Parys-boere: ‘Staat het geen bewyse nie’

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg in die beskuldigdebank. Foto: Mariné Jacobs

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg in die beskuldigdebank. Foto: Mariné Jacobs

Die borgtogaansoek van vier boere wat in die Parys-landdroshof verskyn in verband met die dood van twee plaasaanvalverdagtes, sal na verwagting Dinsdagmiddag hervat word.

Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr. het Dinsdagoggend in die hof verskyn op aanklag van moord in verband met die dood van twee verdagtes wat na bewering ’n boer op sy plaas aangeval het.

Die klein hofsaal was stampvol gepak met familielede van die beskuldigdes en die oorledenes, verslaggewers en enkele verteenwoordigers van politieke partye. Die saak is deur landdros Leshni Pillay waargeneem.

Die borgtogaansoek het begin met die staat wat die hof versoek het om die saak uit te stel vir verdere ondersoek. Die staatsaanklaer het aan die hof gesê die moontlikheid bestaan dat nog verdagtes in hegtenis geneem kan word en dat die ondersoekspan daarom kans gegun moet word om meer inligting in te win.

Die verdediging het die staat se aansoek teengestaan en gesê die staat het geen bewyse dat die beskuldigdes betrokke was by die dood van die verdagtes nie. Volgens die boere se regsverteenwoordiger het die staat nie konkrete bewyse dat sy kliënte nie net bloot omstanders op die toneel was toe die oorledenes deur ʼn groep boere vasgetrek is nie.

Nadat die hof kortliks verdaag het, het Pillay beslis dat die borgtogaansoek sal voortgaan aangesien die staat genoegsame tyd gehad het om voor te berei.

Intussen het die gemoedere buite die hofgebou hoog geloop terwyl die verrigtinge binne aan die gang was. ANC-ondersteuners het gedans terwyl hulle die omstrede “Kill the boer”-lied gesing het. ʼn Groep plaaslike inwoners wat die vierkleur geswaai het, het in reaksie hierop “Die stem” begin sing.

Teen die tyd wat die hof verdaag het, het oproerpolisie nog meer roldraad om die gebied gespan en ʼn waterkanon is ingebring om die skare onder beheer te hou.

Die hofsaak word om 14:00 hervat.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Pieter ·

As die ANC – ondersteuners die gewraakte “Kill the Boer” – lied sing, is dit nie rassisme en die aanblaas van geweld nie? Maar dit gaan “ongesiens” verby…

Marissa ·

Ek stem Pieter maar niemand is so doof soos die wat nie wil hoor nie…

Corné ·

Dis juis nou dat Afriforum die saak moet verder vat met die wat haat en moord op boere aangehits word.

Cathelene ·

SABC 2 nuus was die witmense met hulle lewens gedreig op nationale tv. Hulle wil ons uitmoor soos die jode vermoor was, en al wat daai swartman kry is skorsing- dit is onregverdig. Die vrou wat die swartmense ape noem, moes bedank- waar le die regverdigheid in ons land. Ons is duidelik nie meer welkom in SA nie, dus as ‘n voorstel- waarom gee ons president die witmense nie verniet grasie op immigrasie en vesa nie. Ek meen, op so manier sal hulle vinniger van ons ontslae raak, want wie wil tog in ‘n land bly waar jy oor jou kleur gemoor gaan word.

Christo Visagie ·

Het die ANC & EFF gedink dat die boere hulle vir altyd soos lammers ter slagting moet laat lei,,,,,,,,,,,,,,,,,die boere het nou genoeg gehad vir die barbaarse manier wat hulle aangeval en gemoor word. Hoekom is julle nie ook by hofverigtinge as die boere vermoor word nie.

natashia ·

Die uitspraak is eintlik so eenvoudig! Geen oog getuies, geen saak! Maar met die rasisme is daar vandag so baie getuies hoekom word daar nie iets omtrent dit gedoen nie? Daar word blatant gesing dat ons vermoor moet word!

