Parys-boere: Uitspraak eindelik gelewer

Al ses boere in die opspraakwekkende Parys-moordsaak is verlede week onskuldig bevind aan moord. Kapt. Henk Prinsloo van Parys in die Vrystaat is verlede week vrygespreek aan die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Sy vyf medebeskuldigdes is nié aan die moorde skuldig bevind nie, maar wel aan aanranding.

Regter Corne van Zyl het Vrydag in die plaaslike hooggeregshof uitspraak gelewer in dié verhoor wat reeds in Mei 2017 begin het. Die ses beskuldigdes het deurgaans onskuldig gepleit.

Maroela Media het vroeër berig die staat het beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Boeta van der Westhuizen, sy seun, Loedie van der Westhuizen, en Anton Loggenberg is Vrydag elk op twee aanklagte van aanranding skuldig bevind terwyl Anton se seun, Cor Loggenberg, op een aanklag van aanranding skuldig bevind is. Miela Jansen van Vuuren, Boeta se skoonseun, is ook op een aanklag van aanranding skuldig bevind.

Loedie is op een aanklag van regsverydeling skuldig bevind. Sy pa is op dié aanklag onskuldig bevind.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, het dié inligting aan Maroela Media bevestig.

Volgens Shuping sal die oorblywende vyf beskuldigdes tussen 24 en 28 Augustus vanjaar gevonnis word. Die aangeklaagdes bly tot dan uit op borgtog.

Die saak is die afgelope paar jaar talle kere uitgestel en het ʼn paar terugslae beleef, onder meer weens verskeie veranderinge wat aan die verdediging se regspan gemaak moes word. Die veranderinge sluit in die afsterwe van ʼn regsverteenwoordiger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Onnie ·

Eks bly vir hulle, hulle is baie gelukkig. Maar mag ek vra… Hoe is dit moontlik dat hierdie 6 ouens so lig daarvan afkom, en die Doodskis-ouens word so swaar gestraf?
Die Doodskis-ouens het nie eers hul slagoffer aangerand nie? En hul slagoffer is nie dood nie? Ons regstelsel is nie baie konsekwent nie.

Luister ·

Ons weet nog nie die vonnis nie. So dalk kom hulle nie so lig daarvan af nie.

Michael 1 ·

Ek dink die feit dat hulle nie meer bevoeg is om n wapen te besit nie en op n plaas moet oorleef teen aanvalle van die gewapende vyand is reeds n groot straf.

Sarel ·

Mooi vir hulle geregtigheid het geseëvier.
Nou nog net die twee ander sake.

Anel ·

En hier kom GROOT siviele teen die polusie, hoopelik deur die kaptein. Baie bly vir julle. Nou net die ander sake ook.

Pieter J ·

Onnie die verskil in vonnisse is omdat die een regter net op die feite gegaan het en die ander een het ń politieke agenda gehad. Dit is alles as gevolg van die ANC se transformasie van die regbank wat sorg vir hope onbevoegdes wat die ANC ideologieĕ aanhang en nie ń benul het van wat goeie regspraak is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.