Parys-boere: Nog drie vas

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen tydens 'n vorige verskyning in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen tydens ‘n vorige verskyning in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die saak teen die Parys-boere wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig die verdagtes, onderskeidelik 18, 19 en 22 jaar oud, sal Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van moord. Mulaudzi het gesê dit is waarskynlik dat die verdagtes weer Vrydag saam met die ander sewe verdagtes sal verskyn in verband met dieselfde aanklag.

Kapt. Henk Prinsloo (46), Boeta van der Westhuizen (46), Anton Loggenberg (49), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19), Fanie Oosthuizen (42) en Wicus van der Westhuizen (19) staan almal tereg vir die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Hulle is almal vroeër op borgtog vrygelaat.

Die staat beweer Tjixa en Jubeba is op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer en so erg aangerand dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Volgens die verdediging was Tjixa en Jubeba twee plaasaanvallers wat Loedie van der Westhuizen (73) op sy plaas oorval het. Loedie het beweer hy kon tydens ʼn struweling met die aanvallers daarin slaag om ʼn paniekknoppie te druk waarna die aanvallers met leë hande gevlug het. Daar word beweer dat Tjixa en Jubeba daarna deur ʼn groep boere op die plaas aangekeer is voordat die polisie op die toneel opgedaag en die twee mans vir mediese behandeling hospitaal toe geneem het.

Familielede van Tjixa en Jubeba beweer egter dat daar nooit ʼn plaasaanval was nie, maar dat Tjixa en Jubeba op Loedie se plaas gewerk het en tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan is. April Motaung, woordvoerder van die EFF wat Tjixa en Jubeba se familie ná die voorval bygestaan het, het vroeër aan Maroela Media gesê Tjixa en Jubeba het die betrokke dag na die plaas gegaan om hul loongeld te gaan haal, waar hulle brutaal aangerand is. “Hierdie storie dat hulle plaasaanvallers was, is ’n leuen. Hulle wou net hul geld gehad het en is in ’n brutale rasgedrewe voorval doodgemaak,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Darty ·

As dit nou ‘n blanke boer wat aangerand en doodgeslaan was was die saak lankal afgesluit. Die goed maak my siek!!!!

Tiaan ·

Die Polisie doen vreeslik baie moeite om die Boere vas te trek, waar was die Polisie toe Oom Loedie aangeval is?

Scalla ·

Hoe kan hul familielede die stelling maak as hul nie teenwoordig was nie, het n bejaarde man geteiken en op hul herrie gekry, die paniek knoppie sal nie net vir die grap gedruk word nie en hoekom het hul gevlug?

Karma ·

Scalla, ek dink mos nou ook so! Tensy die ‘familie’ (seker die my-broer-se-niggie-se-voorkind-se-kleinkind … jy weet, hulle het mos tamaaie families) iets van die ‘slagoffers’ kon leer as hulle by hulle in die hospitaal was – wat ek nie kan glo nie; nie as die twee so erg aangerand was dat hulle gesterf het nie; hulle sou nie besoekers by sulke ernstig-beseerde pasiënte toelaat nie. Maar dit wys nou jou net een ding – jy, die slagoffer, kan maar beroof/aangerand/vermoor word vir jou besittings, maar jy mag jouself nie verdedig nie!

Winston ·

Wanneer n teenaanval gedoen word, word dit pertinent vermeld as “rasgedrewe” maar plaas aanvalle, waartydens boere vermoor word, nooit. Ek vind dit vreemd. Wees meer objektief in berigggewing asb.

Karma ·

Winston, Maroela Media het net aangehaal wat die EFF se woordvoerder, April Motaung, gesê het. Dat dit ‘n rasgedrewe voorval was, is nie MM se woorde nie. Lees fyn!

Tanya ·

My vraag is dit die aanvallers se gesigte word nooit op media berigte gewys nie om hul identiteit te beskerm wat word van die boere se identiteit! Ons moet iets doen om ons self te beskerm want niemand kom op vir die boere wat so vermoor word nie! Wat se regstellende aksies is al in plek gesit om boere te beskerm??????