DPJ ·

Ek sien nou waarom rassisme wet deur gevoer moet word. Alles optreede en woorde van wittes is rassime en net hulle kan rassisme bedrywe. Aander kulture kan niks verkeer sê of doen nie. Rassisme sal nou besin word soos appartheid asof ‘n nuwe woord gevorm is deur hulle.

Strandloper ·

Ja, hoekom word die spul EFF-gepeupel nie net daar in hegtenis geneem oor die lied wat hulle sing nie???? Julius word nooit aangevat nie en sy spul navolgers nog minder!!

Pieter ·

Strandloper en Fanie, hoekom gaan lê julle nie klagtes van rassisme/haatspraak nie? Dink jy nie ‘n groot deel van die probleem is dat mense/groepe nie weet hoé om op te tree/watter reeds neergelegde wetlike stappe te neem wanneer hulle geafronteer/te na gekom voel nie. Om te gryp na die vierkleur moet enige regdenkende erken gaan niks positief bydra tot die saak nie.

frikkie ·

en hoor jy die magtige dreuning oor die veld kom dit aangesweef….dit is die lied van n volk se ontwaking wat harte laat sidder en beef………..

Rynhardt ·

DIE staat het geen bewyse nie, boere moed vrygespreek word! Omdat hul wit is probeer die staat die saak uitrek.Op E-Tv is gewys hoe die EFF die skare opsweep teen die bowre! Daar is groot fout met hierdie EFF en Anc wat gedurig hul rassekaart speel teen boere!

Andre ·

Hoekom sien mens die anc/eff nooit by howe wat vermeende boermoordenaars verhoor word nie?

Dee ·

Ek hou daarvan dat die landros nie toegegee het aan die staat se versoek om die borgtogaansoek uit te stel nie. Dit is ‘n ligpunt.

frikkie ·

DIS SOO SNAAKS AS HULLE DIE WITTES AANVAL EN DOODMAAK WORD DAAR NIKS GEDOEN NIE HULLE KOM UIT OP BORGTOG VAN R50.00 EN GAAN MAAR NET WEER AAN MET ALLES. NOU DAT DIE BOERE BEGIN SAAM STAAN NOU MOET DIE DOODSTRAF TERUG KOM, HOEVEEL MOES DAN NIE AL DOODSTRAF GEKRY HET WAT SO BAIE PLAASAANVALLE GEBEUR NIE???? DAAR WORD NET IETS VAN HULLE GESE DAN WIL HULLE VEDERE STAPPE NEEM EN DIE BOERE DOODMAAK(WITTES) MAAR MET HULLE MAG NIKS GEBEUR NIE. DIS HOEKOM ONS LAND IS WAAR HY IS VANDAG….. WANT HULLE KRY ALS REG!!!!!!!

l ·

Arresteer die blikskottels! Ek hoop videos word geneem van die “Kill the Boer” singery sodat daar later bewyse is. Hulle ontken mos altyd alles! Videos wat oorsee gewys kan word. Plaas n video daaroor sodat ek dit aan my kleindogter kan stuur. Sy sal dit op hulle openbare media versprei.

Neels ·

Oorsee voel vere vir ons land. Hulle sal op die kantlyn bly totdat daar niks van ons land oor is nie. Hulle soek ons minerale en spasie

Pieter ·

Al wat ek kan se is die land is siek. En net God aleen kan hom genees. Met dit gese sit ons wittes (boere) nogsteeds met die probleem van selfsug. Ons sien nie die son bo mekaar se koppe skyn nie. My hart gaan uit na daardie famillies toe want wat help dit om jou eie nasie te probeer red as jy moet toegesluit word op aanklagte vir moord omdat jy die regte ding try doen het??

betta ·

Ja alles word mos in hulle guns geswaai, hulle mag maar die gewraakte lied sing dan is dit nie rasssisme nie, maar se nou net iets van hulle dan word jy hof toe gesleep

Fanie ·

Weg met swart werkers op ons plase!!! Daar is baie wittes sonder werk. Help hulle eerder. Dit sal baie beter werk Soos in Israel se kiboetse.
Weg met die moordenaars op ons plase, wat met wapens kom om hulle geld te kom haal!!

