Parys-boere: Saak duur voort

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in Februarie in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr., Anton Loggenberg en kapt. Henk Prinsloo in Februarie in die Parys-landdroshof. Foto: Nico Strydom

Wian van der Westhuizen en Fanie Oosthuizen het Maandag in die landdroshof in Parys, Vrystaat, verskyn in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die Parys-distrik aangekeer is.

Jacques Steenkamp van SAUK Nuus berig die staat het die twee mans se aansoek om borgtog teengestaan, aangesien die staatsaanklaer aanvoer die mans staan tereg op ʼn skedule 6-misdaad.

Volgens Steenkamp het die landdros egter versoek dat die staat dit moet staaf, aangesien ander beskuldigdes tereg staan op aanklag van die oortreding van ʼn skedule 5-misdaad en gevolglik op borgtog vrygelaat is.

Maroela Media het vroeër berig Boeta van der Westhuizen, een van die beskuldigdes, is Vrydag weer in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy borgtogvoorwaardes verbreek het. Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê dat Van der Westhuizen glo lede van die ondersoekspan gebel, gedreig en geïntimideer het.

Boeta van der Westhuizen is saam met kapt. Henk Prinsloo, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun Johan Cilliers jr., in hegtenis geneem in verband met die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba.

Wian van der Westhuizen en Oosthuizen is verlede week in verband met die moord in hegtenis geneem. Hulle is ook inwoners uit die plaaslike plattelandse gemeenskap.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Michael ·

Dit klink nie reg?Die Staat het nie ‘n saak ,die beweerde beskuldigdes moet hulle dagvaar vir hierdie ontneming van hulle vryheid wanneer die saak gewen word deur die verdediging.

Paul ·

Beeld berig vandag dat die Valke die plaaswerkers met ongeoorloofde optrede dwing om verklaring te doen. Die landdros behoort Zuma, Minister van Polisie, Hoof van die Valke en die betrokke lede van die Valke almal toe te sluit vir intimidasie op groot skaal van getuies wat nie eens op die toneel was nie.

Liewe Heksie ·

Ag regtig dit raak nou afgesaag wie ookal is besig met n heksejag hier STOPIT nou jul maak jul naam net weer en weer toffie

Elize ·

Lyk vir my daar is ‘n les te leer by ander “groepies”, daar word net gesê niemand het niks gesien nie en niemand weet wie dit gedoen het nie. Einde van die storie.

Johannes Meintjes ·

Die wortel van die kwaad, synde misdaad in SA, moet aangespreek word sodat ons gemeenskap kan leef en die boere kan boer. Die Staat en die SAPD (en ons sit-sit-so belangrik-lyk “Boerevolkleiers”) moet in die beskuldigingsbank staan.

Hannes marais ·

Dis nie net die Boer op die plaas wat slagoffers is van geweld nie..baie witmense in dorpe en stede word daagliks geteiken

Johan ·

Die boere wat hier so links en regs toegesluit word lag al die pad bank toe want hier kom n seviele eis teen die polisie na afhandeling van die die saak wat skrik vir niks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.