Sune van Heerden ·

Dagsê Tanya

Dankie vir jou navraag.
Let asseblief daarop dat Maroela Media telkens enige verdagte se identiteit bekend maak en foto’s publiseer sodra of wanneer ons dit mag doen en dit aan ons beskikbaar gemaak word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johann ·

Stel voor ons lees vanoggend se Beeld… Wat wel sprekend is van hierdie onaangename gebeurtenis; is dat mense (lees blank) verby die punt van billik en redelik gedryf word as dit kom by basiese regte en voorregte. Veral in gegronde emosionele sake soos swart op wit geweld en n amperse regsontneemde situasie in reaksie daarop. Suid Afrika; ons moet wakker skrik en besef ons land is besig om uitgegee te word aan n magsbehepte minderheid wat hulleself voordien as die verteenwoordigers van die meerderheid.

jaco ·

wanneer gaan hierdie verdure inhegtenisnemings eendag endkry? ek het n voorstel: straf AL die land se mense finaal vir apartheid en rassisme teen swartes ens ens deur ons almal te dwing om in n wit tuisland te gaan bly. As die ou wit regering dit met al die land se swart volke kon doen, behoort dit maklik met die wit mense gedoen te kan word. sit ons almal in die wes-kaap. En al sal baie wit mense bitter wees oor wat hulle in Gauteng, Vrystaat ens moes agterlaat, is ek seker daarvan dis n tuisland wat sal werk.

Reinhardt ·

Stem saam. Stuur ons almal Kaap toe. Dan wys ons vir almal hoe maak ons die kaap weer hollands.

Schalk ·

Al hoe ons die Kaap sal kry is as ons hom gaan “steel” Ons weet mos nou teen hierdie tyd hoe om grond te steel. Mits die DA nie ander planne met hom het nie, dalk vir die ANC gee of iets.

Jan maak n Plan ·

As die NVG soveel energie in gesit het om die 783 aanklagte teen Zuma herin te stel, dan was hy al lankal in die tronk. Hierdie is nou weer in hekse jag op die boere om aansien te kry voor n verkiesing.

Gesiggie ·

Ja nee … ek stem ..ongelooflik hoe vinnig die polisie hierdie saak wil oplos, wat geword van die ander Plaas boere wat vermoor is? is die moordenaars al gevang? net omdat hul boere is moet hul suffer… as hul n misdaad gepleeg het stem ek dat hul moet gestraf word, maar hoekom so n ophef van die saak maak, hoekom kry ons nie so gou terugvoer van die ander plaas moorde… dit is skokkend”’en Ja as Zuma dan so baie aanklagtes het? hoekom word dit nie ook so gou opgelos… die land is in sy kannon””staan sterk boere… die nasie is agter jul…

Rina Pretorius ·

Hi Jaco, ek stem saam maar met een verskil, laat die tuisland die Vrystaat en noordkaap insluit sowel as Noord Wes ook

wilma ·

Sterk staan boere. Dink aan julle DIE lIEWE VADER is nog steeds by julle

Thea Robbertze ·

Tweetjies wat aangerand is. Elke dag word meer as een van ons blankes deur hule vermoor… ou mense onskuldige mense net so en daar kom niks maar niks van nie nou is tweetjies aangerand en die boere is in die tronk. I rest my case. Ons gaan nooit hierdie”battle” wen nie hulle gaan ons almal uitmoor. Ons land is chaos en dit word nie beter nie. Zuma wat die polisie fondse gebruik om vir sy freaken vrouens karre te koop waar de duiwel het jy so iets gesien.

lynette ·

Maar wanneer n group mense bundu justice uitvoer en mense doodgooi, doodslaan of verbrand, word niemand ooit in hegtenis geneem nie. Laat blankes betrokke wees en hulle word gejag tot doomsday. Ek laat my nie vertel n blanke sal werkers dood maak omdat hy hulle nie wil betaal nie. Dis nie ons kultuur of aard nie.

Jen ·

Die EFF maak my siek. Was hulle daar om te sien wat gebeur het….nee, maar hulle wil tog so belangrik wees. Hulle het natuurlik nog die families opgesteek om te se hulle was daar oor lone. Maar niemand sal ooit iets se oor die boere wat so gemoor word nie. Al hkm hulle kwaad is is omdat die 2 gevang is en hul moses teegekom het

Piet Pompies ·

Al is verskeie boere aangekla van moord is dit nog steeds die verdediging se verantwoordelikheid om bo alle twyfel te bewys wat elkeen se aandeel aan die moord was. Bewerings van loongeskil en of bewerings van plaas aanval moet ook bewys kan word.

Jakes ·

Jip,kom ons gaan Kaap toe.
Ruil dan net asb. die Blou Bulle en die WP
om.

