Parys-boere: Nuutste verdagte hoor oor borgtog

Muller van der Westhuizen Vrydag in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Muller van der Westhuizen Vrydag in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Muller van der Westhuizen (19), die nuutste verdagte in die saak teen die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Vrydag in die hof erken dat hy op die toneel was waar die oorledenes aangekeer is, maar gesê dat hy nie betrokke was by hul aanranding nie.

Van der Westhuizen, ʼn kleinneef van Boeta van der Westhuizen wat ook teregstaan vir die moorde, is Donderdagmiddag in hegtenis geneem. Hy het Vrydag afsonderlik van die ander beskuldigdes voor landdros Ronnie Mnguni verskyn.

Betogers buite die hof. Foto: Nico Strydom

Betogers buite die hof. Foto: Nico Strydom

Van der Westhuizen staan ook tereg op twee skedule 6-aanklagte van moord. Die verdediging het versoek dat Van der Westhuizen op borgtog vrygelaat word en die aansoek is nie deur die staat teengestaan nie. Die hof het gehoor dat Muller in die Parys-omgewing grootgeword het en nou as voorman op ʼn plaas in die gebied werk. Hy het van April tot November verlede jaar oorsee gewerk.

Samuel Tjixa en Simon Jubeba is dood kort nadat hulle op 6 Januarie deur boere in die gebied op ʼn plaas aangekeer is. Die staat beweer dat die boere Tjixa en Jubeba so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Van der Westhuizen het Vrydag in sy verklaring aan die hof gesê dat hy op die toneel aangekom het nadat Tjixa en Jubeba reeds vasgetrek was. Hy het ontken dat hy enigsins betrokke was by die twee mans se dood.

Die hof het borgtog van R10 000 aan Muller toegestaan. Hy sal weer op 27 Mei saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn.

Intussen was die situasie buite die hof baie rustiger as tydens die boere se vorige hofverskynings. ʼn Klein groepie ANC-betogers het voor die hof saamgedrom, maar daar was geen ander politieke groepe of organisasies te sien nie.

Lees alle vorige berigte oor Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ruby ·

Wat van al die “jungle justice” wat in die townships plaasvind, word almal daar ook gearresteer?

Ja nee ·

Die vermeende plaas aanvallers het nog gelewe toe SAPS hul weggeneem het. Wie sê SAPS het hul nie verder geslaan en toe is hul dood nie ?

san ·

Nog iemand inhegtenis geneem net omdat hy op die toneel was. Ag nee man hoe kan die Valke links en reg mense net vang sonder bewyse.

NET EKKE ·

wonder hoeveel maak sapd lede uit die hele bedrog spul neem enigeiemand in hegtenis en wala betaal boertjie dan verdwyn jou saak

Gertjie ·

Ek het in ‘n ander berig gelees dat die valke twee werkers aangerant het om valse verklarings teen van die boere te maak..

ek ·

Dit sal ek glo, hulle het gesê daar is te min blankes in tronke hulle het opdrag gekry om te sorg dat blankes in tronke kom.

Winston ·

Patetiese ondersoeke lei tot hierdie soort inhegtenisnemings. Wetstoepassers en ondersoekbeamptes swak kennis en wil maak soos hulle wil. Polisiestaat?

Flippie ·

Die SAPD, NVG en dept van Justisie (magistrate) werk saam om witmense aan te kla, al is dit baie keer duidelik dat dat die aanklagte teen hulle gefabriseer is. Daarna word die sake keer op keer uitgestel sodat dit ‘n lang en uitgerekte affere word.

Dit kos dan uiteindelik baie geld vir die wit aangeklaagdes en dit is net wat hulle wil hê. Maak die Boere arm.

gtx ·

ek weet nie meer nie,sou daai klomp ook so voor die hof getooi tooi het as die boer dood was.die twee het mos n misdryf teen n bejaarde boer gepleeg met geen genaade nie.Ek sou hulle ook uit stelsel gehaal het.tenminste het daardie boere die guts om saam te staan vir wat net reg is,anders as ons ander slapgatte en kamstige afrikaaners

gtx ·

lol ek het my self per abuis geraporteer ignoreer dit asb redaksie

Frederik ·

Dit lyk meer na ‘n nuwe inkomste slenter van die staat. Vang soveel wit boere as moontlik en wurg R10,000 uit elkeen.

Flippie ·

Ek sou graag wou hê dat Afriforum ‘n beweging op tou sit wat dit ‘n wet maak dat indien die staat sy saak verloor. Die aangeklaagdes vergoed word vir regskostes aangegaan en skade gelei deur die hof saak veroorsaak.

Die staat moet ook staatsgetuies wat meineed pleeg tydens die hofsake summer aanklagte vir meineed en beboet word vir die skade wat hulle met vals verklarings veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.