Pikkie ·

Fanie jy is reg. Ons moet nou saam staan. Hoekom gee ons nie ons eie mense werknie en al die BOERE moet net vir hulle eie volk kos voorsien. Wie gaan dan na ons toe terug kruip. Verdere rassisme sal ly tot geen voedsel aan die bevolkings groep nie!!!!

Dan ·

Laat hulle maar sing, dit gaan hulle niks help nie. Geregtigheid gaan nog seevier,twee van hulle en hulle gaan so aan, hoe moet ons al voel oor die honderde van ons wat onskuldig vermoor is.Daai twee was nie onskuldig nie.

frans ·

Ek.se wee kom.staan.saam as hul wil skree en pak ons kan ok net beter dis al bewys

frans ·

Dis n.ou lafhaard manier van hule om ons mense te trai bang maak staan.saam.hul.sal.kak

celeste ·

Die familie is nie daar om te treur oor die wat dood is nie, hulle soek geld soos gewoonlik. Dis al waarvoor hulle by die hof is. Daar word niks gese as die boere so gemartel en vermoor word nie maar laat jy nou net iets aan die aanvallers doen dan is jy skuldig. As hulle onwettig op jou erf of plaas kom moet hy maar kry wat hom toekom.

frans ·

Hule is lafhards en flipen bang hule wil die boere da bang maak ma sali ons al.deur baie oorlo die.dag gaan kom wat die hare gan.wai en die hande gaan loskom

AMS ·

Dis tyd dat ons boere vir mekaar begin opstaan. En ek stem saam. Daar is baie wit hardwerkende jong mans daar buite wat werk soek. Neem hulle eerder in diens. Hoekom moet ons langer werk gee aan die wat ons so uitmoor?

Gesiggie ·

Luister hierna…. Gemoedere het hoog geloop terwyl hof verigtinge aan die gang was?? terwyl hul Kill The Boer lied sing??? Wie is nou rasisties””’ altyd ons… ons boere ons mense”’ wie gee hul die reg om maar net te doen wat hul wil, maar as n boer net sy vinger sou wys vir n een van sy nie Blank werkers….. Jy is Rasisties…en dan sal hy hom sommer aankla? waar gaan al die nonsens eindig? in n boere Oorlog””’ meskien al manier hoe die boere kan opstaan vir wat reg is” Oh nee sorry ek vergeet, jy mag nie net skiet”” maar jy Mnr wat buite staan en nie regtig nog weet wat werklik gebeur het met die persone wat dood aangetref is”’ Sing uit volle bors, want al wat jul wil doen… is om ons boere uit te moor en te verwoes”’ maar sing Steve die Land lied uit Trots by n Kunstefees? Oh nee…. sorry Steve dit is verkeerd” Jy mag nie” maar hul mag maar ” hul lied sing”’ Sterkte boere , mag jul met Trots uit daai hofsaak uitkom.

Bets ·

Ek dink die polisie wat die 2 LEWENDIGE aanvalers weggery het, moet aangekla word.

Pieter ·

Dag se Mede Afrikaners, help asb as ek verkeers is. Die plaas aanvallers is dood in polisie aanhouding???? As hulle Dan so naby aan die dood was op die toneel, hoekom is hulle nie hospitaal toe gevat nie??? Sou se hierdie is of polisie nalatigheid of n set-up…

Martin ·

Pieter, ek stem saam. Die staat het hier ‘n klomp harde werk voor. Wie sê dit was hierdie vier Boere wat die werk gedoen het. Daar was mos baie mense. Kom ons staan saam.

