Parys-boere: Nuwe hofaansoek gebring

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren. Foto: Maroela Media.

Die ses beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak het Dinsdag op die eerste dag van die verhoor net vlugtig in die hof verskyn.

Boeta van der Westhuizen (46), sy seun Loedie van der Westhuizen (19), Anton Loggenberg (50), sy seun Cor Loggenberg (20), Miela Janse van Vuuren (23) en kapt. Henk Prinsloo (47) staan tereg op aanklag van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa (34) en Simon Jubeba (24).

Toe die verhoor net ná 15:00 voor regter Corné van Zyl begin het, het die hof gehoor dat die verdediging ʼn aansoek sal bring om die staat te verplig om sekere inligting wat met die saak verband hou aan die beskuldigdes se regspan te oorhandig. Die saak is daarom tot Woensdag uitgestel.

Van Zyl het die onderskeie regspanne opdrag gegee om met mekaar oorleg te pleeg oor ʼn versoek van die SAUK om die verrigtinge op video op te neem. Sy sal na verwagting ook môre hieroor ʼn beslissing vel.

Advokate Hans de Bruin en Nico Dreyer tree vir die beskuldigdes op, terwyl advokate Sandile Mthethwa en Jabulani Mlotshwa namens die staat optree.

Die staat voer aan die beskuldigdes was betrokke by die moord op Tjixa en Jubeba wat op 6 Januarie 2016 deur boere van die Parys-omgewing op ʼn plaas aangekeer en na bewering só erg aangerand is dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Boere in die gebied het beweer Tjixa en Jubeba was deel van ʼn aanval op Loedie van der Westhuizen sr., Boeta se pa, se plaas, maar die oorledenes se familie het dit ontken en gesê Tjixa en Jubeba is tydens ʼn loongeskil deur die boere doodgeslaan.

Ruth Qokotho, Tjixa se ma, het in trane buite die hof aan Maroela Media gesê 16 maande ná haar seun se dood voel dit steeds asof dit gister gebeur het. “Dit is verskriklik swaar vir ons familie. Samuel was die broodwinner. Sedert sy dood gaan dit [finansieel] nog swaarder met ons,” het Qokotho gesê. “Om hierheen te kom en daardie mense [die beskuldigdes] te sien, hoe moet ek voel? Ek is baie kwaad. Vir die res van my lewe sal ek hulle gesigte nooit vergeet nie.”

Die saak word môreoggend om 10:00 hervat.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Rynhardt ·

SABC aangesien jy daarop uit is om twee boere se verhoor te dek, waar was jy oor al die jare met die dekking van die wreedaardige moorde op Afrikaners?? SABC , hoekom wys jy nie hoe kruise in verkragte vrouens se keelgatte afgefruk word nie?? Nog beter, hoekom wys jy nie hoe wit babas deur bende mans om die beurt verkrag word en aan die brand gesteek word nie??? Ek vra weer, SABC, hoekom is jy nie gretig om dit ook so te dek soos twee boere se verhoor nie? Ekskuus, dit val nie in by jou raamwerk van die nuwe SA nie!

Amanda ·

Ja…..dit nie belangrik nie. Ek kon dit nie beter gestel het nie!!!!! Kom SABC wys hoe die wit boere ook uitgemoor word….ELKE DAG!!!!

pieter ·

Hoe moet die boere wat kos op die tafel sit vir almal in die land se familie voel as hulle so wreed vermoor word.

Swanna ·

Pieter ek vra dieselfde vraag. Nou moet sy weet hoe voel die wit vrouens wie se mans onnodig vermoor is en die plaas nou agteruit gaan. Die media kan so graag hierdie mense se gevoelens oop gooi wanneer hulle aan die kortste en trek sodat die wereld dit kan op slurp want dit is wat hulle soek.

Rolene ·

Hoekom mag boere nie hul self verdedig nie?? Moet hul dan terugstaan as hul aangeval word??

Apie ·

Vermoor tydens n loongeskil? Vermoor deur al daardie beskuldigdes, insluitend n polisiebeampte? Grootste klomp snert!! Nee, tattie, dink n ander storie uit.