Karma ·

Aikôna, Jakes: as jy hier wil kom bly, moet jy getrouheid aan die WP sweer. Nes jy nie-rassisme aan die DA moet sweer as jy lid wil word. Maar WP speel in elk geval nou so sleg – hy’s soos daai broer in die tronk: jy weet van hom, maar jy praat nie oor hom nie. :-)))

Francois le Cochon ·

@Tiaan. Oom Ludie was nooit aangeval nie. Hy self het gese dat hy homself beseer het toe hy die twee werkers (wat hul lone kon haal het) met ‘n besemstok wou slaan.

Willie E ·

Kyk nou….ek het ook al gewonder wat hier aan die gang is. Hier is meer wat ons nie weet nie as wat ons dink. Ek begin ‘n vrot rot ruik in hierdie saak….se maar net…

theresa ·

ek quote oom Loedie se woorde “hene Willem ek kan nie glo hulle het my nie geskiet nie, die wapen was op hom gerig maar wou nie afgaan

M du Preez ·

Daar is heeltemal teveel politieke druk op die saak dat die boere ‘n regverdige ondersoek en verhoor gaan kry.

Tiger ·

Hierdie ras behebte swartmense in die land se dag kom.Hy is reeds op die horison.Hulle dreig ons met uitwissing ?Daar wag ‘n reuse verassing op hulle!

cr ·

Shame, hulle wou maar net hulle geld gehad het waarvoor hulle nie gewerk het nie. In eenvoudige Afrikaans noem ‘n mens dit steel met moontlik moor daarby as daar nie alarm gemaak was nie.

pieter ·

nou raak die hele gekkespul in die gekkeparadys koekoes,wat soek die eff daar waar is die reg vandie land.

Dee ·

Hierdie saak neig om aaklig te begin stink. Onthou ek reg dat die oorspronklike bewerings ‘n loongeskil ontken het? Was dit nie gesê dat die aanvallers onbekendes was nie. Of was hul betrokkenheid as plaaswerkers bloot ontken? Nie seker of ek reg onthou maar om een of ander rede was die indruk gewek dat die ‘plaasaanvallers’ onbekend was op daardie plaas. Hierdie saak neig om in ‘n vrot kol in blanke verdediging te ontaard.

E ·

Wie het vir wie geslaan? Was daar enige getuies van die oorledenes by? of was dit net die boere en hulle 2? Nou uit al hierdie boere, wie het wat gedoen? Hulle sal maar moet saamstaan, want sonder bewyse kon dit mos enigeen gewees het of hoe?

Elizabeth ·

2 mense is vermoor… hoeveel boere het dit gedoen? 20?

Milan ·

Toe Eugene Terreblanche se moordernaars vagetrek is, het hulle beweer hy wou/het hulle gesodomiseer. Nou word beweer hierdie 2 knape wou hul lone gaan haal. Nonsens. Hulle wou waarskynlik ander werkers se lone gaan steel het

pop ·

Dat daar darem soveel moeite gedoen word en die saak so deeglik ondersoek word is prysenwaardig, of …….. wag n bietjie, dit was swart aanvallers op n wit boer, as die boer nou dood was. Nouja daar sou nounog verdere ondersoeke gewees het sonder n enkele verdagte. saak afgehandel. Die Kaap as tuisland klink mos of dit kan werk. Wanneer trek ons. Daars hawens en lughawens, of wag weer n bietjie, Die ANC kan mos nou nie die enigste provinsie wat nog effens werk weg gee vir wittes nie. aikona

m ·

Ag tog gaan ons ooit die einde van die saak hoor. Hierdie arme boere gaan so gejag word………Di storie raak nou belaglik… Hoeveel boere word nie vermoor nie en daar is nooit so bohaai daaroor nie……

johann cb ·

Nee, ek verstaan nou ook nie meer nie! Ek lees in ‘n ander berig dat die aanval op die boer glo toe nie plaasgevind het nie. Hy het homself glo met ‘n besemstok raakgeslaan toe hy kwaaddoeners verwilder het. Tog is twee mans na bewering vermoor. Wie het nou wat gedoen en wie praat die waarheid? Of slaan die boer wat na bewering aangerand is homself nou met ‘n plank om uit die moeilikheid te kom? Ek vra maar net. Die berig is sedert gisteraand op die ander groot Afrikaanse webwerf.

pop ·

johann cb< ek lag dat die trane hol. My honde dink ek is mal soos ek lag.

