!!!!!

Barnie ·

n Kragtige boodskap aan die skurke! Pasop vir die Boere as hulle begin saamstaan! Laat weet hoe mens die manne kan ondersteun! Hoed af vir julle!

Louis ·

Ons moet die so wyd oopskop as wat moontlik is , ons moet dit internasionaal uitsaai en so groot geraas as moontlik maak. Die staad se optrede moet op alle vlakke veroordeel word

frans ·

Kom ons almal.is die dag daar met die borg aansoek wys die swapo teries hule gaan nog iets sien wat hul nie wil sien as die boere saam.staan

Magda ·

Ek stem saam mense, ons moet ons boere help. Dis walglik wat gebeur met ons mense.
Onthou net een ding ons Vader slaap nie. Nou is die tyd dat ons weer terug keer na ons geloof.
Net ons Hemelse Vader kan ons red

Frank ·

+1 vir Afriforum en Solidariteit. Die regering is besig om sy hand te oorspeel. #bring die kommandos terug

Wallie ·

Kom ons wit man’s en vrouens staan saam maak seker dat die hof so vol is dat daar duisende is wat ook betoog kom ons wys ons ondersteuning !!
Staan net saam mense en niks sal gebeur
Maar as die 4 mense teen die staat moed veg is dit n verlore saak

penny parkin ·

Die tyd het lankal aangebreek om op te staan en vas te staan soos ons voorouers gedoen het. Wanneer hulle saam gebid het en saam geveg het, het dinge gebeur. Altyd vorentoe, beter en beter. Ons mag nie net opgee vir dit wat hulle met hulle bloed betaal het nie. Ons mag nie in ons sitkamers sit en murmureer en niks verder doen nie. Kom ons DOEN iets meer. EENDRAG MAAK MAG!!!

Johannes Meintjes ·

Hierdie Nuwejaar is nou al 11 dae oud. Is Plan B en al die meganismes waarop dit roem al in effektiewe aksie. Het alle Afrikaner en Boerevolk groepe nou al konstruktief en produktief begin meerwerk aan die selfbestuur planne en dit wat daarop volg, – of sit-sit-so ons nog elkeen op eie kortsigtige roem en eie mishoop? Vasstaan Boere! (… en mag ons optimale reklame en gewaarwording kommunikeer vanuit hierdie gulde geleentheid te stawing van onbeholpe en vyandig-gesinde regering.)

Theo ·

Een in Parys en die ander een in Bloemfontein?? Ek hoop die boere betrokke kry kans om die “lyke” uit te ken. Ek ruik n rot.

Eddie ·

Theo jy verstaan nie. Hulle is so hard geslaan dat hulle in twee verskillende hospitale opgeindig het. HE HE HE

Loeis ·

‘n Ander korant het berig dat die EFF se leier in die Vrystaat gese het dat daar ‘n “vreeslike tendens is dat wit boere hul plaaswerkers vermoor”.

Wys die statistieke nie dat dit eintlik wit boere is wat deur swart aanvallers vermoor word nie? Laasgenoemde stelling is verskriklik polities verkeerd, maar bewys asseblief die teendeel.

Let ook hoe Zuma nou ook sy stem gevoeg het by diegene wie se dat blankes grond by swartes gesteel het.

So, wat is REGTIG die probleem?

Hennelie Rust ·

Ek is stom,hartseer,bitter kwaad.Iemand moet instaan vir onskuldige mense lewens. Dit was nou mede witmense. Maar as mede swartmense vir hul eie mense dit doen is dit nie verkeerd nie.( as van die skuldiges gevang word,is dit nie so ‘n herrie nie,want dit is swart op swart) DUS: Die wat regeer redeneer: hulle mag ons mense gaan vermoor,mense opjaag teen ons met haatspraak,maar ons mag dit gladnie toepas nie,dit is NIE demokrasie nie…………Kommando’s asb. en fondse wat benodig word vir selfhelp, selfbeveiliging ,aftrekbaar van BTW en Belasting. Want ons eie geld,moet vir onsself ook kan red.As hulle nie na ons wil omsien nie,moet ons geld, ‘n sekere %,kan terughou om ons self te voorsien,vir kommando’s, dan is ons nie ‘n las wat gehelp of (nie gehelp) word nie.

chrisp ·

Iets hier is verseker nie reg nie.
Ek dink ons moet so bietjie rustig(baie moeilik) raak en kyk wat spring uit.

carl ·

Die boere het uitgegaan om die nie blanke werkers te slaan na die bewerings gemaak is van die aanval. Die verdagtes het nie eers probeer vlug met die boer se voertuig nie en het ook nie in die veld in gevlug nie, dit klink of die boere die verdagtes gaan uitsnuffel het terwyl hul rustig geloop het in die pad. Maar ja, hoekom sou die boere hul so erg slaan as hul weet die polisie is oppad en hoekom het die boere nie iets daaraan gedoen toe hul sien die verdagtes is besig om te sterf nie. Die polisie het darm onmiddelik vir mediese hulp gevra terwyl die boere almal net gestaan en kyk het hoe die verdagtes besig is om te sterf. Hoop die waarheid kom uit!!

arnie ·

Het die SAPD hulle vervoer na die hospitale. Wie het hulle medies ondersoek op pad. Hoe was die rit, stamperig en rof of het hulle gevlieg. le die blaam by die polisie watop die toneel wasen die wat die vervoerwerk gedoen het en sien wat gebeur.

Dawie ·

Ek hoop al die boere van die omgewing is more by die hof om die manne te ondersteun. Jacob Zuma en sy gespuis moet n les geleer word. Afriforum moet asb verseker dat Donald Trump van alles te hore kom, hy sal die wereldgemeenskap vinnig in kennis stel.

Dries ·

My vraag is nou.
As die swart mense kriminele vastrek in lokasies en hul slaan hul dood dan sê polisie net daar was te veel.
Hul kom dan niks oor nie!

AJ ·

Lyk of dit die manier is om van wit boere ontslae te raak vir hul plase en van wittes ontslae te raak.

Wessel ·

Ek dink Dirk Hermann het dit goed gestel. Al die boere lewe in vrees en nou het hulle opgetree uit vrees uit. Ek hoop hierdie stuur ‘n boodskap uit vir die plaasmoordenaars daar buite, sodat hulle kan sien die boere gaan nie meer nonsens vat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.