Samantha ·

EK IS TROTS OM TE SE EK ONDERSTEUN ALLE BOERE!! EK BLY NIE OP N PLAAS NIE MAAR TOG BLY EK N WIT-BOER EN NIEMAND KAN MY NIKS SE NIE…….

GPC ·

Plakaat wat se #Stop Racism, maar Kill the Boer word gesing? Die rasistiese plaasaanvallers was rasisties hulle wou witmense (Boere) doodmaak, die boere het na wat ek kan aflei slegs opgetree uit verdediging, hoekom anders sou hulle (aanvallers) nie oorleef nie.

Gesie ·

Al 4 boere is vrygelaat met R5000 borgtog. Saak uitgestel tot 12 Februarie!!! Bid asb vir hul veiligheid.

Casper ·

Ons dien n groot en almagtige God wat hulle sal beskerm,die boere in die 4 boere se omgewing moet asb help kyk na die boere en hul families se veiligheid.

Neville ·

Dit is darem baie duidelik dat hierdie Polisiemag baie baie bang is vir die klompie ongewapende boere. Hulle steur hulle nie eers aan die werklike moeilikheidsmakers nie.

Penny ·

Ek wens so ek kan net se wat ek regtig wil, maar dan sal dit nooit geplaas word nie. Ek kan nie glo waarmee die ANC en EFF mee weg kom nie dit slaan my letterlik van my voete af. As a mens nou net elke dag die koerant lees en sien wat hul met hul eie mens en KINDERS doen weet ek eerlik nie waar ons gaan eindig nie. Ek sidder elke keer as daar nog ‘n boer aangeval en vermoor word. Hoeveel van ons vermoorde boere se moordenaar is gevang, gevonnis en is alweer uit om dit net weer te doen. Kom ons vergeet van Oscar en ons staan saam die boere; wat regtig die media nodig het om hul hulpkreet te versprei. Ten laastens ek hoop hul kom almal skotvry af.

Pieter van der Westhuizen ·

Ongelooflik! In Suid Afrika hardloop 40 Boere om ‘n weerlose man van 79 te help en in die proses sterf 2 kwaaddoeners. 4 Staan tereg op Moord. In Amerika is oor die laaste 10 jaar net 45 mense dood aan “Terrorisme” in VSA, so gee die Nobel Prys vir Vrede wenner, Barak O’Bama die opdrag dat 23,000 bomme neer reen op die Midde Ooste deur dit net ‘n Naam te gee. Miskien moet ons by hulle leer?

Rika ·

Ons gebede is verhoor dat die boere uit is op borg. Want hulle hoort by hulle huise. Ons staan agter julle. Boere is ons land se trots.

anoniem ·

Ek dink die saak moet dieselfde hanteer word as die sake in townships waar die gemeenskap gereg in hulle eie hande neem. Hulle kom weg daarmee mens noem dit jungle justice.My hart gaan uit na die boere. Sterkte en mag God by julle wees. Julle is ‘n voorbeeld van hoe ‘n nasie moet saam staan. As die regering of polisie ons nie help nie is dit tyd om saam te staan.

Lente ·

Ek stem saam, moenie meer vir hulle werk gee nie, soos tereg gesê is daar so baie arm wit mense wat tog te bly sal wees om n werk te hê. Waarom begin ons nie om vir ons eie mense werk te gee as om ons self in gevaar te stel met van die mense wat soveel haat teenoor die wit mense het en net een doel voor oe het. Om te vermoor en te vat wat nie aan hulle behoort nie. Gelukkig ons Skepper slaap nie, Mag Abraham se seen oor ons volk neer stort. As God dit vir Abraham gedoen het hoekom nie vir ons ook. Glo net !!

