Parys-boere: Saak hervat drie jaar ná 2 sterf

Die ses beskuldigdes in Mei 2017 in die hof. Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Jansen van Vuuren. Voor staan Hannes Grimbeek, ‘n lid van die verdediging se regspan. Foto: Maroela Media

Die saak teen die ses mans van die Parys-distrik in die Vrystaat wat al sedert 2016 sloer, sal vandag in die rondgaande hof in Parys hervat word.

Boeta van der Westhuizen, Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Die verhoor is van 28 Januarie tot 15 Februarie op die hofrol geplaas nadat prokureurs Hannes Grimbeek wat Prinsloo verteenwoordig het, en Kobus Burger wat Anton, Cor, Loedie en Jansen van Vuuren verteenwoordig het, hulle verlede jaar aan die saak onttrek het weens ʼn moontlike botsing van belange.

Gideon Mandelstam, wat net vir Boeta verteenwoordig, sal aanbly as opdraggewende prokureur. Boeta sal egter ook ʼn nuwe advokaat vir verskyningsdoeleindes moet aanstel.

Miela Jansen van Vuuren en Loedie van der Westhuizen tydens die ondersoek ter plaatse Dinsdag (16 Mei 2017). Foto: Maroela Media

Die botsing van belange waarna verwys word, is sekere dele van Boeta se getuienis wat nie ooreenstem met van die ander mans se weergawes nie. Dit maak dit dus onmoontlik vir een advokaat om al ses beskuldigdes te verteenwoordig indien hul weergawes verskil.

Dié wendinge het boonop gekom nadat adv. Hans de Bruin SC hom in Mei 2017 aan die saak onttrek het weens persoonlike redes. Adv. Nico Dreyer wat De Bruin vervang het, is in Januarie 2018 oorlede. Adv. Koenie Pieterse is daarna aangestel as die verdediging se derde advokaat in die saak.

Boeta het vroeër aangedui dat hy deur ʼn adv. Pistorius van Centurion verteenwoordig sal word, Anton deur Johan Vorster van Bloemfontein en Jansen van Vuuren deur adv. Du Plessis van Mafikeng. Prinsloo, Loedie en Cor het verlede jaar aangedui hulle sal om regshulp aansoek doen.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Siener ·

Jy is duidelik nie bewus dat die twee wat dood is betrokke was in ń plaasaanval en hierdie boere hulle aangekeer het.

legens ·

beweerde plaasaanval en vigilanties moet nie geduld word nie . moord bly moord soos hierdie ysters wel sal uitvind .

PaulV ·

Maroela Media; die leser ‘legens’ plaas die woorde ‘bring die doodstraf terug/bring terug die doodstraf’ oor en oor en oor!!

legens ·

die lafaards . kan net in groepe rondbeweeg en mense vermoor .

Johann Strydom ·

Jys reg,die plaasaanvallers beweeg in groepe en vermoor onskuldige boere.Dankie dat jy saamstem

Lee ·

Legens …. die manne mag nie saam staan in ‘n groep teen misdadigers nie, maar die misdadigers mag maar saam steen teen onse ou volkie ????? Nee wat, as die misdadigers in groepe kan beweeg, kan die boere ook maar in groepe beweeg.

Thinus Erasmus ·

Legens kom ek help jou net gou reg:
Plaasaanvallers, rowers en huisbrekers poog om onregmatig ander te benadeel.
Vigilante, selfbeskermings groepe en privaat sekuriteit poog om hul te keer of aan te keer, ter beskerming van die regmatige!
Jy kan nooit die dade van ‘n “vigilante” persoon/groep vergelyk met die’ van die misdadiger nie, tensy jy deel is van lg. of hul ondersteun.

tamboti ·

Maroela hooekom noem jul nie dat die ses beskuldiges die vermeende plaasaanvallers aangerand het in die poging om hul aan te keer nie?
Moenie soos die ander media (RSG) die saak aan een kant versag en ander kant vererger nie. Hul noem bv. dat in die ander saak van die sonne blom diefstal, dat die seun met “n sonneblom betrap is – m.a.w. net een, so asof hy vir sy ma een blommetjie gaan pluk het!

Nettie ·

@legens, is jy gelukkig om in ‘n bestel te lewe waar jy agter 6 voet hoë mure, met elektriese drade, “SOA”-alarmstelsels, spreiligte, kwaai honde, 24-uur gewapende-reaksie sekuriteit, ‘n vuurwapen (dalk) aan jou sy te leef?

Wel, dít is waaraan jou vriende, die “beskermde wild” (misdadigers) ons (gewone mense) in SA vandag blootstel. Ek sal my nie verbaas as jy ‘n expat is, wat veilig en tevrede van “daar anderkant die water” sit en kommentaar lewer oor ‘n bestaan waarvan jy weggevlug het nie en geen “cooking clue” het wat vandag in SA aangaan nie.

Shut up, eerder.

tamboti ·

legens jou feit laat jou in steek, die vermeendes is wel aangerand maar lewendig oorhandig (oorgegee) aan die SAP. Hul het wel later in hospitaal gesterf.
In Sa het ons ook nie jurie nie, maar in elk geval, waar was judge, jury gewees toe Frikkie Rademeyer vermoor was?

EM ·

My ma is in ‘n plaasaanval “vermoor”. In die rug met ‘n haelgeweer geskiet. My pa is erg aangerand en toegesluit in ‘n stoor. ‘n Week na die aanval het my pa ‘n massiewe beroerte gehad, agv post traumatiese stres. Hy kon nooit weer “reg” praat nie en het vir 3 jaar in ‘n versorgingsoord “oorleef”. Hy was 86 ten tye van die aanval. Die 2 aanvallers is nog steeds op vrye voet. Ek wonder hoeveel dade het hulle nog gepleeg. Die polisie het die saak “gesluit”. Ek wonder hoe sou jy voel as dit jou ouers was?

Nico Vermaak ·

Ignoreer vir ou “Legens”asb. Hy maak julle net opgewonde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.