Parys-boere: Negende verdagte aangekla

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen tydens 'n vorige verskyning in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen tydens ‘n vorige verskyning in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Die negende verdagte en ʼn tweede familielid van een van die beskuldigdes in die saak teen die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Phaladi Shuping, Vrystaatse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê Wicus van der Westhuizen (19) is Vrydag op borgtog van R10 000 vrygelaat. Die staat het nie sy borgtogaansoek teengestaan nie. Van der Westhuizen sal weer op 27 Mei saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn.

Kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Wian van der Westhuizen, Muller van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen staan almal saam met Wicus tereg vir die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Boeta, Muller en Wicus is glo almal verwant.

Die staat het verlede week die klagte teen Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., laat vaar nadat daar nie genoeg bewyse was om hul betrokkenheid te bevestig nie.

Die staat beweer Tjixa en Jubeba is dood nadat hulle op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer en so erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Al die beskuldigdes in die saak ontken skuld op die aanklagte teen hulle.

Tydens die beskuldigdes se vorige hofverskyning verlede week Vrydag het die staat aangedui dat sy ondersoek nog nie afgehandel is nie en dat hy steeds na een verdagte op soek is. Shuping het aan Maroela Media gesê dat Wicus homself glo Donderdag vergesel van sy regsverteenwoordiger by die polisiestasie oorgegee het.

Daar word verwag dat die saak tydens die beskuldigdes se volgende verskyning na ʼn hoër hof oorgeplaas sal word vir die verhoor.

Lees alle vorige berigte oor Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cherokee ·

Dit mag dalk heel van die onderwerp af wees maar alhoewel die boere my ondersteuning het wonder ek dikwels wanneer ek van hulle lees hoeveel van hulle tydens die referendum ja gestem het vir die aaklige bedeling waarin ons nou is.

Han ·

Ag Cherokee, gaan die geteem oor wie destyds in die referendum almal ja gestem het, enigiets aan hierdie saak verander?

Paul ·

Die ouens wat JA gestem het, wil maar nie aanvaar dat ‘n mens altyd die gevolge dra van enige verkeerde besluite wat jy maak. Jy mag wel vergewe word vir die daad maar die gevolge sal en kan mos nooit weggaan nie.

Cherokee ·

Ek stem saam Veritas, dit was dom, dom, dom. Jy moes dit besef het voor die verkiesing, nie nou eers nie.

Pieter ·

Dis net tragies dat alle plaas aanvalle so deeglik ondersoek word jy hoor van die aanval maar nooit van die hof verksynings nie ???

Gerrit ·

Net weer ‘n duidelike boodskap van die regeerders aan blankes. Jul sal gejag word, maar jul durf nie aan ons raak nie!! Slapgat politieke opportuniste soos die DA, sal ook nie boere help nie. Hul doen zero om plaasmoorde aan te spreek en wat daar agter skuil.

Oom Kalahari ·

Dit is ‘n blote politieke “Hekse jag” saak. Weereens word die kriminele beskerm en die slagoffers word die teiken. Ons bid vir jul en geregtigheid.

Flippie ·

Hoekom kry ek geen nuus oor Leon du Plessis en sy saak in Maroela Media nie..

Hierdie saak en du Plessis se saak (en ook my saak) getuig van die regering se hondsdolle manie om wit mans in hegtenis te neem.

Dis jammer dat daar nie genoegsaam ruimte is om my saak hier te kan stel nie. Dit is nou afgehandel en die uitkoms is om van te huil.

Voorspoed aan die aangeklaagdes daar lê he’ll vir hulle voor want die stelsel en sisteem wat hulle gaan verhoor het min tyd vir witmense.

anti afrikaner ·

Die eerste dag toe die boere gevang is het die polisie geen getuies gehad nie nou het hulle mekaar al so uitverkoop dat nog drie Afrikaners aangekla is ek hoop die hele spul kry lewenslank vir hulle verraad en onnoselheid.

Moedeloos ·

anti afrikaner, ek stem saam met jou. Dit is deels omdat ons as blankes nie saam staan en mekaar ondersteun nie, dat almal so uitgemoor word. Elke een trek in sy eie rigting. Hoekom kan ons nie mekaar ondersteun nie. Die skakels van die ketting is so swak. In Townships raak hulle so keelvol vir ‘n moordenaar of verkragter wat onder hulle maai dat hulle self van hom “ontslae” raak en geen haan kraai daarna nie. Maar die blankes sal mekaar eerder in die rug steek en mekaar uit verkoop.

Besorg ·

Besef jy wat jy sê. Is jy betrokke by die saak dat jy sulke snert kan kwytraak? Ek ken daai kinders persoonlik! Hulle verdien niks van die dinge nie!

Dan ·

Plaasaanvallers word openlik ondersteun, dit is die boodskap wat hiermee gegee word, so dit help nie om te wonder nie.

Jef ·

Anti afrikaner, dit se al genoeg,m.a.w jy is anti teen almal wat in die kontinent Afrika woon,wat soek jy dan nog in Afrika .

Gesiggie ·

Ek wil nou nie Rasisties klink, maar dit verbaas my hoe veel aandag die saak kry? so vinnig word daar opgetree, om die mense te vang? Hoekom kan dit nie ook so wees met die Plaas moorde”’ as ons boere aangeval en vermoor word…. vat dit maande of self jare.. voordat daar iemand gevang word, dit is mons nie belangrik, maar omdat ons boere nou so iets gedoen het? of dalk nie gedoen het, word dit nou gereeld op Maroela Media se nuus geplaas… dit is om van te omplof”” Wat van die familie van ons boere wat nog wag… sodat die moordenaars gevang moet word… ??? net n gedagte”

Lola ·

Diegene wat so kla en veroordeel dalk is dit tyd dat jul, jul eie party stig en sodra jul lede van regering raak laat weet ons. Glo julle sal defitief die land kan regruk voorspoed ne-laat weet ons jul party se naam

anti afrikaner ·

Die Parys boere sing nou soos kanaries om hulle eie bas te red.Leon du Plessis was onnosel om die goed wat hy gesê het op Facebook te versprei so in albei gevalle het onnoselheid nou sy baas gevang kry vir julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.