Randie ·

Was jy daar daardie om te sien hoe hulle lewens geneem is iets moes gebeur dat hulle gesterf het mens gaan nie net dood as iemand jou slaan nie lees die volle storie toe

Peet J ·

Rynhardt, ek sekondeer jou kommentaar , hoop van harte dat die boere hulle saak ook gaan wen.

Michael ·

As ek die saak reg gevolg het dan het die staat nie ‘n saak maar sou van die boere mekaar veraaiers en staatsgetuie draai verander die storie en kan die be skuldiges ‘n opdraande stryd hê

Boerseun ·

Wanneer gaan die boere agterkom dat dit net nie die moeite werd is om iets te doen wat jou op aanklag van moord in die hof laat beland nie

Johan. H. ·

Dis nie SABC nie Dis SAUK, Hulle sal op elke moontlike manier gery word om te bewys hulle was verkeerd. Hoop hulle Advokate is beter as die staat sn

Ou Bul ·

Johan jy maak ‘n ligte “mistykie”. Die SAUK het optimaal gefunksioneer, maar bestaan laaankal nie meer nie. Wat hier ter sake is, is beslis die Essybiesie.

Johannes van Staden ·

Presies hoe voel die boere wat dit daagliks moet deurmaak …enige geweld is verkeerd en moet ten sterkte veroordeel word ongeag ras of kleur !

zebra ·

ag dis verskriklik! Wonder of mens ooit sal weet wat presies gebeur het? Boere moet so versigtig wees, maar hoe dun is daai lyn tussen verdediging van jou eie en SO kwaad voel vir misdaad dat mens te sterk optree? Ek bid dat die Groot Regter sal genadig wees.

Anoniem ·

Hy was nie die broodwinner nie! Die ma en ander broer het ook gewerk. Ruth het haar werk gelos net na die voorval. Sy het baie gekla oor haar seuns wat haar nie finansieel bystaan nie! Nou was hy die broodwinner!

Anoniem ·

Die regspan is super skerp. Hier gaan nog baie poppe uit die kas spring! Die SAUK kan nie toegelaat word om die saak uit te saai nie – dit sal ‘n totale verkragting vd reg wees! Hoop regter van Zyl sien dit in dieselfde lig as die regspan.

Pompies ·

Wel as dit die waarheid is, het ek geen simpatie met die moordenaars nie. So 25 jaar sit voor in aanmerking kom vir parool.

Bosvarkie ·

Hoekom word plaas aanvallers se fotos nie ook geplaas nie.wys almal,al is hulle net op daai stadium ‘beskuldigdes’soos die boere tans is. Tot skuld of onskuld bewys word,of beweer…met ons regs stelsel.

Dirk01 ·

My beskeie opinie is dat enige rasse voorval of konnetasie is goud werd vir die ANC hulle kort stemme met sulke gevalle kom hulle die ander partye wat sogenaamd blank is vrylik by, hulle sal die propoganda nog meer en meer gebruik .Plaas n waak voor jou mond en waarsku jou vriende om nie uit gelok te word , enige een gryp gou n cell met video opname .Vermy spur insidente.

koos ·

As ek mag vra ,hoekom fotos van die manne,hulle is nog nie skuldig bewys. Dan moet ons plaas aanvallers se fotos ook kan sien,al is die persoon net n beskuldigde op daai stadium tot skuld of onskuld bewys kan word.

Melt Olckers ·

Om sulke tipe dinge te vermy sal Afriforum ‘n PVA moet opstel met die hulp van regsgeleerdes wat gebruik kan word om sulke voorvalle of potensiele aanklagte te vermy.

Martin ·

Hoe kan ‘n klomp volwasse mans nie besef hulle is besig met verkeerde dinge nie. Dit is mos nie hoe dit werk nie kerels. Ek is self ‘n boer, maar dit was verkeerd. Niemand keur plaas annvalle of verkragting goed nie. Kyk wat het julle nou met julle sotlike daad aangevang.
Nou staan julle die kans om julle plase ook te verloor. Wat nou van julle families? Ek kan die ding nie goedkeur nie al wil ek. En verder het ek ook nie simpatie met die tipe van ding nie.
Miskien moet daar dalk ‘n voorbeeld gemaak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.