Parys-boere op borgtog vrygelaat

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg in die beskuldigdebank. Foto: Mariné Jacobs

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg in die beskuldigdebank. Foto: Mariné Jacobs

Die vier boere van Parys in die Vrystaat wat vir die moord van twee vermeende plaasaanvallers in hegtenis geneem is, is Dinsdagmiddag op borgtog vrygelaat.

Landdros Leshni Pillay het borgtog van R5 000 elk aan Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr. toegestaan. Pillay het gesê hoewel dit hartseer is dat twee mense dood is, daar geen bewyse voor die hof is dat die vier beskuldigdes by die saak betrokke was nie en kan hulle dus nie verder aangehou word nie. Sy het gesê sy is teleurgesteld oor die manier waarop die saak deur die polisie hanteer is.

Van der Westhuizen is deur adv. Gideon Mandelstam verteenwoordig, Cilliers sr. en jr. is deur Danie Swanepoel verteenwoordig en Loggenberg is deur Kobus Burger verteenwoordig. Adv. Sandile Mthethwa het vir die staat opgetree.

Ao. Isaac Tshabalala, die ondersoekbeampte, is as getuie geroep om te besluit of die beskuldigdes op ʼn skedule vyf of ses aanklag tereg moet staan. Tshabalala het getuig dat die polisie op Woensdag 6 Januarie na ʼn plaas ontbied is waar twee vermeende plaasaanvallers glo deur boere in die omgewing vasgetrek is. Die oorledenes het glo Lodewyk van der Westhuizen, Boeta se pa, in sy huis oorval en probeer beroof. Van der Westhuizen het glo die paniekknoppie gedruk en die vermeende aanvallers het op die vlug geslaan.

Volgens polisiebeamptes wat eerste op die toneel was, het hulle ʼn groep boere by die vermeende aanvallers aangetref nadat hulle die aanvallers vasgetrek het. Die aanvallers was erg beseer, hul gesigte was geswel en een het “krapmerke oor sy gesig gehad asof hy gesleep was”, het hy gesê. Nie een van die oorledenes kon in daardie stadium meer praat nie, het hy gesê.

Tshabalala het onder kruisondervraging erken dat polisiebeamptes op die toneel gesê het daar was ʼn groot groep boere op die toneel, maar dat ʼn klomp weggery het toe die polisie daar aangekom het. Die vier beskuldigdes het egter op die toneel agtergebly.

Die verdediging het Tshabalala gevra of daar enige bewyse was dat die groep of die vier beskuldigdes vir die oorledenes se aanranding verantwoordelik was en hy het gesê die feit dat hulle op die toneel was, het tot hul inhegtenisneming gelei. Die verdediging het dit aan die hof gestel dat die beskuldigdes onregmatiglik in hegtenis geneem is aangesien daar geen bewyse was om hulle met die moord te verbind nie, maar Tshabalala het dit ontken.

Tshabalala het aan die hof gesê die polisie is steeds besig met sy ondersoek en dat hy veral op soek is na ooggetuies om te getuig. Hy het egter nog geen ooggetuies opgespoor nie, het hy gesê.

Volgens Tshabalala was die oorledenes voormalige werknemers van Boeta van der Westhuizen en het hy hulle geken. Die oorledenes is intussen geïdentifiseer as Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Die beskuldigdes moet weer op 12 Februarie in die hof verskyn.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

g ·

Waar sowaar dawid het Goliad met klip dood gegooi van bevel van die Vader daar bo en was as held bekroon en was as koning bekroon die Vader sien alles en sorg vir sy nasie wees nie nevrees God is on beheer

Patruzchka ·

So waar! God is inderdaad in beheer! Hy sal altyd ‘n Dawid vir sy volk stuur en altyd na hul kyk !

elize naude ·

as daar geensins bewyse is nie, hoekom borgtog betaal?

Melanie ·

Ons is dankbaar vir die boere dat borgtog toe gestaan was,maar waarom was hul in die eerste plek toe gesluit sonder genoegsame bewyse dat dit wel hulle was,my een broer was deur die polisie toe gesluit oor ‘n naweek,die Maandag voor gekom hulle het hom verwar met iemand anderste,saak was uit gegooi,die polisie in my mening is tegou om toe tesluit,net omdat jy op die verkeerde plek,verkeerde tyd was.

