Parys-boere: Jubeba ‘baie rusteloos’ in ongevalle

Die beskuldigdes in die hof. Foto: Mariné Lourens

Toe Simon Jubeba die aand van 6 Januarie 2016 by die ongevalle-afdeling van die Parys-hospitaal aangebring is, was hy bewusteloos en was die suurstofvlak na sy brein minimaal.

Só het Margaret Mafubedu, ʼn verpleegster wat dié betrokke aand by die ongevalle-afdeling aan diens was, Woensdagmiddag in die hooggeregshof in Parys getuig. Mafubedu het tydens die verhoor van Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren getuig wat teregstaan vir die moord op Jubeba en Samuel Tjixa.

Die staat voer aan die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere in die gemeenskap wat Tjixa en Jubeba op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip aangekeer en so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Mafubedu het Woensdag getuig toe Jubeba omstreeks 22:00 by ongevalle aankom, was hy bewusteloos, maar “baie rusteloos”. Sy het gesê sy het nie geweet wat Jubeba se naam was nie, omdat hy nie kon praat nie, en het op sy lêer bloot “onbekende man 1” geskryf.

Volgens Mafubedu het Jubeba erge kopbeserings gehad en was sy kop, gesig en albei oë geswel. Daar was swart kringe onder sy oë en ʼn 3 cm tot 4 cm lange sny agter sy kop. Hy het ook kneusplekke aan sy lyf gehad en sy suurstofvlak was baie laag. Sy het gesê Jubeba is op ʼn bed met relings geplaas om te verhoed dat hy van die bed af val omdat hy so rusteloos was.

Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Cor Loggenberg tydens ʼn kort verdaging in die hof (22 November 2017). Foto: Maroela Media

Met dr. Sifiso Nxumalo se aankoms by ongevalle het hy opdrag gegee dat Jubeba van ʼn lugwegbuis voorsien word. Sy suurstofvlakke het daarna na normaal teruggekeer. Jubeba se wond is toegewerk en hy het antibiotika ontvang om infeksie te voorkom, asook pynmedikasie.

Hy het 3/15 op die Glasgow-komaskaal gemeet en volgens Mafubedu het hy geen reaksie op verbale óf pynstimuli getoon nie en het sy oë ook nie op lig gereageer nie. Daar is gereël dat hy na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas word aangesien die Parys-hospitaal nie die nodige toerusting gehad het om hom te behandel nie.

Mafubedu het getuig Tjixa, wat saam met Jubeba ingebring is, was ook in ʼn kritieke toestand, maar het wel aanvanklik kreungeluide gemaak wanneer hy vrae gevra is. Sy oë het ook op lig gereageer. Nxumalo het besluit dat Tjixa in ʼn algemene saal opgeneem moet word en hy is om 01:30 na die saal geskuif. Tjixa is minder as vyf ure later dood verklaar.

Adv. Nico Dreyer sal na verwagting vandag met Mafubedu se kruisondervraging begin. Die verhoor is slegs tot Vrydag op die hofrol geplaas en daar word verwag dat die saak môre na ʼn latere datum uitgestel sal word.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jan_alleman ·

hy was rusteloos want hy het geweet sy tyd is op en hy is oppad hel toe

John Samuel ·

Ha Ha!! Inderdaad, geen meer misdrywe vir hom nie!! :-]

Hennie ·

Hierdie saak word behoorlik oopgekloof en holrug gery, dit terwyl hierdie swartes op ‘n missie was om kwaad te doen. Intussen is daar tientalle selfde missies waar blanke boere vermoor word, en geen besondere aandag word daaraan gegee nie. Weeg alles regtig in balans?

Andre ·

Bewusteloos en rusteloos ……net ‘n krimineel wat dit sal regkry.

POP ·

Jy kan nie bewusteloos en rusteloos wees nie. Genade!!!! As hy dan so ernstig beseer was soos hulle beweer sou hy dood stil gele het.

jan_alleman ·

of dalk was hy rusteloos want hy het geweet hy is nou in n staatshospitaal , ek sal ook rusteloos raak as ek in n staatshospitaal moet le

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.