Andries Erwee ·

die volle waarheid sal
In die hof uitkom.

As die ouman wel n vals alarm oor n plaasaanval gemaak het, sou dit skokkend wees. Hy moes voorsien het dat dit tot mense se dood aanlyding kon gee.

As vd Westhuizen vals beskuldig word is dit ewe skokkend. Die polisie moet die saak dringend en volledig ondersoek.

antoinette ·

Hvl gaan nog inhegtenis geneem word en uit al daardie klomp boere wie is skuldig.Dit word nou n sirkus.Boere mag hulle in eens self beskerm nie moet jy nou stil staan om vermoor te word.!!!!!

Dee ·

Antoinette, lees my skrywe hoër op. As daar vrae is wat nie beantwoord is nie moet dit uitgesorteer word. Nuwe koerantberigte in ander publikasies laat my wonder wat werklik gebeur het en as ons aandring dat aanvalle teen blankes regverdig verhoor word geld die teendeel ook. Ek hoop dat die Parys-saak nie in ‘n verleentheid vir blankes gaan ontaard nie. As daar enige waarheid steek in die nuwe berigte is daar van die betrokke boere wat waarskynlik ook mislei is.

Francois le Cochon ·

Daar was 40 boere op die toneel. 30 Boere het 10 ander boere uitgewys wat die 2 geslaan het.
So ek neem aan op hede is dit dan 10 boere wat in hegtenis geneen is.

Peet J ·

Volgens ‘n media berig het sowat 40 mans van wie die meeste boere is gereageer op die noodknoppie wat Loedie gedruk het wat in sy huis was vir hulp. Die beserings wat Loedie 73 opgedoen het is glo self toegedien toe hy die twee plaaswerkers met ‘n besemstok probeer verjaag het.
Volgens die foto van Loedie is dit volgens my onwaarskynlik dat jy jou self so kan beseer as jy iemand probeer jaag met ‘n stok. Ek is oortuig daarvan dat die beserings deur sy aanvallers toegedien is.

Karma ·

@PeetJ; ek stem saam – geen mens sal himself herhaaldelik met ‘n besemstok foeter om dié tipe beserings wat oom Loedie opgedoen het, op te doen nie. Die oom se hele voorarm is van die elmboog af tot reg by die pols pimpel en pers gekneus en dit lyk vir my baie na ‘n “defensive injury” – asof hy met sy arm die houe gekeer het. Of het hy nou die besem in die een hand gehou en homself herhaaldelik hard oor die voorarm gefoeter om só pers gekneus te word? Daar is ook – wat vir my na – ‘n sny lyk half aan die bokant van die arm. Nee wat, ek glo nie die oom het himself so gefoeter nie. Daardie twee het hom natuurlik met die besemstok geslaan oor hulle “loon”.

Kelly ·

Kan ons die mense wat di Suid Afrikaners so martel en doodmaak op die plase en dorpe…se gesigte ook sien in die hof…onder andere is my Swaer ook doodgeslaan met stokke op Levubu…hoor niks van daai mense nie…ai dis so jammer hoe ons sien dat dinge gebeur in ons Land… maar ons weet ons antw is in God se Hande

tamboti ·

Hierdie is nou net die een uitsondering op die reel wat nou as die maatstaf vir die res gebruik word. Wat van die honderde ander boere, hul gesinslede en ook plaaswerker wat werklik grusaam vermoor word.
Asook alle ander landsburgers wat daagliks aangerand, verkrag of vermoor word.
Die groot vraag is: AS REG EN GEREGTIGHEID DEUR DIE BESTAANDE STELSEL DOELTREFFEND UITGEVOER WORD – WAAROM BLY SA SE MISDAAD SYFER SO VREESLIK HOOG?
Die antwoord is ‘n eenvoudige NEE, net die slagoffers word beheer. (Gekeer om reg in eie hande te neem)

Joann ·

Net die witman se sake word so goed ondersoek. Was dit anderskleuriges wat witte vermoor het sou saak lankal gesluit en uitgegooi gewees het. Ons kan net nie wen nie. Maar kom staan saam en vat terug wat aan ons behoort en stig blanke nedersetting.

Grap ·

Waar kry die polisie al die inligting om arrestasies te regverdig. Ek wonder of die boere nie mekaar uitverkoop nie,dit is mos maar die afrikaanse manier

Dee ·

Dit is soort van siek om daardie storie oor en oor te vertel. Waarom gesels jy steeds saam op hierdie forum as dit is wat jy van die Afrikaners (hoofletter) vertel? CGaan vertel dit in Media24.