Boggom ·

Word gesrresteer net omdat hulle op die toneel was. Lieww hel, fire daai ondersoekbsampte. Hy is duidelik bitter onbevoeg!! Reverdigheid het en sal seevier.

Rudi ·

Erger as die ondersoekbeamte is die landros! Geen bewyse maar saak word nie uitgegooi. Nie lank terug het ‘n regter ‘n swart rower iemand doodgeskiet met hordes getuies en die regter het die saak uitgegooi omdat die polisie nie die regte uitkennings prosidure gevolg het nie. Dubbele standaarde. Een vir ANC en een teen wittes

Piet Snot ·

A nee a, Rudi. Nou praat jy twak.
Hier was nog geen verhoor. Die landdros kan dus nie die saak uitgooi nie. Hierdie was slegs ‘n borgaansoek, en die landdros het die regte ding gedoen: die manne laat gaan.
Moenie ‘n landdros slegsê as sy juis die regte ding gedoen het nie.

Johann Swanepoel ·

Rudi.
Ek ken daai landdros persoonlik en sy is baie bevoeg. Dit is duidelik jy verstaan nie veel van hof prosedure af nie want dit is nie tydens `n borgaansoek moontlik om so iets te doen nie(`n saak terug te trek teen `n beskuldigdeof uitgooi soos jy se) In iedergeval net die vervolging kan `n saak terug trek. Dit is slegs tydens `n verhoor wat `n landdros iemand kan vryspreek), Inteendeel die staat wou die boere vir nog 7 dae aangehou het om die saak te ondersoek en sy het `n stokkie daarvoor gesteek. Jy skuld haar `n verskoning.

Deon Venter ·

Johann, ek stem saam oor die landdros. Ek ken haar en sy is awesome!

PIXIE ·

Jemma ek stem ; HOERA !! julle is uit op borg.
Sterkte. Dink aan julle. HULLE mag ons vermoor, aanval en vermink dit is O.K. maar wanneer ons onsself wil verdedig is dit moord of poging tot moord? Stem nie saam nie.

Francois ·

Indien die saak teen die boere uitgegooi word (soos ek op grond van die inligting in hierdie Maroela berig vervat, glo wel uiteindelik sal gebeur) moet hulle nie huiwer om sake van onregmatige arrestasie teen die Minister van Polisie aanhangig te maak nie.

Lambchops ·

Die boere moet altyd aan die agter speen suig en geen regte wat in plek gestel is deur die regering beskerm hulle nie! Ek hoop hierdie was n boodskap wat op die regte ore val!

Hannelie ·

Baie dankie aan landros Pillay wat nugterheid en objektiwiteit aan die dag gelê het in haar taak!

Tanya Jordaan ·

Akoord.Oud Parysenaar en ken haar.Sy is brilliant!!

PJ ·

Andrè stem saam met jou maar net hoop daar kom ewe skielik “getuies” te voorskyn nie

Jen ·

Weereens ‘n bewys dat SAP maar net nie hul werk kan doen nie en net daar is om salaris te ontvang, ons blankes sal met als wat ons het ons boere en mekaar beskerm, want die regering is te sleg

Ben ·

Jen – “ons blankes sal met als wat ons het, ons boere en mekaar beskerm ” ? Ken jy ‘n Suid-Afrikaner? Hulle help die klippe gooi. Lekker slaap.

Madeleine Hoffmann ·

Ek glo nie daar in dat die reg in eie hande geneem word nie, maar as hierdie boer nie daar in geslaag het om alarm te maak nie sou sy wrede moord net nog ‘n onbenullige beriggie in die koerant of sosiale media gewees het. Ek bly self in ‘n landelike gebied en verstaan die vrees en frustrasie waarmee boere elke dag moet leef.