Remondo ·

Ek wonder waarom die boere se gesigte gewys word , dit stel hulle nou onnodig in gevaar – vermeende of gevonnisde plaas moordenaars se gesigte verskyn nerens nie–

Deon Bruyns ·

Kyk GROOT. ASSEBLIEF weer na Fanie se voorstel hierbo.
Ek is oortuig dat werklose en hawelose blankegesinne die geleentheid sal aangryp om na plase te verhuis en daar as werkers in vrede te leef.
Ontvolking van die platteland word teengewerk, en die boere (selfs swart boere) kry ‘n stabiele arbeidsmag.
Lank leef ons boere!!!

Kobus ·

Ek het ook lankal gedink aan die bogenoemde voorstel. Ek wil n blad stig waar boere met arm en minder bevoorregte blankes in aanraking kan kom om hulle te help met verblyf en kos op hul plase vir hul verdienste. Sodoende kan hulle saamstaan teen aanvalle en dit sal n meer veiliger hawe skep vir beide. Sterkte vir die 4 manne, dis die ander party wat verdien om voor die gereg te staan!

Danie Dercksen ·

Rassisme geld net vir sekere mense die haat spraak van kill the boer kill the farmer is maar net ń manier hoe die ANC EN EFF ń blonde oog op dit draai en dit tel vir hulle nie as rassisme nie glad nie…

dewald ·

Wat Jy saai Sal Jy maai. Wanner gaan ons n volkstaat kry waar ons ons eiereg kan uitvoer . Wat mask Lesotho en Swaziland so spesiaal dat hul in ons land hul die regerings het en hul dra by tot die moorde op ons boere maar niks word gedoen ek stem vir n volkstaat en druk op die internasionale hof Te Denhaag Om druk Te plaas op ons regering Om Te voldoen aan ons hulpkreet vir ons eie grond groetnis alle boere

Frank Gilliland ·

Die voorstel om blankes in diens te neem op plase is briljant. Die boere en alle blankes in die land sal moet eiteindelik saamstaan om te kan oorleef in die toekoms .Ek is n’ Engels sprekende , maar n’ Suid Afrikander eerste.Sterke aan die onreverdigde aangeklaagtes , mag die Here met julle wees in hierdie moeilike tyd .

PJ ·

Hoor vanmòre op radio dat n omroeper gesè het die “kill the farmer kill the boer” is nie rassehaat nie dis vrees kan jy dit glo?

Juan Olivier ·

Dis bewyse die dan ANK en EVV ondersteuners plaas aanvalle en moord op wit mense ondersteun.

Stclair ·

ONS LAND IS IN DIE MOEILIKHEID AS GEVOLG VAN AL HIERDIE ONBEVOEGDHEID. HOEKOM WORD DAAR ABSOLUUT GEENSINS IETS GEDOEN AAN DIE LIED KILL THE BOER NIE? DIT IS PLEIN HAATSPRAAK. DIE VOLGENDE BOEREOORLOG IS OPPAD EN MET EEN HELSE SPOED.

Hercules ·

As die regering genoeg bewyse kan kry om die 4 skuldig te bevind moet hulle soos die plaas aanvallers wat skuldig bevind word ge fonis word en die selfde straf uit dien as die plaas aanvallers 2-3 weeke ?

Treurgrond ·

More – “kill the boer” liedjie – wanneer wanneer wanneer kan ons wit mense iets as “rassisties” uitmaak – dit word vir ons gese “julle whities” of dit word vir ons gese julle molongoes – of daar word gese kill the boer. As ons dit durf waag om die “k” woord te spreek is dit rassisties en ons word toegesluit of agedank by die werk. Wanneer kan ons hulle aankla van rassisme – watter been het ons om op te staan?

Hercules ·

Treurgrond daar is niks fout met die nuwe Anti-Rasisme wet nie die probleem is hoe hulle dit gaan gebruik. Ons sien nou al dat “net” wit mense rasisties is . Enige iets wat ons se of doen wat die ANC nie van hou nie is rasisties , die nuwe wet gaan ook maak dat om die regering te beledig as rasisties ge sien gaan word. Ons het almal die vryheid van spraak om te se net wat ons will sonder enige na gevolge solank jy swart is.