Sarie ·

Daar is ‘n moontlikheid dat die twee mans deur die polisie so geslaan is dat hulle gesterf het.

Theresa ·

Dis fantasties dat die boere so saam gewerk het om die 2 wat sekerlik nie ordentlik kom vra het vir hul loon nie (anders sou die bejaarde nie die noodknoppie gedruk het nie) aan te keer. Waarom word hul so vreeslik gejag en aangekeer, terwyl gemeenskappe al verkragters en stelers met klippe doodgegooi het. Mense is moeg en siek en sat om aangeval en gedreig en in en by hul huise (waarvoor betaal is) gepla, besteel, gemartel en gemoor te word.
Ek hoop van harte dat daar ‘n beskerming sal wees vir hierdie mense wat bloot opgetree het om ‘n ander te help.

Grap ·

Aan Dee toe die saak begin het was daar ‘n paar boere waarvan een aangeval was en twee aanvallers wat dood was geen ooggetuies. Die volgende week word ‘n polisieman gearresteer en daarna word meer boere gearresteer nou waar sal u sê kom al hierdie getuienis vandaan wat die polisie het om die ander boere te arresteer .Ek wil ook net sê dis my opinie en ek het miskien nie soveel insae op die saak soos u nie.

Dee ·

Aan Grap, dit neem geen besondere onderskeidingsvermoë of tussen-die-lyne-lees-talent, om af te lei dat my kommentaar geheel en al oor die laaste deel van jou laaste sin gaan. Daar is ‘n paar clichés wat holrug gery is maar steeds aanhoudend gebruik word op hierdie forums. Joune is een daarvan.
Wil jy die werklike bedoeling van die woord cliché opsoek of sal ek jou die moeite spaar? Cliché – a phrase or opinion that is overused and betrays a lack of original thought.

M ·

Dee, ek stem saam met Grap. Waar kom al die inligting nou na al die tyd vandaan. Daai Boere skinder nou. Niemand vat pakslae vir iemand anders nie.

Chris W ·

Van nou af indien daar weer ‘n plaas aanval met boere wat vermoor is plaasvind moet die gewone SAPD summier toegang tot die plaas geweier word en daar moet AANGEDRING word dat die Valke uitkom vir die ondersoek.So moet dit wees vir ELKE plaasmoord in die toekoms!

Ouman ·

Ek glo die waarheid sal uitkom. Daar is net te veel weergawes en ons almal weet dat die sogenaamde Hawks maar net die politieke meesters se opdragte uitvoer. Dit lyk asof arrestasies as deel van intimidasie strategie gebruik word. Geen mens wat by sy volle verstand is sal enige vertroue he in die SAPS Hawks of NVG want die leiers van die organisasies is almal uitgesoek deur politieke base

Oom Kalahari ·

Hierdie klink na ‘n vervolgings sindroom. By die jungle ‘tyre” justice word nooit enige iemand gearresteer nie. Waar sal Loedie (73) nou homself wil beseer, dit klink belaglik en waarom as hul ooit regtig plaaswerkers was wat ek swaar sluk, dan nie die plaaslike polisie gekontak het nie en saam hul gegaan het om hul uitstaande lone te verkry. Hierdie was en is ‘n blote plaasaanval en hul lieg stories raak holgery. As die twee se toestand dan swak was op perseel, waarom nie onmiddellik Paramedici uitgekry om te bepaal wat hul toestand is en behandel nie, maar glo die polisie is ook skuldig na hul weggeneem is om ‘n situasie soos die teen die boere te skep. Hier is meer dinge opgesluit in die hele saak en hoop van harte die hof gaan tot die ware slotsom kom.

Peet J ·

@Karma

@ Karma die foto is kort na die beweerde aanval geneem so dit maak sin dat Loedie hom nie self so kon beseer het nie, soos jy sê.
Volgens sy gesiguitdrukkings kan ‘n mens ook aflei dat hy geweldig ontsteld was na die voorval. ‘n Mens moet ook sy ouderdom sowel as die toenemende misdaad op die bejaarde mense, veral die wat alleen woon, in ag neem. Daar het beslis konflik tussen hulle ontstaan wat die situasie ontlont het. Ek wens hulle alle voorspoed toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.