Paul ·

Uiters swak polisiewerk. Arresteer die mense vir moord eenvoudig omdat hulle die enigstes was wat daar bly rondstaan het?
Beteken dit nou as ek dalk afkom op ‘n toneel waar ‘n groep mense ‘n ander ou aanrand en die polisie kom aan en die aanvallers hardloop weg en ek bly daar uit nuuskierigheid of omdat ek die ou wil help, ek vir aanranding gearresteer sal word net omdat ek daar rondgestaan het?! Swak!

Sulke swak polisiewerk is ook die rede vir hoekom die plaasaanvallers dikwels met moord kan wegkom.

John S ·

As a former policeman and investigator, I can honestly say that the police are simply not up to the task any longer. How many “easy” cases have they botched and messed up? It was certainly not procedure (protocol) to arrest bystanders, or even onlookers, while I investigated cases. There has to be credible evidence, and until such time, these men have to be left alone. No one is denying that something did happen to the deceased, but to simply arrest those who’d stayed behind after the rest had left is textbook lazy, incompetent police work. No evidence, no arrest. Simple. The ones responsible for the deaths most probably left the scene first. SO there is something for the detectives to do … go find them, if you can.

Ettienne ·

Stem saam oos nog altyd, weet nie wanneer laas ek iets gehoor het wat die polisie reg gedoen het nie. Dit wys net dat daar te min oplyding gegee en ontvang word.

Jaco Grobler ·

Baie interesante verwikkeling, ek wonder of die 4 boere verklarings afgelê het, of hul reg om te swyg beoefen het.

GES ·

Dit is absoluut belaglik van die polisie om sekere persone uit te sonder as 20 of meer hoogs gefrustreerde persone ‘n plaasmoordenaar hanteer. Ek hoop hier gaan ‘n behoorlike eis ingestel word vir onregmatige arresstasie.

Johann ·

Ek hoop nie daar gaan nou nog ‘n herrie losbars om hierdie manne se koppe nie. Ons kry genoeg daarvan met rassisme die afgelope tyd. As daar nie bewyse is nie, laat gaan hulle en vergeet daarvan.

Flippie ·

Ek kan nie verstaan dat die boere nie op waarskuwing vrygelaat is nie. Hulle is onregmatig in hegtenis geneem en daar is geen gronde vir hulle arrestasie of aanhouding nie.

Nou gaan die uitgerekte saak jare duur en die beskuldiges honderde duisende rande kos om hulle onskuld te by wys – sonder dat die staat hulle skuldig kan bewys.

Hulle hoef nie skuldig bevind om gestraf te word nie. Hulle srtaf begin nou – ‘n uitmergelende tyd wat jou R10,000 per hofdag gaan kos Plus ook die sielkundige aftakeling wat met die hofsaak gepaardgaan en dit net om aan die einde onskuldig bevind te word.

Die polisie NPG en magistrate weet al dat jy noodwendig skuldig te wees aan ‘n misdaad om gestraf te word nie. Die hofsaak alleen is hel om deur te gaan en gaan jou ‘n arm en ‘n been kos.

Voorspoed en sterkte voorentoe vir julle Vier ek weet wat gaan kom.

DPJ ·

Nou verstaan ek waarom die polisie al minder gewild is by publiek.
Te lui om behoortlike ondersoek te doen en gryp die maklik opsie aan en kan dan verder gaan slaap in die stasie.
Waar is die valke wat daarby betrokke was?

Sarel Strydom ·

Sterkte vir hierdie vier Boere en hulle families. Dt is egter teleurstelling hoe hierdie mense en die wat dood is gebruik word deur groepe om hulle eie agendas te bevorder, wat niks met die Boere te doen het nie asook geen voordeel vir hulle inhu nie. Moet nie vir my vertel die organisasies wat by die hof opgedaag het, almal van hulle, het nie elke een hulle eie agenda gehad nie.

"Siek en sat" ·

Ons mense is absoluut keelvol vir al die plaasaanvalle, plaasmoorde, inbrake en diefstalle!!!!!!
Hierdie is maar een geval waar hulle gekry het waarvoor hulle gesoek het!! Welgedaan! Trots!!