Niemand weet ·

Hoekom wil wit mense nie op plase gaan werk nie? Ek sal jul se: Hul word nog minder as die swartes betaal. Dit is te se as hul wel hul betaling kry. Hulle word nie eens die vasgestelde minimum loon betaal nie. En as jy blank is, kry jy geen ander voordele nie. Die boere skep basies net wit plakkerskampe op hul plase.
Gaan kyk as hul op fb advertensies plaas.
Ek weet van werklose wit ambagsmanne wat vir boere implimente gaan regmaak wat volgens ander onherstelbaar is. Maak die parte ens. En raai wat? Na ‘n hele dag se werk en eie material wil die een boer R120 betaal en die ander boer het gelag en dankie gese. Ek sal in jou rekening betaal, maar hy het nie die man se rekening nie en weet waar om hom te kry, maar 6 maande en nog niks. Dalk moet die boere bietjie gaan dink………….

Christa ·

Ai tog! Dis alles goed en wel dat di boere en mense so saamstaan, maar dan sien jy di ou S.A. vlag en di Vierkleur. Besef di mense ni dat daardie era net so baie haat en rassisme aangewakker het ni? Nou word dit weer gewaai en al daardie haat en woede word weer aangeblaas. Di Engelse het ‘n mooi seding: two wrongs does not make a right. Ek doen lofdanse en het met baie navorsing geleer in geestelike oorlogvoering is daar soveel krag – goed en sleg – veral met di waai van vlae en banniere. Maak eerder ‘n vlag met God se Woord (tekste of selfs ‘n kruis) daarop, want ons stryd is in elk geval ni teen vlees en bloed ni, maar teen di owerhede, teen di magte, teen di wereldheersers van di duisternis van hierdie eeu, teen di bose geeste in di lug Ef. 6:12. Ons moet eerder ons geloof in GOD sit, want dit is waar jou hoop vandaan kom.

Hercules ·

Christa , ek hoor wat jy se en stem saam om die ou vlae te gebruik is on nodig die mense is kwaad ge noeg sonder om sout in die wonde vryf . Maar net bid help net soveel , bid vir leiding en doen iets bid vir weisheid enverander iets . Ek is seker die mense wat aangeval was het gebid en die boere wat die mense agterna ge sit het het ge bid , die verskil kom in met dit wat jy doen met jou antwoord van bo. As jy bid vir krag wat maak jy daarmee ? As jy bid vir die vermoe om die wat teen jou kwaad doen te vergewe wat doen jy as jy dit kry ?

Mense moet mekaar en hulle self help dan sal Gos ons help .

charles ·

@Cathelene: dis nou ‘n bakgat plan daai! Immigration Australië = R57000! eish

fred ·

Ek wonder hoeveel “Boere” het al aansoek gedoen om na Kanada toe te emmigeer, die land bied finansiele hulp aan bonafiede boere, hoekom in SA bly sodat jou lewe daagliks in gevaar is. AFRIKA sal nooit soos ‘n westerse land word !!!!!!

Veronica ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat in n artikel of op die nuus sal n witman/boer se naam bekend gemaak word met so voorval of hy onskuldig is of nie. Maar as daar plaasaanvalle, moord, marteling of verkragting gebeur en die ‘verdagtes’ soos hulle dit sal noem, word in hegtenis geneem word hulle sakke oot die kop getrek en word hulle name nie blooedgestel op enige manier nie. Ek noem dit n ditekte teiken op daai persoon se rug sit vir almal daar buite om te kan weet wie dit is. Die boere en blankes neem gereg in hulle eie hande omdat ons dood gemaak word vir dinge wat lankal verby is. Maar hulle mag verkrag, dood maak, en los kom soos hulle wil. Dink bietjie mooi al julle mense. Ons was nie so sleg af voor die ANC oor gevat het nie, as gevolg van sy simpel besluite kan ons land weer n resessie in die oë staar. Suid Afrika is pateties!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.