Parys-boere: Intimidasie-klag teruggetrek

Tien van die elf verdagtes tydens 'n vorige verskyning in die hof. Foto: Landi Malan

Tien van die elf verdagtes tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Landi Malan

ʼn Aanklag van intimidasie teen Boeta van der Westhuizen, een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak, is Vrydag in die plaaslike landdroshof teruggetrek.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig dat die saak “deur ʼn mediasie-proses opgelos is” en dat die aanklag daarom teruggetrek is.

Boeta van der Westhuizen (46) het Vrydag weer saam met sy medebeskuldigdes Cor Loggenberg (18), Loedie van der Westhuizen (18), Miela Janse van Vuuren (22), kapt. Henk Prinsloo (46), Anton Loggenberg (49), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19), Fanie Oosthuizen (42), Wicus van der Westhuizen (19) en ʼn minderjarige verdagte verskyn op aanklag van die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Boeta is aanvanklik in Januarie op borgtog vrygelaat, maar weer in Maart in hegtenis geneem op ʼn aanklag van intimidasie. Die staat het beweer hy het sy borgtogvoorwaardes verbreek deur lede van die ondersoekspan te bel en hulle te dreig en te intimideer. Hy is later vir ʼn tweede keer op borgtog vrygelaat.

Die saak is Vrydag tot 15 Julie uitgestel, vermoedelik om die staat kans te gee om ʼn datum vas te stel wanneer die saak na die hooggeregshof oorgeplaas kan word.

Anton Loggenberg het vroeër aan Maroela Media gesê dat hy ʼn saak van skadevergoeding vir onregmatige inhegtenisneming teen die staat aanhangig sal maak. Anton boer met beeste en voer gereeld van die diere uit na die res van Afrika, maar sê dat hy sedert sy inhegtenisneming reuse finansiële skade gely het. “My hele besigheid is tot niet. Mense wat altyd by my gekoop het wil nie meer met my sake doen nie, want hulle sê ons is rassiste en moordenaars. Baie van ons se besighede ly nou onder hierdie ding,” het hy gesê.

Die staat voer aan die 11 verdagtes was betrokke by die moorde op Tjixa en Jubeba wat op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer en glo so erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Boere in die gebied het beweer dat Tjixa en Jubeba deel was van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen se plaas, maar die oorledenes se familie het dit ontken en gesê dat Tjixa en Jubeba tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan is.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

m ·

Hoop hy dagvaar hulle vir miljoene se skadevergoeding……………..

Liewe heksie ·

Staan op teen hierdie geslag wat dink hul is verhewe bo die gereg sodra hul mos verbonde aan die sapd is kan niemand mos aan hul raak nie trek hul kaalgat uit

Ja-Nee ·

Dit is goed dat hy hul dagvaar, maar dit gaan weer net ons belastingbetalers se geld wees wat gemors word.

Flintstone ·

“Opspraakwekkende moordsaak”ha!Indien dit opspraakwekkend is moet elke moord op’n boer ook as opspraakwekkend geklasifiseer word geagte media,indien nie,waarom dan nie?

Buks de Beer ·

Kry die antie Oscar staatsaanklaer om jou te help met jou eis teen die SAPS ek wil he jy moet jou saak wen al moet my belasting geld gebruik word daarvoor. Dankie dat jy die boer is en dat jy dit doen omdat jy wil. Ek kannie jou plaas oorvat en boer nie. Julle boer vir my baie spesiaal.

Bob ·

Ai die boere darem. Mens sou dink hulle het meer verstand as om gevang te word. Ek kan glo die troppie boere saam het mekaar opgehits om pak slae uit te deel. Gee nie om wat die 2 knape gedoen het nie, julle moes eers GEDINK het voor julle opgetree het!

Ben Prinsloo ·

Die misdadiger mag doen wat hy wil en dit is verskoonbaar. Van die boere wat nie eers aktief betrokke was en ook houe uitgedeel het nie is aangekla. Ek stel my n cenario voor dat die GPF word ontbied en elke persoon wat daar was word ge arresteer, of jy sopas daar aangekom het of nie. Ek wil myself nou nog verstout om te sê ek dink dit is hierdie saak waar die oorledenes in die selle dood is. Ek is egter nie seker nie. Ek kyk na die foto van die enkel persoon en dit spreek boekdele. Aan hierdie persoon net dit, kry vir jou n goeie prokureur en maak n voorbeeld van die manne wat n voorbeeld van jou wou maak. Sterkte.

Koos ·

Die staat het van dag een geen saak gehad nie en as die boere mekaar nie so uit verkoop het nie was die saak in geheel al teruggetrek maar soos die gesegde gaan as die kop dom is moet die lyf swaarkry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.