Liewe lulu ·

Ek persoonlik dink hierdie 4 boere moet hulle sekuriteit opskerp.

peet bez ·

Dit moes natuurlik vir hierdie boere ook traumaties gewees het tydens die agtervolging en dan die uiteindelike aanranding. Maar hulle was dapper genoeg om die voorbeeld te stel van wat nou moontlik gaan gebeur met baie meer voornemende plaas aanvallers as die regering nie daadwerklik iets hieromtrent gaan doen nie…..wat nie gaan gebeur nie soos al ons intellegente mense tog weet.

George ·

Met ander woorde jy moet wegjaag as die polisie kom, want bly jy staan is jy skuldig, watter klomp morone moet ons land beskerm, useless. Pleks v
R 5000 borgtog en regskostes moes hierdie manne medaljes v dapperheid ontvang het. Maar die owerhede se maatjies het vir n slag 2de gekom. Die oorledenis het hulle aangeval, sjoe dan wonder ek hoe het hul weggehardloop na die paniek knoppie gedruk is

Renier Engelbrecht ·

Nooit maar nooit sal hulle weer n plaasaanval uitvoer nie.

Johann Marx ·

Beveilig julleself en julle gesinne nou nog meer. Wees wakker, en slaap met een oog oop, en een hand op jou vuurwapen. As individue nie tevrede is met ‘n regstelsel nie, en dit nie verstaan nie, slaan hulle terug boendoe-hof toe.

elize ·

As die polisie nie die boere kan beskerm nie, moet hulle dit maar self doen. Ek is net bly om te hoor dat ons nie nog ‘n boer aan die dood moes afstaan nie. Hulle sorg tog vir Almal se kos…..

Acca ·

Hoekom moet die “minister” of staat altyd gedagvaar word vir valse arrestasies. Het dit nie tyd geword dat die betrokke polisieman in sy persoonlike hoedanigheid gedagvaar word en die geld van hom verhaal word nie. As jy self betaal gaan jy twee keer dink voor jy belaglik raak en weet jy moet self betaal.

Hout Leepel ·

Dit wys net wat die regerende bewind aan ons land doen. Die is niks minder as n Marikana geval nie. Die polisie is daar om vir ons n diens te skep om vir ons veiligheid te bied. Om te verhoed dat sulke voorvalle moet plaas vind. My vraag is hoe kom die plaasaanvallers 8km ver weg van die toneel af. Hoe lank het dit die polisie geneem om na die toneel te gaan. As hulle nie so onveboegde en vet gevreet aan ons belasting geld was nie sou hulle dalk vroeer by die toneel kon kom om die dood van die mans te verhoed. Daar is geen bewyse hoekom die mans in die toesig van die polisie/ambulans gesterf het nie? Wie se nie hulle dood was as gevolg van nalatigheid van Die Departemente nie Die is n direkte spieel beeld wat in ons land se parlement aan die gang is. Dit is meer belangrik om in n R3 miljoen se makverwante huis wat R480 miljoen of wat ookal aan die swembad spandeur is te bekom as om oor die mense wit/swart/pienk/pers/geel/ grys/ oud /jonk/man /vrou se veiligheid te bekommer van die wonderlike land van ons. Mense word verkrag elke dag. Gemoor vir die “plesier” daarvan terwyl die departemente se standaarde so verlaag het dat die OK is om op jou alie te sit en n salaris te verdien. Dat die slaag syfer so pateties is en daar word gese dis so n kein bietjie slegter. #DieBewindMoetVal

Verlig!!! ·

Baie verlig vir jul 4manne, outjies tel jul koppe op, boer en gaan aan met jul lewens, julle & die res moet aanhou om mekaar te beskerm. Swak Polisie beamptes,jul gaan darem van nou af besig wees om elke skare rondom n dooie persoon te arresteer! Verder hoop ek die wat al die valse boodskappe die media ingestuur het stik aan sy eie stupidity-opsweping baat niemand! Die toi toi groepe begin werk, maak n verskil, onthou lee blikke maak die hardste lawaai – dit beteken as jy nie grysstof het nie sal jy oor iets waarvan jy niks weet of nie verstaan tekere gaan en lawaai maak!

Gerhardt ·

Ek sal bitter graag met “AO” Isaac “arrest bystanders” Tshabalala, ‘n onderhoud wil voer. Goeie genade maar die man klink na ‘n krisis.

