Parys-boere: Uitslag gelewer oor ontslag-aansoek

Kapt. Henk Prinsloo en Cor Loggenberg in die hof (18 Mei 2017). Foto: Maroela Media

Die verdediging se aansoek om ontslag van alle aanklagte teen kapt. Henk Prinsloo, een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende moordverhoor van ses mans van die Parys-distrik in die Vrystaat, is Maandagoggend in die rondgaande hof in dié dorp van die hand gewys.

Parys Gazette berig die verdediging het Donderdag die aansoek voor die hof gebring in terme van artikel 174 van die Strafproseswet. Regter Corné van Zyl het egter die aansoek geweier en die verhoor gaan dus nou normaalweg voort.

Die staat het verlede week sy saak gesluit en die verdediging sal nou begin om sy getuies te roep. Die verhoor sal nog vir die res van die week voortduur waarna dit na verwagting tot Junie vanjaar uitgestel sal word.

Prinsloo word saam met Anton Loggenberg, Cor Loggenberg, Boeta van der Westhuizen, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere in die gemeenskap wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en so erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Maroela Media het vroeër berig die verdediging het verlede week aangevoer dat die staat nie voldoende bewyse voor die hof gebring het om Prinsloo se aandeel in die moord op die twee oorledenes of selfs net aanranding te bewys nie. Adv. Koenie Pieterse vir die verdediging het aangevoer daar is geen bewyse dat Prinsloo die bedoeling gehad het om enige misdryf te pleeg of onwettig op te tree nie.

Pieterse het ook aan die hof gesê dat drie van die staat se getuies wat oor Prinsloo se rol en beweerde aksies op die misdaadtoneel getuig het, mekaar in verskeie aspekte in hul getuienis weerspreek het.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Rina ·

Ek het dit verwag dit lyk as of sake soos nie al het die staat nie genoeg bewyse nie die beskuldiges vervolg moet word.Kyk jy na ander moorde en op boere is vervolging soms nie soos ñ stoomroller in vervolging soos sake soos die nie of maklike borg aansoeke nie.Ras het in sommige sake eenvoudig belangriker geword as genoeg bewyse in sake soos die wat baie hartseer is.

Rina ·

Ek het dit verwag dit lyk as of sake soos die al het die staat nie genoeg bewyse nie die beskuldiges vervolg moet word.Kyk jy na ander moorde en op boere is vervolging soms nie soos ñ stoomroller in vervolging soos sake soos die nie of maklike borg aansoeke nie.Ras het in sommige sake eenvoudig belangriker geword as genoeg bewyse in sake soos die wat baie hartseer is.

Rina ·

Ek het dit verwag dit lyk as of sake soos die al het die staat nie genoeg bewyse nie die beskuldiges vervolg moet word.Kyk jy na ander moorde en op boere is vervolging soms nie soos ñ stoomroller in vervolging soos sake soos die nie of maklike borg aansoeke nie.Ras het in sommige sake eenvoudig belangriker geword as genoeg bewyse in sake soos die wat baie hartseer is. Is ons nog almal gelyk voor die reg nee in sekere opsigte en sake bewys dit .

jaco ·

Hoe kan ‘n wit Afrikaanse regter so ‘n uitspraak maak? Of is hy bang hy verloor sy werk?

Hendrik ·

As ons mense hulle nie beskaafd gedra nie, kan ons nie dit van ander verwag om hulle beskaafd te gedra nie. Hierdie vermeende aanvallers was gevang en magteloos. Hulle moes sonder mishandeling aan die owerhede oorhandig word. Die klomp bullebakke wat hulle doodgeslaan het is net so barbaars soos hulle wat die plaasaanvalle pleeg. Die wraak kom ons nie toe nie. Hierdie soort bullebakke doen die saak van die Afrikaner oneindig baie skade aan.

TDW ·

Hendrik ek stem saam met jou. In sulke situasies loop spanning hoog, maar ek was al in so ‘n situasie en dis ons wat die mense moet kalmeer en help hulself inhou. Wat my wel byval is hoe niemand in hegtenis of vervolg word wat betrokke is by vigilante aktiwiteite in die townships nie. Hulle moet tog ook vervolg word, maar dit gebeur nie.

Adam ·

Indien die regter die art 174 toegstaan het, sou hy beslis fouteer het en sou hy nie op die regbank gehoort het nie. Regter van Zyl is ‘n man wat weet wat hy doen. Wie nou weer die onsinnige “ras” storie insleep, kan gerus ook maar soos die res van ons jare se studietyd en fortuine se studiegeld op regsopleiding spandeer of eerder swyg.

jaco ·

wag tot iemand naby aan jou of jyself uit selfverdediging ‘n aanvaller/plaasmoordenaar aanrand/vermoor en dan van rassisme en moord aangekla word en onskuldig moet tronk toe. gaan jy dan nog steeds die regter “wat weet wat hy doen” verdedig?

PC ·

Die regter het die regte uitspraak gemaak. Ek het min simpatie met hierdie beskuldigdes. 2 mense het gesterf en hulle moet kom verduidelik wat het gebeur. Hierdie was nie n mislukte plaas aanval soos die beskuldigdes dit wou hê nie. Dit is ook nie die eerste moordklag waarvan van hierdie beskuldigdes aangekla word nie. Hierdie mans moet maar kom verduidelik. Ek het toevallig al die dossier gesien en ek sê weer, hierdie was nie n plaas aanval soos wat die beskuldigdes dit wil inkleur nie.

Rina ·

Nee PC volgens jou maar al hierdie tipe saak waar boere of blankes betrokke is wys ons dat tronkstraf en borg geweier word in net aanranding of net selfsverdediging sake .Maar andersom mense borg kry en selfs vryspreking as daar te min getuienis
of sien jy ook net wat jy wil sien ?

kas ·

PC as ek reg onthou was hulle vermoedelik betrokke by ‘n ander plaasaanval en is toe gevang.As jy se jy het die dossier gesien dan is die beweerde aanval mos onsin of hoe.Die manne wat staatsgetuies gedraai het se weergawes gaan verdoemend wees want hulle was daar en het gesien wat gebeur.

Koos ·

Uh, Kas, weet nie hoe om dit oor te dra aan jou nie, maar… die manne wat staatsgetuies gedraai het het reeds klaar getuig.

kas ·

Presies dit wat ek jou meedeel.Hulle het klaar getuig.Het kaptein Prinsloo die mans gearresteer vir die misdaad,nee so hy het sy plig as polisieman versuim.Al wys ek net my finger na jou toe is dit aanranding sonder dat ek jou fisies aanrand,Ek voel jammer vir die mans want hulle is boere uitgelewer aan hulle eie lot.Die twee het vroeer een van die mans se pa blykbaar aangeval volgens die berig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.