SNEL ·

Baie bly vir die boere!! Ek wonder nou net, as die gemeenskap gewoonlik die reg in eie hande vat as iemand verkrag is of so, dan is hulle in hul horde daar en daar is baie ooggetuies en dies meer, maar nooit hoor jy dat van hulle gevang word nie (waaroor ek ook dankbaar is, want hulle help darem om van die skuim van ons land ontslae te raak), maar hoekom nou die boere in hegtenis neem? So bly daar is mense wat sê genoeg is genoeg, as ons regering ons nie wil beveilig nie, dan tree ons self op. Duidelik het ons al gesien, hulle kom vra nie net n broodjie nie, maar kom om dood te maak, so dis jy of dis hulle. Baie bly saam met die boere en hul families.

Chris N ·

Is daar al ‘n Fonds gestig sodat ons die Helde finansieel kan help? Onthou die 2 wat pesmanent uit die samelewing verwyder is, was in staat om jou of van jou geliefdes leed aan te doen.

Melt Olckers ·

Dit is verkiesing tyd. Die ANC sal nou alles probeer om gemoedere op te sweep.

Sputnik ·

Kan iemand verduidelik waarom die “betogers” buite die hof die vierkleur (?) vlag rondswaai? Leef hulle nie erg in die verlede nie?

Danie Kok ·

Sputnik, ons mense word vertrap, verdruk en daagliks vermoor en jy het ‘n probleem met die Vierkleur? Sies man, skaam jou! En dis nie “betogers” nie, dis ons mense wat eenvoudig gatvol is.

Wim Kotze ·

Om Orwel te parafraseer: “ANC vlag goed, Vierkleur sleg.” Die breinspoeling het klaarblyklik goed gewerk.

Theresa B ·

Ek het dit gisteraand op TV gesien. Ek word so kwaad – ek sal beroerte kry. Hierdie “ander spul” het wragtig nie breins nie. Nou skreeu en spring hulle hier voor die Hof rond. Verwag hulle regtig dat ons net gaan stilsit as ons boere aangeval en uitgemoor word op hul plase. Wie is nou verdomp rassiste. Ek sal ook nie sonder ‘n geveg doodgaan nie. Ek sal tot die einde my en my mense beskerm. Al sterf ek, sal ek ten minste een van die gemors saamvat. Ek kan ook sien hoekom Maroela die kommentaar “sensor”. Want ek is nou gatvol vir al hierdie snert in hierdie land. Ek sal woorde uiter wat nog nooit gehoor is nie. Mag die Here ons asseblief help in hierdie land sodat ons land en mense opgetel kan word.

pieter ·

vra die sap waar is die ooggetuies van die plaas aanval was hulle ooit daar

Fanie ·

Die polisiemanne wat daar opgedaag het en daardie vier boere in hegtenis geneem het, net omdat hulle op die toneel was, moet dadelik uit hulle poste geskors word.
Die vier boere en hulle regslui, moet gaan eis vir daardie polisiemanne se ontheffing van diens aan ‘n gemeenskap wat onregverdig uitgevoer word.
Eis die borgtog geld, wat nou onnodig (deur hulle toedoen) moes betaal word deur die boere, direk van hulle af.
Hulle het geen reg gehad om daardie boere te arresteer nie. Geen bewyse en geen gronde.

Andre ·

Snaaks hoe ons boere vir God kan bid vir reen en bly is dat ons broers op borgtog vrygelaat is, maar geen simpatie of n gedagte he, vd 2 x mans wat obtuseness wreed vermoor was nie.

God sal seker dan verstaan as ons soos die duiwel optree en Hom net in sekere omstandighede buite ons vermoee’ s aan roep ?

FM ·

Andre, ek verstaan jou nie. Hoeveel moorde sou die ontslapenes(vemeende rowers)nie dalk nog poog om te pleeg nie. As daai man nie die paniekknoppie gedruk het nie,dan was hy moontlik statistiek en hy het OOK familie. EN hy het niemand aangeval nie.Of verstaan ons jou verkeerd.ONS boere word tot op breekpunt gedruk.Hoor graag deur maroela van jou .

Sputnik ·

Danie, ek het simpatie met die boere en die gevaarlike omstandighede waaronder hulle moet werk, maar waar sien jy in my skrywe dat ek ‘n probleem het met die vierkleur? Ek wil bloot weet waarom mense in dié tyd nog kleef aan sulke ikone soos die vierkleur en wat Siener gesê het. Ek weet baie goed wat die geskiedenis van die vierkleur is, maar tyd stap aan.

Danie Kok ·

Sputnik, die rede hoekom ware Afrikaners nog “kleef” aan die Vierkleur is oor dit wat die vlag vir ons simboliseer. Onder die Vierkleur het die Boerevolk sy onafhanklike Christelike republiek gekry, twee Vryheidsoorloë geveg met onmeetbare hartseer offers en sedertdien het dit in die kern van die volkshart ‘n onsterflike plek verwerf. As jy dit nie kan begryp nie dan is jy waarskynlik net nog ‘n Afrikaanse met geen empatie vir die volk waaruit jy stam nie – dis nou as jy as ‘n Afrikaner gebore is. Jou kwetsende verwysing na die boere wat hul vier mede-boere by die hof ondersteun het as “betogers” tesame met die “leef in die verlede” opmerking oor die Vierkleur wys duidelik dat jy ‘n probleem het daarmee. Nee man, dis nie mooi om jou rug op jou eie mense te draai nie.

Jade ·

Ek is baie bly die boere is op borgtog uit maar duidelik verstaan baie mense nie hoe werk die gereg nie. ‘n Beampte mag iemand inhegtenis neem op ‘n toneel en vir ‘n sekere tydperk aanhou vir ondervraging en hy mag aandring op ‘n regsverteenwoordiging. Die beampte het niks verkeerd gedoen om hulle in hegtenis te neem onder die “suspisie van moord nie, moord is wel een stappie verder”. Hulle mag ook eis dat die beampte stawende bewyse gee vir sy die feit dat hy sê hulle het daar gewerk – dit val onder hoorsê tot dit bewys kan word.

oere se sisteem om mense aan te stel moet fyner wees. Neem ‘n foto van elke persoon, trek ‘n kontrak op en hou dit op leer, vra vir polisieklaring om te kyk of hulle ‘n rekord het en so begin mens werk maak van ‘n databasis vir die boere.

Chrisjan ·

Jade, verduidelik asb vir ons boere hoe en waar kry ons polisieklaring voor ons iemand in diens neem.

Theresa ·

As iemand inbreek of erger EN jy’t hom nog geken, maak dit die hele misdaad erger, nie minder nie. Mens vertrou iemand net om besteel of vermoor te word.
Los mense wat inbrekers regsien uit. Los mense wat moordenaars vastrap uit.

Monica ·

My hart gaan uit na die boere waar sal dit eindig as ons ons nie meer kan beskerm boere is magteloos al wie hulle op kan staat ons God daar sal jul hulp vandaan kom ek hoop van harte dat die saak sal uit gegooi word glo net aan ons skepper. Ons boere ek voel vir julle.

Jan ·

Daar is baie ryk mense in ons land die boere moet net een jaar saam staan en niks produseer nie dan sien jy in watse gemors hierdie land is as daar geen kos op die winkel rakke is nie en met wat se geld gaan hulle kos invoer

Hex ·

Ek boer self, en vrees my en my gesin se leefwyse daagliks. Wie is volgende? Ek? My kind? My broer? My ouers?
Volgens die Regering is Boere “op hul eie aangewese”.
Nou dat ons optree soos die situasie dit regverdig, breek alle hel los.
“Jungle Justice” word in lokasies toegepas as inwoners verdagtes publieke teregstellings gee, en geen haan kraai daarna nie!
Gaan dit nou oor ras?
Dan het die oorledenes mos nou eerste loop moeilikheid maak, deur te gaan lol by anderskleuriges – die Boer.
As jy so dom is om jou kop in ñ geïrriteerde leeu se bek in te druk, moet jy nie huil as hy jou byt nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.